Die bystand wat die Kom Huistoe-Veldtog aan u kan bied, sluit in:
Hulp met pogings om werk in Suid-Afrika te verkry;
Advies oor die Suid-Afrikaanse registrasie van kinders wat in die buiteland gebore is;
Die verkryging van immigrasiedokumentasie vir buitelandse lewensmaats wat saamkom;
Inligting oor die bepaling van die geldigheid van terugkerendes se Suid-Afrikaanse burgerskap;
Advies oor die invoer van huishoudelike goedere;
Advies oor die invoer van voertuie;
Advies oor die saambring van troeteldiere;
Hulp om ‘n Suid-Afrikaanse evaluering van kwalifikasies wat in die buiteland verwerf is, te bekom;
Advies oor die omskakeling van buitelandse bestuurderslisensies;
Advies oor buitelandse dokumente wat in Suid-Afrika benodig mag word;
Kontak met plaaslike eiendomsagente;
Kontak met plaaslike finansiële adviseurs;
Algemene advies oor skoolplasing, verdere studie, mediese spesialiste, mediese fondse, kerk-inskakeling, sportklubs, arbeidswetgewing of enige ander inligting wat nodig mag wees.
Die Kom Huistoe-Veldtog versprei ook vier gratis e-publikasies, naamlik:
Kom Huistoe-Nuusbrief – ‘n Maandelikse nuusbrief wat in beide Afrikaans en Engels aan Suid-Afrikaners in meer as 50 lande gestuur word. Die lesersmark is mense wat reeds besig is om terug te keer. Dit hou hulle op hoogte van gebeure spesifiek rakende die terugkeerproses en Suid-Afrika oor die algemeen;
Biltong Bulletin – Ook ‘n maandelikse nuusbrief wat beide in Afrikaans en Engels verskyn en gemik is op Suid-Afrikaners wat in die buiteland wil bly, nie noodwendig wil terugkeer nie, maar steeds tot Suid-Afrika verbind voel en hier betrokke wil bly;
Biltong Happies – ‘n Daaglikse nuusbrief met die dag se hoofopskrifte van nuusberigte wat in verskeie Suid-Afrikaanse dagblaaie verskyn het;
IMFO – ‘n Kwartaallikse publikasie met inligting vir remigrante en immigrante oor lewensomstandighede en -kostes in Suid-Afrika.
Vroeëre kopieë van die nuusbriewe is ook op die webwerf beskikbaar.
Beskikbare Hulp
Die Kom Huistoe-Veldtog versprei ook vier gratis e-publikasies, naamlik:
Vroeëre kopieë van die nuusbriewe is ook op die webwerf beskikbaar.
Kontak ons gerus per epos by alana@afriforum.co.za of stuur ‘n faks na 012-6641281.