Kom Huistoe-veldtog

Half-Amerikaners skop nes in Pretoria
René-Jean van der Berg – Rapport

Vir ’n jong half-Amerikaanse egpaar is “kaalvoet-Suid-Afrika” ’n plek waar mense nie so materialisties is nie en kinders met morele waardes grootword.
Mnr. Henk Visagie, oorspronklik van Kroonstad, is een van talle Suid-Afrikaners wat ná jare in die buiteland sak en pak met sy gesin na sy geboortegrond teruggekeer het.

Vir sy Amerikaanse vrou, Christina, en hul drie seuns, Andries (7), Jaco (5) en Roux (4), is Suid-Afrika ’n plek van “kaalvoet loop en braaivleis hou”.
Die Visagies het 11 jaar in Noord-Carolina gewoon, maar die Amerikaanse ekonomie het van 2006 begin druk en Henk was in 2008 sy werk as direkteur by ’n mediamaatskappy kwyt.
Die wêreldwye ekonomiese resessie was die finale strooi wat die gesin laat besluit het om weer in Suid-Afrika te kom nesskop.
Visagie is 14 jaar gelede, kort nadat hy sy graad in menslike bewegingskunde en sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat gekry het, Amerika toe om reklame te maak vir die safaritoere wat hy en sy vennoot toe in Suid-Afrika aangebied het.
“Daar gekom, het ek begin om buitelug-studies en spanbou-sessies in Tennessee en in Noord-Carolina by kampe aan te bied.”
Hy het sy toekomstige vrou, toe nog ’n onderwysstudent, op ’n kamp ontmoet en hulle is in 1999 getroud.
Die gesin het in Oktober verlede jaar op Suid-Afrikaanse bodem geland en hulle in Pretoria gevestig. Binne weke het mnr. Visagie werk as ’n bestuurder by Liberty Life gekry, en sy vrou as onderwyseres by ’n Amerikaanse skool in Pretoria.
“My gesin se lewenstandaard is hier soveel beter. In Amerika het ons langer ure gewerk en is gesinne nie so heg nie.
“Boonop is kinders in Suid-Afrika deel van die gemeenskap. Dis nie soos in Amerika waar hulle opsy geskuif word nie.”
Visagie meen ook dat baie Suid-Afrikaners in die buiteland te negatief oor die land is en misdaad en ander kwessies oordryf.
Mev. Visagie vertel trots dat haar seuns Afrikaans al goed onder die knie het. Sy geniet die morele en gedissiplineerde leefstyl van Suid-Afrikaners.
“Hier is Kersfees nog ’n gelowige dag. Die kinders is veral opgewonde dat hulle skielik soveel familie het, kan braai en enige tyd kan swem.”

As jy oud is en jou kinders ver
Carla van der Spuy – Beeld

Lees die artikel deur hier te kliek.

Mag die stroom gou ‘n vloed word
Hoofartikel – Rapport

Dit was met groot vreugde dat ons by Rapport hierdie week se uitgawe aanmekaargesit het met sy klem op Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer.
Elkeen van hierdie beroepsmense lewer hul eie bydrae om ons land te maak werk, en die proeseltjie wat ons hierdie week aan lesers bied, is slegs ’n klein aanduiding van wat aan die gang is. Daar is duisende sulke gesinne.
Redes vir hul terugkeer is uiteenlopend. Daar is natuurlik diegene wat deur die resessie teruggedwing word, of vir wie dinge anderkant die water net nie uitgewerk het nie. Emigrasie plaas groot druk op huwelike en toets verhoudings.
Maar die absolute oorgrote meerderheid is mense wat hier wíl wees. Dis mense wat elders was, baie suksesvol was, en meen Suid-Afrika is die plek waar hulle eerder sal woon.
In ’n tyd dat die Afrikaanse openbare diskoers dikwels deur jeremiades en die negatiewe oorheers word, was dit lekker om te sien hoe die oorgrote meerderheid van hierdie mense vir seker nie blind is vir die land se uitdagings nie (en dit dikwels, veral met werk soek, al self pynlik ervaar het), maar verkies om op die geleenthede te fokus wat die land bied.
“Hoe kan ek help?” en: “Ek wil ’n verskil maak,” was seker die twee frases wat die meeste opgeduik het in ons gesprekke met die terugkerendes. Dit is die soort ingesteldheid wat Suid-Afrika kan uitbou.
Die uitvloei van kundigheid deur emigrasie is ’n ernstige uitdaging waarvan Suid-Afrikaners terdeë bewus is. Die omvang daarvan is eintlik onbekend, want statistieke oor emigrasie is wêreldwyd onbetroubaar. Mense is dikwels onseker oor hul toekomsplanne of hou hul opsies oop; jy kan jou dus nie op amptelike vorms se antwoorde verlaat nie.
Dit lei soms tot wilde, anekdotiese bewerings oor die aantal Suid-Afrikaners in die buiteland.
En die oplossing? Die terugkerendes is deel van die oplossing. Elke kundige wat terugkeer, beveg die brain drain – nie deur woorde nie, maar deur handeling.
Dankie aan elke terugkerende dat julle ons land beter maak met die kundigheid wat julle elders ingewin het, en dat julle kies om vrug te dra in die grond waar jul wortels lê.
En dankie aan veldtogte soos Kom Huis Toe en die Homecoming Revolution wat harde en bevredigende, maar ook soms ondankbare werk doen.
Ons hoop dat die stroom terugkerendes ’n vloed word wat ons land voed aan die kundigheid en positiewe ingesteldheid wat in alle ondernemings ’n sleutel tot sukses is.

