Baie van diegene wat die land verlaat het of beplan om die land te verlaat, doen dit omdat hulle sekere omstandighede in Suid-Afrika as ongunstig beskou. Misdaad, ekonomiese oorwegings, regstellende aksie en globalisering is onder meer van die ongunstige omstandighede wat tot emigrasie lei. Diegene wat die land verlaat het of beplan om dit te doen, sal natuurlik nie almal besluit om in Suid-Afrika te bly indien die omstandighede nie na hulle mening gunstiger raak nie. Ook diegene wat in die land bly, maar “na binne emigreer” sal nie betrokke raak solank hulle pessimisties is weens ongunstige omstandighede nie.
Met die Kom Huistoe-Veldtog word nie probeer om die probleme wat in Suid-Afrika bestaan, te ontken nie. Die fokus rus eerder daarop om emigrante en voornemende emigrante daarop te wys dat hierdie probleme wel opgelos kan word en dat hulle elkeen ‘n positiewe bydrae kan lewer om hierdie probleme te help oplos. Van die belangrikste redes vir emigrasie, asook enkele voorgestelde oplossings daarvoor, word :
Misdaad
Volgens AfriForum se navorsing is misdaad die tweede grootste rede waarom Suid-Afrikaners die land verlaat. Talle mense wat emigreer, het self slagoffers van misdaad geword of weet van mense naby aan hulle wat slagoffers geword het. Die opeenhoping van negatiewe nuus oor misdaad is ’n versterkende faktor.
Enkele oplossings: Die bekamping van misdaad moet die regering se eerste prioriteit wees. ‘n Omvattende misdaadbekampingsplan wat werkskeppingsinisiatiewe, die verbetering van die regstelsel, wetgewing en die polisiediens insluit, is noodsaaklik. Terwyl die misdaadprobleem voortduur en planne daarteen in posisie gestel word, word as tussentydse maatreël voorgestel dat belastingtoegewings gebied word vir uitgawes wat gewone burgers aangaan om hulleself te beskerm. Alarmstelsels, diefwering en ander sekerheidsmaatreëls is duur en belastingtoegewings sal dit meer moontlik maak vir mense om hulleself te beveilig in Suid-Afrika.
Mense kan teen misdaad optree deur onder meer by AfriForum se Stop die Moorde Veldtog betrokke te raak. AfriForum het reeds ‘n webwerf (www.stopdiemoorde.co.za) tot stand gebring waar lede van die publiek ‘n petisievorm teen geweldsmisdaad kan aflaai en onderteken, asook insette kan lewer rakende moontlike oplossings vir die misdaadprobleem. Hierdie voorstelle en petisievorms sal aan president Mbeki oorhandig word om die regering tot dringende optrede op te roep. ‘n Fasiliteit is ook reeds geskep waardeur die publiek R10-00 kan skenk ter ondersteuning van die veldtog deur die woord Forum te SMS na 38655.
Opdrag is ook as deel van dié veldtog aan ‘n span navorsers gegee om ‘n verslag saam te stel met statistiek van geweldsmisdaad. Hierdie verslag sal binnelands, sowel as in die buiteland versprei word om steun vir die stryd teen geweldsmisdaad en moorde te werf. Die verslag sal ook op die veldtog se webwerf gepubliseer word. Die navorsers is verder gevra om die uitvoering van die staat se nuwe misdaadplan te monitor en wetenskaplik te bepaal of dit daarin slaag om geweldsmisdaad te laat afneem. ‘n Verslag in hierdie verband sal in die eerste helfte van 2007 bekendgestel word. Die staat se bekendstelling van ‘n plan teen geweldsmisdaad moet met tasbare resultate opgevolg word. Indien nie, sal dit die plan reduseer tot maar net nog ‘n oefening in openbare betrekkinge.
Dalende standaarde
Sowat 20% van emigrante voer aan dat dalende standaarde van openbare dienslewering die rede vir hulle besluit om te emigreer is. Standaarde daal volgens hulle op ‘n wye reeks terreine wat onderwys, mediese sorg, administrasie en infrastruktuur insluit. In ‘n land soos Suid-Afrika, met beperkte finansiële hulpbronne, is dit bykans onmoontlik om die beste standaarde volhoubaar te handhaaf. Die druk wat beperkte hulpbronne op standaarde plaas, word vererger deur die wyse waarop regstellende aksie soms toegepas word.
