Switch to English


Immigrasie-Advies vir buitelanders wat
na Suid-Afrika wil kom

Hierdie aksie spruit voort uit die aktiwiteite van die Maatskappy vir Immigrasie, 'n nie-winsmakende hulpdiens vir immigrante wat in 1949 in Suid-Afrika tot stand gekom het en in 2006 by AfriForum ingeskakel is.

Immigrasie is noodsaaklik vir ekonomiese groei in Suid-Afrika. Buitelandse burgers wat hulle die eerste keer in Suid-Afrika wil kom vestig, kan gratis advies oor die verhuisingsproses, immigrasiedokumentasie, omstandighede in die land en lewenskostes van ons kry.

Kontak gerus die Immigrasie Bystand- en Adviesburo by alana@afriforum.co.za. Meld asseblief duidelik wat u e-posadres is, waarmee u advies verlang, van watter land(e) u burgerskap het en of u tevore in Suid-Afrika gewoon het. Indien u wel reeds hier was, meld ook wanneer dit was en of u ten tyde van u vertrek uit Suid-Afrika 'n toeris, tydelike inwoner, houer van 'n permanente verblyfpermit of burger was.

U kan die jongste kopie van IMFO, ons gratis brosjure oor omstandighede en lewenskoste in Suid-Afrika, hier aflaai. Dit is ongeveer 17 A4-bladsye lank.

Laai die jongste weergawe van IMFO af. Klik hier.