| Bystand & Advies
Die bystand wat die Kom Huistoe-Veldtog aan u kan bied, sluit in:
-
Hulp met pogings om werk in Suid-Afrika te
verkry;
-
Advies oor die Suid-Afrikaanse registrasie
van kinders wat in die buiteland gebore is;
-
Die verkryging van immigrasiedokumentasie
vir buitelandse lewensmaats wat saamkom;
-
Inligting oor die bepaling van die geldigheid
van terugkerendes se Suid-Afrikaanse burgerskap;
-
Advies oor die invoer van huishoudelike
goedere;
-
Advies oor die invoer van voertuie;
-
Advies oor die saambring van troeteldiere;
-
Hulp om 'n Suid-Afrikaanse evaluering van
kwalifikasies wat in die buiteland verwerf is, te bekom;
-
Advies oor die omskakeling van buitelandse
bestuurderslisensies;
-
Advies oor buitelandse dokumente wat in
Suid-Afrika benodig mag word;
-
Kontak met plaaslike eiendomsagente;
-
Kontak met plaaslike finansiële adviseurs;
-
Algemene advies oor skoolplasing, verdere
studie, mediese spesialiste, mediese fondse, kerk-inskakeling,
sportklubs, arbeidswetgewing of enige ander inligting wat nodig
mag wees.
Die Kom Huistoe-Veldtog versprei ook vier gratis e-publikasies,
naamlik:
- Kom Huistoe-Nuusbrief – 'n
Maandelikse nuusbrief wat in beide Afrikaans en Engels aan Suid-Afrikaners
in meer as 50 lande gestuur word. Die lesersmark is mense wat
reeds besig is om terug te keer. Dit hou hulle op hoogte van gebeure
spesifiek rakende die terugkeerproses en Suid-Afrika oor die algemeen;
- Biltong Bulletin – Ook 'n maandelikse
nuusbrief wat beide in Afrikaans en Engels verskyn en gemik is
op Suid-Afrikaners wat in die buiteland wil bly, nie noodwendig
wil terugkeer nie, maar steeds tot Suid-Afrika verbind voel en
hier betrokke wil bly;
- Biltong Happies - 'n Daaglikse nuusbrief
met die dag se hoofopskrifte van nuusberigte wat in verskeie Suid-Afrikaanse
dagblaaie verskyn het;
- IMFO – 'n Kwartaallikse publikasie
met inligting vir remigrante en immigrante oor lewensomstandighede
en -kostes in Suid-Afrika.
Vroeëre kopieë van die nuusbriewe is ook op die webwerf
beskikbaar.
Kontak ons gerus per epos by alana@afriforum.co.za
of stuur 'n faks na 012-6641281.
|