Enkele oplossings: Ook wat standaarde betref, het die regering ‘n deurslaggewende rol om te speel om te verseker dat hulle binne die beperkte hulpbronne tot hulle beskikking die beste moontlike diens bied, veral wat onderwys en mediese sorg betref. ‘n Omvattende plan is ook in hierdie verband nodig.
Emigrante is meestal hoogs gekwalifiseerde mense. Om hierdie groep in die land te hou, moet toegesien word dat hulle toegang kry tot onderwysdienste en mediese sorg van hoogstaande gehalte. Daar kan egter nie van die regering verwag word om aan hierdie groep hoogs gekwalifiseerdes voorkeurbehandeling te gee ten koste van die armes nie. Wat wel billik sal wees, is om dit vir mense moontlik te maak om self hoë gehalte dienste vir hulleself te bekom. Dit is tans baie moeilik vir mense om self dienste te befonds, aangesien hulle aan die een kant belasting betaal om die onderwysstelsel en staatshospitale in stand te hou, terwyl hulle aan die ander kant groot bedrae geld moet spandeer vir mediese fondse, private skole ensovoorts. Dit kom neer op dubbele belasting. Die oplossing vir hierdie probleem is dat burgers belastingtoegewings moet ontvang vir dienste wat hulle self voorsien. Indien dit nie gedoen word nie, sal kundiges voortgaan om die land te verlaat, tot nadeel van die land en die groot getal armes wat hier woon. Ekonomiese redes
Bykans die helfte van die mense wat emigreer voer ekonomiese redes vir hulle besluit aan. Dit beteken nie dat hulle moet emigreer om te oorleef nie, maar toestande oorsee word as baie beter beskou. Die dalende waarde van die rand, te hoë belasting, ‘n tekort aan werksgeleenthede in Suid-Afrika en stygende lewenskoste word as redes genoem. Verder word ook verwys na salarisse wat oorsee veel hoër as in Suid-Afrika is. Veral mense in mediese beroepe word gepla deur verpligte gemeenskapsdiens, swak betaling, onaangename werksomstandighede en swak standaarde in staatshospitale.
Enkele oplossings: Die indruk dat ‘n hoër lewenstandaard in die buiteland gehandhaaf kan word, is meestal ‘n wanpersepsie. Salarisse mag weens die wisselkoers wel hoër wees, maar die lewenskoste in die buiteland neutraliseer hierdie voordeel. Hierdie wanpersepsie moet uitgewys word.
Dikwels emigreer mense omdat daar nie plaaslik werk beskikbaar is nie. ’n Goeie werk is noodsaaklik om mense in Suid-Afrika te hou of om die wat reeds geëmigreer het, terug te laat kom. Daar word nou saamgewerk met Solidariteit se eie personeelagentskappe en AfriForum het ook kontak met ander makelaars en werkgewers sodat werk vir voornemende terugkerendes gesoek kan word. Dit bly egter noodsaaklik dat nuwe werksgeleenthede geskep moet word. Die regering moet ‘n belangrike rol speel in die verband, nie noodwendig om self werk te skep nie, maar om toe te sien dat gunstige omstandighede vir werkskepping daargestel word.
Regstellende Aksie
Wetlike bepalings wat voorkeur by aanstellings aan swartmense bo witmense gee, veroorsaak dat wit kundiges, en selfs ook bruines en Indiërs, toenemend sukkel om werk of bevordering in die staatsdiens en die ekonomie te kry. Afgesien van die feitelike benadeling wat deur talle witmense as vervreemding ervaar word, is daar ook die persepsie aanwesig dat dit bykans onmoontlik is om werk te kry as nie-swarte en dat daar net werksgeleenthede in die buiteland is.
Enkele oplossings: Solidariteit is reeds geruime tyd besig met ’n veldtog teen die onbillike wyse waarop regstellende aksie soms toegepas word en is ook in gesprek met die regering oor die daarstelling van ‘n gelykheidsakkoord – sien www.diekode.co.za. Die gedagte met die gelykheidsakkoord is dat ‘n wen-wen ooreenkoms bereik moet word, wat aan die een kant help om die ongelykhede en armoede wat in Suid-Afrika bestaan uit te wis, terwyl daar aan die ander kant sorg gedra word dat daar nie nuwe vorms van diskriminasie en ongelykhede geskep word nie. So ‘n gelykheidsakkoord kan ontsettend voordelig wees om voornemende emigrante van hulle planne te laat afsien en om kundigheid te behou. Die voorgestelde gelykheidsakkoord bevat verskeie voorstelle, soos onder meer dat ‘n afsnydatum vir regstellende aksie vasgestel moet word, dat jongmense van die beleid vrygestel moet word, dat maatskappye planne moet beraam om mense by te staan wat benadeel word, ensovoorts.