SA gesinne keer terug na ‘bekende landskap’ – Rapport
Jan-Jan Joubert – Rapport

Derduisende Suid-Afrikaanse gesinne wat na die buiteland verhuis het, keer na Suid-Afrika terug, met meer as 5 000 voorbeelde die afgelope vyf jaar.
Me. Alana Bailey van Solidariteit se Kom Huis Toe-veldtog sê hulle kry tussen 120 en 150 navrae per maand.
“Net diegene wat probleme ondervind om terug te keer kom by ons uit – die superrykes wat iemand betaal om alles vir hulle uit te sorteer, of die armes wat net ’n koffer toerits en vlieg, het ons nie nodig nie. Ek dink dus die stroom is baie breër as wat ons dink.

“Ons hoor min van mense sodra hulle terug is, want dan het hulle ons ook nie nodig nie. Ons kan dus nie presies sê hoeveel mense terug is nie. Maar ons het so 5 300 kontakte, van wie verreweg die meeste gesinne verteenwoordig, asook enkele alleenlopers. Sowat 5 000 gesinne dus; die res sal enkellopendes wees.
“Ons syfers sluit nie jong, naskoolse avonturiers in nie. Dit is volwasse, professionele kundiges, gewoonlik met universiteitskwalifikasies, wat in hul ekonomies aktiewe jare is.”
Bailey sê sedert 2008 is daar ook ’n “beduidende groep” vaardigheidsgeskooldes wat uit veral Nieu-Seeland en Australië wil terugkom. Onder hulle tel motorwerktuigkundiges, brandweermanne, polisiemanne en boerdery-assistente.
“Hulle is die slagoffers van die groot buitelandse werwingsveldtogte in 2007 en 2008. Hulle het alle besittings hier tot niet gemaak en kom nou terug teen groot persoonlike verlies. Die resessie daar het hul situasie nog erger gemaak,” sê sy.
“Mense sê nogal eerlik vir ons as hulle “uitgeboer” het. In meer as 90% van die gevalle waarmee ons werk, kom hulle terug omdat hulle wil en nie omdat hulle moet nie.
Die redes vir emigrasie uit Suid-Afrika is volgens Bailey uiteenlopend. “Goed wat pla, is regstellende aksie, of die dalende standaarde hier, of omdat hulle soos vreemdelinge in hul land voel.
“Maar hulle emigreer nie maklik totdat ’n voorval van misdaad hulle regstreeks raak nie. Die meeste gee dan ook misdaad op as vernaamste rede dat hulle nie wil terugkom nie.”
Sy sê die redes dat mense terugkom, is selfs meer uiteenlopend.
“Ek dink emosie speel die deurslaggewende rol – ’n verlange na taal, om kultureel te behoort, om kinders by oumas en oupas groot te maak, ’n verlange na Calvinistiese waardes, na ’n bekende landskap.
“Dis ’n bietjie gevaarlik ook, want ek dink herinneringe romantiseer maar die plek van jou jeug.”
Ander redes wat sy uitsonder, is mense wat wil omsien na bejaarde ouers, strenger buitelandse wetgewing oor immigrasie, die ekonomiese resessie en groeiende xenofobie jeens Suid-Afrikaners in veral Australië en Kanada.
“Hulle sien moontlikhede in die Suid-Afrikaanse mark en gebruik hul internasionale kontakte om dit te laat werk. Hulle is gebalanseerd in hul uitkyk – hulle besef elke land het maar sy eie geraamtes in die kas.
“Hulle meet nie sukses net aan geld nie (hoewel van hulle regtig baie kapitaal terugbring). Hulle beskou landsverhuisings as normaal in die internasionale konteks. Hulle wil Suid-Afrika laat werk.”
Bailey benadruk dat vervreemding by terugkeer ’n groot gevaar is. “As jy ná ’n jaar nog nie ’n ID het nie, of jou buitelandse vrou ná vyf jaar nog nie as sielkundige geregistreer kan word nie, raak jy maar vuisvoos.
“Ek het ook al mense gehad wat gekom en weer gegaan het. Min van hulle laat my weet; so mens moet toegee die getalle is vaag.”
Tussen Maart en Desember 2009 was daar minder terug kerendes, maar sedertdien het navrae, veral uit Brittanje, weer vermeerder, sê sy.

