![]() |
|
Liewe Lesers Baie welkom by die 41ste Kom Huistoe-Nuusbrief! |
Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ... Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer. Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za. Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse. Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom. Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie. Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering. |
Ons nuusbrief skop vandeesmaand af met ons mediaverklaring van 9 Augustus 2007. Buitelandse lewensmaats is baie welkom om van hulle te laat hoor! MEDIAVERKLARING OOR BUITELANDSE LEWENSMAATS VAN TERUGKERENDE SUID-AFRIKANERS Terwyl die land Vrouedag vier, het die burgerregte organisasie AfriForum se Kom Huistoe-Veldtog ʼn plan bekendgestel om die buitelandse lewensmaats van Suid-Afrikaanse burgers in omstandighede by te staan waar hulle weens migrasiewetgewing “soos minderjarige kinders hanteer word”. Huidige wetgewing weerhou buitelandse lewensmaats tans vir die eerste vyf jaar van hulle lewe saam met Suid-Afrikaanse eggenote van toegang tot ʼn Suid-Afrikaanse ID-nommer, en gevolglik ook van bestuurderslisensies en finansiële transaksies. Geen amptelike hulp bestaan tans vir hierdie buitelandse eggenote nie en deur ʼn ondersteuningsgroep vir hulle op die been te bring, gaan die veldtog hom beywer om toe te sien dat hulle regte voortaan beskerm word. Alana Bailey, hoof van die Kom Huistoe-Veldtog, noem dat migrasiewetgewing die afgelope drie jaar aangepas is om gerieflikheidshuwelike te probeer voorkom. Ongelukkig het die wetgewing dit ook moeiliker vir wettige en meestal hooggeskoolde lewensmaats gemaak om hulle in Suid-Afrika te vestig, terwyl onwettiges steeds oor die grense stroom. Eggenote van burgers wat al ʼn jaar of langer saam in die buiteland gewoon het, behoort na Bailey se mening ʼn verblyfpermit te kry wat aan hulle outomatiese toegang tot ʼn Suid-Afrikaanse ID-nommer, werk-, entrepreneurs- en studiegeleenthede gee. Tans moet so ʼn verhouding vyf jaar duur voor daar om permanente verblyfreg (wat toegang tot ʼn ID-nommer insluit) aansoek gedoen mag word. Die verwerking van so ʼn aansoek neem ook nog etlike maande of selfs jare. Intussen is dit algemeen dat werkgewers weier om mense wie se vaardighede krities nodig in Suid-Afrika is, aan te stel, omdat werkgewers selde bereid is om deur die langdradige en onnodig gekompliseerde aansoekproses vir ʼn werkpermit te gaan. Selfs vir elke studiekursus wat die eggenoot sou wou volg, moet afsonderlik om ʼn studiepermit aansoek gedoen word. Hoewel dit vereis word dat buitelandse bestuurderslisensies binne ʼn jaar deur inwoners na Suid-Afrikaanse lisensies omgeskakel moet word, is dit onmoontlik sonder ʼn Suid-Afrikaanse ID-nommer. Selfs standaard transaksies, soos om ʼn bankrekening te open of finansiering vir ʼn voertuig te bekom, is vir baie eggenote nie toeganklik nie. “Hierdie wetgewing en regulasies reduseer dus hooggeskoolde volwasse lewensmaats in effek tot afhanklike minderjariges, wat beteken dat hulle menseregte ontken word en dat hulle maklik slagoffers van uitbuiting kan word”, sê Bailey. Die Kom Huistoe-Veldtog se ondersteuningplan behels dat eggenote hulle probleme met die veldtog kan deel en dat oplossings daarvoor gesoek sal word. Die ondersteuningsgroep sal voortaan as drukgroep funksioneer om die publiek en owerhede van buitelandse lewensmaats se probleme bewus te maak en beter regulering te beding. Verder is daar van die lewensmaats wat graag ook direk met mekaar wil gesels om ervarings en wenke onderling te deel, en die veldtog sal as fasiliteerder dien om hulle in kontak met mekaar te bring. Belangstellendes is welkom om e-pos te stuur aan alana@afriforum.co.za, of besoek af te lê by www.komhuistoe.co.za. INLIGTING VIR IMMIGRANTE EN VOORNEMENDE REMIGRANTE Annatjie het in Julie weer ons gratis inligtingstuk met besonderhede oor Suid-Afrikaanse lewenskoste, ensovoorts, opdateer. Om ʼn gratis weergawe in MS Word te ontvang, moet julle asseblief net ʼn epos met die onderwerp “lMFO” aan alana@afriforum.co.za stuur. |
BELASTING INLIGTING