Vrees vir ’n Zimbabwe-scenario van algehele ineenstorting
Suid-Afrika se stilswye oor Robert Mugabe se optrede veroorsaak dat sommige mense onder die indruk is dat Zimbabwe Suid-Afrika se voorland is. Daar word geredeneer dat Suid-Afrika besig is om in die rigting van Zimbabwe te ontwikkel en dat dit beter is om nou te emigreer, terwyl dit nog relatief maklik is. Die gebeure in Zimbabwe en president Mbeki se weiering om hom duidelik van Mugabe te distansieer, het tot gevolg dat die langtermyn beskouing oor Suid-Afrika se toekoms onder veral sommige wittes pessimisties is en dat daar gevoel word dat wittes nie as integrale deel van Afrika beskou word nie.
Enkele oplossings: Dit is tyd dat die regering duidelik standpunt inneem teen die miskenning van menseregte in Zimbabwe. Organisasies soos die ANC-Jeugliga se steun aan Mugabe moet onomwonde deur die regering gerepudieer word.
Globalisering en die einde van isolasie
Benewens al die genoemde stootfaktore, moet die belangrikheid van globalisering as dryfveer vir emigrasie nie onderskat word nie. Sedert Suid-Afrika se internasionale aanvaarding na 1994, het nuwe geleenthede vir die land en sy mense oopgegaan wat voor die tyd nie bestaan het nie. Toerisme het toegeneem. Suid-Afrikaners verken nou maklik die hele wêreld en neem kennis van wat in ander dele van die wêreld aangaan. Om werk oorsee te kry, het nou relatief maklik geword en die jongmense wat oorsee werk, het die pad oopgemaak vir derduisende wat hulle volg. Sekere bly agter of ontwikkel ’n nuwe identiteit van swerf. Groter kontak met die res van die wêreld bring ook ‘n groter uitruiling van mense mee.
Enkele oplossings: Globalisering is ‘n werklikheid en kan nie gestop word nie. Die enigste wyse waarop die uitwerking van globalisering in terme van kundiges wat die land verlaat, beperk kan word, is indien gunstiger omstandighede in die land bestaan wat Suid-Afrika die voorkeurtuiste van ons eie kundiges sal maak. Gunstiger omstandighede kan bereik word indien die regering ernstig aandag skenk aan al die kwellinge wat hier genoem word. AfriForum sit daarom talle veldtogte voort om die brandpunte onder die regering se aandag te bring en te hou, asook om te help om wen-wen oplossings daarvoor te vind. Besoek gerus AfriForum se webwerf deur die direkte skakel op hierdie webwerf of by www.afriforum.co.za.
Probleemoplossing in Suid-Afrika
Baie van diegene wat die land verlaat het of beplan om die land te verlaat, doen dit omdat hulle sekere omstandighede in Suid-Afrika as ongunstig beskou. Misdaad, ekonomiese oorwegings, regstellende aksie en globalisering is onder meer van die ongunstige omstandighede wat tot emigrasie lei. Diegene wat die land verlaat het of beplan om dit te doen, sal natuurlik nie almal besluit om in Suid-Afrika te bly indien die omstandighede nie na hulle mening gunstiger raak nie. Ook diegene wat in die land bly, maar “na binne emigreer” sal nie betrokke raak solank hulle pessimisties is weens ongunstige omstandighede nie.
Met die Kom Huistoe-Veldtog word nie probeer om die probleme wat in Suid-Afrika bestaan, te ontken nie. Die fokus rus eerder daarop om emigrante en voornemende emigrante daarop te wys dat hierdie probleme wel opgelos kan word en dat hulle elkeen ‘n positiewe bydrae kan lewer om hierdie probleme te help oplos. Van die belangrikste redes vir emigrasie, asook enkele voorgestelde oplossings daarvoor, word :
Misdaad
Volgens AfriForum se navorsing is misdaad die tweede grootste rede waarom Suid-Afrikaners die land verlaat. Talle mense wat emigreer, het self slagoffers van misdaad geword of weet van mense naby aan hulle wat slagoffers geword het. Die opeenhoping van negatiewe nuus oor misdaad is ’n versterkende faktor.