‘ ’n Mens kan hier goed leef’
Carien Kruger – Rapport

Toe me. Lauren Purén op 24-jarige ouderdom en ná ses jaar in Londen moes kies tussen Londen, New York of Pretoria, het sy die Jakarandastad gekies.
En ’n jaar later is dié voornemende aktrise nie spyt nie.
Sy het by drie plekke werk gekry, is weer naby geliefde vriende en familie, én woon op ’n plek waar ’n mens byna elke dag kan braai.

Purén, dogter van die televisiejoernalis en -vervaardiger Susan Purén, het met drama as vak aan die Hoërskool Pro Arte Alphen Park in Pretoria gematrikuleer. Sy is net daarna oorsee “om te reis en my eie ding te doen”.
Die eerste twee jaar in Londen was sy onder meer ’n toesighouer in die afdelingswinkel Harrods en ’n ontvangsdame by ’n dokter. Daarna het sy ’n grondslagkursus in drama gedoen en toe haar meestersgraad met onderskeiding verwerf. Vir laasgenoemde het sy na teater se politieke impak op ’n land soos Suid-Afrika gekyk, veral na aanleiding van die werke van Athol Fugard.
Sy het toelating gekry vir ’n doktorsgraad in dieselfde rigting, maar daar was nie ’n dosent hiervoor beskikbaar nie. Toe het sy besluit om terug te keer Suid-Afrika toe.
Nou gee sy smiddae dramaklasse in Johannesburg, regisseer ’n Fugard-toneelstuk by Pro Arte, en is snags van 00:30 tot 02:30 ’n aanbieder op die SABC3-program Quiz Night Live.
Sy het planne om redigering te doen.
Sy erken die terugkoms was aanvanklik oorweldigend en moeilik. Sy moes byvoorbeeld ’n rybewys en motor kry en sy is besorg oor misdaad.
Purén meen egter ’n mens kan hier makliker ’n basiese, goeie lewenstandaard handhaaf as elders.

Ál meer kom terug en vestig ondernemings
Carien Kruger – Rapport

Baie Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer, doen dit om hier entrepreneurs te word.
Volgens me. Martine Schaffer, besturende direkteur van The Homecoming Revolution, is dit vir sulke mense makliker om in Suid-Afrika ’n onderneming te begin as in, byvoorbeeld, Europa.

Hulle gebruik die vaardighede en ervaring wat hulle in die buiteland opgedoen het om hier iets nuuts te begin en talle fokus op ondernemings wat ’n maatskaplike impak het.
Homecoming Revolution is ’n niewinsgewende organisasie met die doel om vaardighede na Suid-Afrika terug te lok.
Hulle ervaar die afgelope twee jaar ’n toename van meer as 50% in Suid-Afrikaners wat registreer om inligting te bekom.
Schaffer sê hulle hoef sulke mense nie meer te oortuig om terug te kom nie. “Mense praat nie meer van ‘as’ ons terugkom nie, maar ‘wanneer’.”
Volgens Schaffer het die wêreldwye resessie ’n impak gehad, maar diegene wat wil terugkom, is nie mense wat geen ander uitweg het nie.
Dit is ook mense met ’n wye verskeidenheid vaardighede.
Homecoming Revolution se webblad kry maandeliks 13?500 individuele besoekers en in Januarie was daar 250 versoeke vir meer inligting.
Die belangrikste beweegredes om terug te kom is:
- vriende en familie;
- die leefstyl in Suid-Afrika; en
- ’n gevoel dat hulle hier hoort.
Op 20 en 21 Maart bied die organisasie ’n uitstalling in Londen aan waar Suid-Afrikaners inligting kan kry oor werkgeleenthede, onafhanklike skole, nagraadse onderrig, eiendom, banksake, immigrasie, en die vestiging van ’n onderneming.

