Niemand kan ontken dat daar wel ernstige probleme in Suid-Afrika is wat opgelos moet word nie. Ongelukkig kyk mense soms net in hierdie probleme vas, sonder om kennis te neem van die negatiewe faktore wat in ander lande bestaan. Die lewe in die buiteland is nie altyd maanskyn en rose nie. Mense wat die land verlaat, kom dit ongelukkig baie keer eers agter wanneer hulle reeds die groot emosionele en finansiële prys betaal het om te emigreer. Diegene wat oorweeg om die land te verlaat, moet dus deeglik kennis neem van die situasie in die buiteland voordat hulle vertrek, sodat hulle ‘n ingeligte besluit kan neem.
Talle emigrante emigreer sonder voldoende oorweging van die voor- en nadele daarvan. Daar is selfs emigrante wat nog nooit in hulle voorgenome bestemming was nie, nie eers as toeriste nie! Hulle raak dikwels gou ontnugter, maar dit is moeilik om hulle besluit om te keer.
Die faktore wat hieronder genoem word, moet beslis in ag geneem word voor mense oorweeg om te emigreer. Natuurlik verskil die bestemmings van emigrante uit Suid-Afrika aansienlik van mekaar en nie elke faktor wat hieronder genoem word, geld in dieselfde mate in elke land nie.
Emosionele gevoel van verlies en verlange
Emigrasie skeur families uitmekaar en is ‘n verbreking van bande met die mense en die land wat jy goed geken het en wat jou na aan die hart lê. Vakansies kan nie vergoed vir die permanente afwesigheid en emosionele ondersteuningsnet van geliefdes, vriende en familie nie.
Verder is daar baie dinge wat ’n mens in die nuwe tuiste (wat dikwels nooit werklik ’n tuiste word nie) mis. Die mens is ’n groepswese en die geselskap van mense wat soos jy is, jou taal praat en jou kultuur deel, is belangriker as wat dikwels besef word. Die gevoel van verlies tree gewoonlik eers na ’n rukkie in. Aan die begin is die nuwe tuiste opwindend en eksoties, maar sodra ’n mens gewoond daaraan begin raak, kom die verlange na die vorige tuiste.
Indien ‘n mens wel besluit om te emigreer, help dit om te weet dat die aanpassingsproses ‘n tipiese U-kurwe volg:
- Koste van emigrasie
Die rand is relatief swak in vergelyking met die geldeenhede van die meeste emigrasie-bestemmings. Die koste vir ’n gesin van vier om te emigreer kan maklik heelwat meer as R250 000 beloop, wat slegs vlugkaartjies, permitte, vrag- en bergingskoste vir huishoudelike goedere insluit.
- Hindernisse vir emigrasie
Emigrasie en immigrasie word deesdae deur feitlik alle lande se burokrasie bemoeilik. Die regering van die land van herkoms plaas beperkinge op geld en goedere wat saamgeneem mag word. Die regering van die bestemmingsland vra gewoonlik baie geld vir werk- en verblyfpermitte en stel hoë vereistes vir immigrante om die land wettig te kan binnekom. Volgens die puntestelsel wat onder meer deur Nieu-Seeland, Kanada en Australië toegepas word, is dit net vir die room van die bevolking in terme van geld, opleiding en ondervinding moontlik om te immigreer. Groot beleggings word ook dikwels in die bestemmingsland vereis. Verskeie lande bied aan nuwe inwoners slegs ‘n beperkte tyd om ‘n vaste werk te kry, anders moet hulle die land op eie koste verlaat.
- Weer, leefwyse, gewoontes
Baie emigrante wat Suid-Afrika verlaat vir sogenaamde groener weivelde oorsee, besef nie watter ingrypende aanpassing dit in terme van lewenstyl en omgewing beteken nie. Die weer in die Noordelike Halfrond, met baie meer reën en koue, is iets waaraan moeilik gewoond geraak word, veral komende uit ’n land wat so bederf word met sonskyn soos Suid-Afrika. Die buitemuurse lewenstyl waaraan ons so gewoond is, is ook iets wat grootliks ontbreek in byvoorbeeld Europa. Die bekende gasvryheid, hartlikheid en opgeruimdheid van die meeste Suid-Afrikaners en bekende kerkgenootskappe is skaars in die buiteland.