Enkele oplossings: Die bekamping van misdaad moet die regering se eerste prioriteit wees. ‘n Omvattende misdaadbekampingsplan wat werkskeppingsinisiatiewe, die verbetering van die regstelsel, wetgewing en die polisiediens insluit, is noodsaaklik. Terwyl die misdaadprobleem voortduur en planne daarteen in posisie gestel word, word as tussentydse maatreël voorgestel dat belastingtoegewings gebied word vir uitgawes wat gewone burgers aangaan om hulleself te beskerm. Alarmstelsels, diefwering en ander sekerheidsmaatreëls is duur en belastingtoegewings sal dit meer moontlik maak vir mense om hulleself te beveilig in Suid-Afrika.
Mense kan teen misdaad optree deur onder meer by AfriForum se Stop die Moorde Veldtog betrokke te raak. AfriForum het reeds ‘n webwerf (www.stopdiemoorde.co.za) tot stand gebring waar lede van die publiek ‘n petisievorm teen geweldsmisdaad kan aflaai en onderteken, asook insette kan lewer rakende moontlike oplossings vir die misdaadprobleem. Hierdie voorstelle en petisievorms sal aan president Mbeki oorhandig word om die regering tot dringende optrede op te roep. ‘n Fasiliteit is ook reeds geskep waardeur die publiek R10-00 kan skenk ter ondersteuning van die veldtog deur die woord Forum te SMS na 38655.
Opdrag is ook as deel van dié veldtog aan ‘n span navorsers gegee om ‘n verslag saam te stel met statistiek van geweldsmisdaad. Hierdie verslag sal binnelands, sowel as in die buiteland versprei word om steun vir die stryd teen geweldsmisdaad en moorde te werf. Die verslag sal ook op die veldtog se webwerf gepubliseer word. Die navorsers is verder gevra om die uitvoering van die staat se nuwe misdaadplan te monitor en wetenskaplik te bepaal of dit daarin slaag om geweldsmisdaad te laat afneem. ‘n Verslag in hierdie verband sal in die eerste helfte van 2007 bekendgestel word. Die staat se bekendstelling van ‘n plan teen geweldsmisdaad moet met tasbare resultate opgevolg word. Indien nie, sal dit die plan reduseer tot maar net nog ‘n oefening in openbare betrekkinge.
Dalende standaarde
Sowat 20% van emigrante voer aan dat dalende standaarde van openbare dienslewering die rede vir hulle besluit om te emigreer is. Standaarde daal volgens hulle op ‘n wye reeks terreine wat onderwys, mediese sorg, administrasie en infrastruktuur insluit. In ‘n land soos Suid-Afrika, met beperkte finansiële hulpbronne, is dit bykans onmoontlik om die beste standaarde volhoubaar te handhaaf. Die druk wat beperkte hulpbronne op standaarde plaas, word vererger deur die wyse waarop regstellende aksie soms toegepas word.
Enkele oplossings: Ook wat standaarde betref, het die regering ‘n deurslaggewende rol om te speel om te verseker dat hulle binne die beperkte hulpbronne tot hulle beskikking die beste moontlike diens bied, veral wat onderwys en mediese sorg betref. ‘n Omvattende plan is ook in hierdie verband nodig.
Emigrante is meestal hoogs gekwalifiseerde mense. Om hierdie groep in die land te hou, moet toegesien word dat hulle toegang kry tot onderwysdienste en mediese sorg van hoogstaande gehalte. Daar kan egter nie van die regering verwag word om aan hierdie groep hoogs gekwalifiseerdes voorkeurbehandeling te gee ten koste van die armes nie. Wat wel billik sal wees, is om dit vir mense moontlik te maak om self hoë gehalte dienste vir hulleself te bekom. Dit is tans baie moeilik vir mense om self dienste te befonds, aangesien hulle aan die een kant belasting betaal om die onderwysstelsel en staatshospitale in stand te hou, terwyl hulle aan die ander kant groot bedrae geld moet spandeer vir mediese fondse, private skole ensovoorts. Dit kom neer op dubbele belasting. Die oplossing vir hierdie probleem is dat burgers belastingtoegewings moet ontvang vir dienste wat hulle self voorsien. Indien dit nie gedoen word nie, sal kundiges voortgaan om die land te verlaat, tot nadeel van die land en die groot getal armes wat hier woon.
Ekonomiese redes