Ons huis in Nederland
Dit is ‘n nagmerrie om ‘n huis te probeer kry in Nederland. Huur sowel as koop. Die Nederlandse manier van doen is bietjie raar wat dit alles betref, en boonop is die huurmark baie klein, ons soek nou al 7 maande na ‘n huis om te huur en ek het in die 7 maande net 4 huise gesien. Die aanbod is byna niks, en al die wetgewing om huur maak dat baie min mense hulle huise verhuur. Koop is ook baie interessant – dit is duur en jy kry min vir jou geld, en die vorige eienaars vat alles van die ou huis – ligte, glas, plante uit die tuin, so as jy ‘n huis gaan kyk is dit net ‘n dop.

Vir my was dit skokkend om te dink jy koop iets vir soveel geld en dit is totaal onbewoonbaar, jy moet nog so 30 000 Euro uithaal om dit eenvoudig woonbaar te maak. Vloerplanke in te sit ens. Ek het een huis in Rotterdam gesien waar die mense wat verkoop het selfs tot die gras in die tuin weggevat het. Ek het geen idee wat hulle met die goed doen nie, maar hulle verwyder dit liewers as om vir die volgende ou te los. Baie, baie vreemd! Ons wou in 2002 koop maar die banke wou dit nie toelaat nie omdat ons nog nie permanente verblyf gehad het nie – hulle wou eers ‘n baie groot kontantdeposito sien en ons het geweier. Dus het ons dit gelos. Maar ek is lekker reg vir my eie plek nou waar ek die mure rooi kan verf as ek wil, so ek hoop dit werk gou uit.

Baie gelukkig hier in Peru
Ek is ‘n Suid-Afrikaaner en ek het pas getrou. Ek is baie gelukkig hier in Peru en dit is baie beter hier en minder korup en minder crime en boonop kan ‘n mens tot laat in die aande rondloop. Ek sien geen toekoms in Suid-Afrika nie. Ek sukkel te veel om ‘n werk te kry in Suid-Afrika en boonop is ek wit.

Woorde van wysheid
Dis baie erg om so ver van jou mense te wees en nie te weet of jy hulle ooit weer sal sien nie. Ek en my man voel dat as iets met een van ons gebeur dat die ander een sal terug gaan SA toe. My suster se antwoord was, hoekom wag tot iets met een van julle gebeur voordat julle die besluit moet maak. Dis waar.

Die medies hier is baie, baie swak. Jy wag maande om ‘n spesialis te sien en jy is gelukkig as jy ‘n dokter kry. Mense wag tot 4 jaar op waglyste. Jy sukkel ook om medisyne te kry. Kan nie iets oor die toonbank by jou Apteker kry nie. My ma moes R650 betaal om ‘n dokter te sien toe haar bloeddruk 180 was en nog R500 betaal vir ‘n paar pilletjies. Niemand help jou gou-gou onder die tafel nie.

Hoop dat hierdie woorde woorde van wysheid aan ander mag wees.

Die gras is groener…
Ja dit is en bly ‘n groot vrees met al die geweld in die land en dit is hoogtyd dat hulle die onwettige immigrante uit SA skop want hulle is die groot probleem. Snaaks hoe maklik hulle in SA in kom in ons kan nie eers wettiglik in Kanada in kom sonder om duisende dollars te betaal nie. Dit kos ons tot op datum $16 000 (R95000) net vir ons papierwerk en dis nog nie die einde nie.

Al wat ek wil sê is dat mense moet dit baie mooi oorweeg voor hulle ‘n skuif wil maak. Die gras is groener aan die ander kant omdat daar baie meer “mis” op die gras is.