- Lewenskoste
Wat dikwels by al die beraminge oor die fantastiese buitelandse salarisse (gemeet in randterme) buite rekening gelaat word, is die veel hoër lewenskoste in die buiteland. Daar word dikwels vergeet dat nie net die inkomste in dollar, pond of euro is nie, maar ook die uitgawes. Veral in terme van verblyf en voedsel, is Suid-Afrika heelwat goedkoper. Wat wel relatief duurder in Suid-Afrika is, is elektriese en elektroniese goedere en bybehore. Vleis is ’n luukse in die meeste lande en gewoonlik van swakker gehalte. Huispryse is ook iets waarby Suid-Afrika oor die algemeen beter vaar as oorsese lande. Vir die prys wat ’n spoghuis in ’n gegoede woonbuurt kos, kry ’n mens in Londen ’n eenvoudige woonstel in ’n digbevolkte woonbuurt.
- Standaarde
Die standaarde in die buiteland is nie altyd so hoog as wat baie Suid-Afrikaners glo nie. Veral onderwysstandaarde is nie noodwendig beter in die buiteland nie. Dissipline in skole is oor die algemeen heelwat swakker en van Christelik begronde opvoeding in staatskole kan daar geen sprake wees nie. In Engeland is daar ’n redelike klasverdeling tussen staat- en private skole – hoë gehalte onderwys word met private skole geassosieer, wat vir die normale mens dikwels onbekostigbaar is.’n Ander saak om aan gewoond te raak, is die oormaat aan burokrasie en kontrole waaraan ‘n mens nie in Suid-Afrika gewoond is nie. Mediese dienste is ook nie altyd van die beste of geredelik beskikbaar in die buiteland nie.
- Tweedeklas burgerskap
Diegene wat die land verlaat omdat hulle in Suid-Afrika soos “tweedeklas burgers” voel en aanstoot neem omdat hulle taal toenemend sy openbare status verloor, verwag verkeerdelik dat hulle in die buiteland as eersteklas burgers aanvaar sal word. Suid-Afrikaners bly gewoonlik buitestanders, behalwe as hulle bereid is om hulle eie kultuur oorboord te gooi en die kultuur en leefwyse van die nuwe tuiste aan te neem. Min is egter bereid om dit te doen en leef trouens ’n bewustelik Suid-Afrikaanse lewenstyl. Dit het uiteindelik uitsluiting tot gevolg en hulle voel soos tweedeklas burgers in hulle nuwe land of raak vervreemd van hulle kinders en kleinkinders wat meer geredelik assimileer.
- Suid-Afrikaanse burgerskap
Dit is sowaar moontlik dat ‘n mens jou burgerskap onwetend kan verloor. In die geval van mense wat in Suid-Afrika gebore is, gebeur dit gewoonlik wanneer dié mense om burgerskap van ‘n ander land aansoek doen, sonder om eers om die behoud van hulle Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen. Die burgerskap van mense wat buite Suid-Afrika gebore is en later hier genaturaliseer het, word ook beïnvloed deur faktore soos wanneer hulle Suid-Afrika verlaat het en die aantal jare wat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is.
In 2004 is verkeerdelik in die buiteland verkondig dat ‘n mens onder geen omstandigheid jou Suid-Afrikaanse burgerskap kan verloor nie. Dit is nie die geval nie! Tans laat die Burgerskapwet wel toe dat jy verblyfreg in Suid-Afrika kan behou, maar soos bo verduidelik, kan jy dan tog onder sekere omstandighede die burgerskap (wat die reg om ‘n Suid-Afrikaanse paspoort te hou, insluit) verloor.
Dit is wel nie meer nodig om skriftelike toestemming van die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake te hê om met beide ‘n Suid-Afrikaanse en ander paspoort te reis nie. Al wat vereis word, is dat die Suid-Afrikaanse paspoort onder alle omstandighede geldig gehou moet word en altyd gebruik moet word om Suid-Afrika binne te kom en te verlaat.
Wanpersepsies oor die buiteland