Fanus Jonck het handige inligting aan ons gestuur oor die vraag – Kan vlugkaartjies van belasting afgetrek word? Hy sê: More and more South Africans are living abroad and have property in South Africa. Many of these people decide to invest in property in South Africa and to have a holiday home in South Africa or start to buy a flat or more in South Africa as future pension income. I have had numerous queries from expatriates asking me if they could deduct their travel costs to South Africa. The answer is “yes”, it is tax deductible if the travel cost is in the production of income. If you for example fly to SA to check on repairs, then it is a tax deductible expense. What normally happens, is that you combine it with a holiday in South Africa. The South African Revenue Services could therefore assess that only 50% of the ticket was in the production of income. If you fly to South Africa to come and have a look at a few properties to buy, then your expense will be of a capital nature (and will decrease your capital gains tax liability on selling the property). The same applies if you have a flat and your previous tenant had left and you are now doing repairs to the property before you let it out again, or if you have just bought it and do repairs before you start to let it out. The Receiver will deem the repairs as of a capital nature and also your travel costs. The reason for this is because the expense was to get the flat ready to let it out (an expense in creating an income producing asset). It might be a good idea if you come to South Africa to view more properties to buy, to keep the brochures of property that was given to you by estate agents and to keep their names. Also keep any projections made to you regarding the feasibility of the project, how much the rental income in that area would be and how much the rates, insurance, repairs, etc. would cost you. This will be of use if there are any queries from the Receiver. These capital costs will be deductible in calculating your capital gain on selling the property. Any travel cost to South Africa to sell the property is also of a capital nature and will decrease your capital gains tax liability. Remember that you have to register in South Africa as a provisional taxpayer if your South African rental income is more than R12 000 per year. The 2007 income tax returns have been issued and must be submitted on or before 31 October 2007. Please do not hesitate to contact me (tax@jonck.net or 0027-21-9134161) should you have any further tax queries – Kind regards - Fanus Jonck |
HULP GEVRA Jannie en Judy keer binnekort uit Kanada na Pretoria terug. Hulle vra of iemand in dieselfde tyd goedere van Toronto na Durban-hawe wil verskeep en dalk ʼn houer met hulle wil deel. Indien wel, kontak hulle asseblief direk by info@gloryofafrica.com. GEMEENTENUUS UIT DIE VK Die SA Gemeente in die VK laat weet: SA Gemeente is ʼn inter-denominale, Christen gemeente van hoofsaaklik Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat tans in die VK bly. Tans bedien ons meer as 5 000 Christene in ons gemeente! Ons het verskeie bedieningspunte regoor die VK wat bestuur word uit vier wyksgemeentes – Londen, Suidwyk, Noordwyk en Middellande-wyk. As jy op die oomblik in die VK bly, of beplan om hier te kom bly, moet jy beslis ʼn draai by ons kom maak! Vind uit waar jou naaste gemeente is deur ons webblad te besoek: www.sagemeente.com. MEDIESE FONDSTE Lucy het ʼn baie aktuele vraag aan ons mediese fondskenner, Ronell Kruger, gestuur. Onthou ook dat nog vrae altyd baie welkom is: Hello, I have a query for you. My dad lives in South Africa. Me and my brother live in England and are interested in paying for his health insurance from here. He is over 60 though and has not been on health insurance. Is there anything on offer to us? Kind regards - Lucy Ronell antwoord: Dear Lucy, I understand from you mail that:
If all of the above are correct please keep the following in mind:
Depending on the needs of the member, the following options are available:
As there are 49 open medical schemes in the country and Solidariteit Gesondheidsorg (SGS) does not have broker agreements will all, it is not possible for me to forward all the info or to advise you on all. I suggest that you visit the web pages of a few schemes, which will help you in making an informed choice:
AFRIKAANSE REKENAAR Hiermee ‘n interessante stukkie inligting uit die nuusbrief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (www.akademie.co.za) van Junie 2007: ‘n Rekenaar wat kan sê "Goeie more" Rudolph het ongeveer 3,5 jaar in die VSA gebly, maar het so na Afrikaans verlang dat hy begin het om fonetiek op die rekenaar te doen (natuurlik nie dieselfde fonetiek wat ons op skool geleer het nie). Toe hy besef dat groot organisasies soos Microsoft en AppleMac bykans alle ander tale behalwe Afrikaans na elektroniese stemme omgeskakel het, was daar geen keer nie. Die "g"-woorde was vir Microsoft onoorkomelik, maar Rudolph het vasgebyt en vandag het sy rekenaar ʼn Afrikaanse woordeskat van 14 000 woorde (hy noem dat hy hard aan die werk is om ʼn verdere 300 000 woorde by te voeg). Hierdie sagteware skakel teks na stem oor, en hou groot moontlikhede in vir byvoorbeeld die onderrig van gesiggestremdes of kommunikasie met ongeletterde persone. Dit werk op 'n AppleMac rekenaar, onder Unicode UTF-8 asook UTF-16 lêers, op ʼn UNIX platform, maar vir ons gewone mense is al wat regtig saak maak, dat die rekenaar Afrikaans praat. Tik bloot ʼn paragraaf in en kies die stem opsie, en ʼn sjarmante damestem praat duidelike Afrikaans – ja, ons het dit self gehoor! Volgens Rudolph is daar tans ʼn paar beleggers wat in die produk belangstel. Hy is ook besig met die ontwikkeling van stem-na-teks in Afrikaans, wat ʼn wonderlike hulpmiddel in die besigheidswêreld is, byvoorbeeld vir notules en rekords van samesprekings. Die toepassingsmoontlikhede van hierdie sagteware is volgens Rudolph baie wyd – ons dink aan stem-aankondigings by lughawens, treine, sportbyeenkomste ensovoorts, veral waar noodsaaklike inligting onmiddellik aan groot groepe oorgedra moet word (wat ook ongeletterdes kan insluit). ʼn Beheerkamer sou dan die teks op rekenaar tik/ontvang, en dit word per elektroniese stem via ʼn openbare mikrofoonstelsel uitgesaai. Rudolph vertel van 'n opwindende ontwikkeling deur NASA, genoem sub vocal speech recognition. “Sub vocal speech recognition is basically the understanding of words without the requirement for sound … reading thoughts not yet spoken, by analysing nerve commands to the throat [released by NASA on March 17, 2004]. A person using the sub vocal system thinks of phrases and talks to himself so quietly, it cannot be heard, but the tongue and vocal chords do receive speech signals from the brain. Handicapped persons could use this system for a lot of things. The signals are sent to a processor, with special sensors and then to a computer program that translates them into words. Small, button-sized sensors, stuck under the chin and on either side of the "Adam's apple" could gather nerve signals.” Rudolph het in sy loopbaan onder andere netwerkinstallasie gedoen by Compensation Law Firm, Florida VSA, verkope by Microdata en was ʼn IT Projekbestuurder by NAMPAK. Hy het etlike rekenaarkursusse gedoen, maar steeds bly sy groot liefde sy moedertaal. Lede wat belangstel om meer van die projek te wete te kom, kan kontak maak met Rudolph in Pretoria by 0027-76-5432675 of rudolph.barnard@gmail.com. |
TJOKKERVELLETJIES - LEESSTOF VIR JONG AFRIKAANSE LESERTJIES
Lekkerleesnuus van Johann de Jager van Bent Uitgewers: Literêre dermatoloë – gits mens, wat is dit?" So roep `n vraagvraer uit, en van die kranse af eggo dit terug: "Die lesers van VELLETJIES man, die nuwe, twee keer per maand se elektroniese letterkunste nuusbrief en nou ook TJOKKERVELLETJIES." Want met die winterslaap, het VELLETJIES se mamma mooitjies vervel. Nou lê die splinternuwe TJOKKERVELLETJIES op haar rug geabba, langs sy ouboet en bak in die naderende somerson. Die ouer velletjie word nou `n lyfband om langbroeke bo te hou ... TJOKKERVELLETJIES is sy ouboet se ewebeeld, maar vir die jôôông jongklomp bedoel, dus vol stories en versies en blokraaisels en inkleurprentjies en soek-die-verskille tekeningkies, spesifiek vir hulle – ons haasbek toekomsies wat ons etos en kultuur eendag moet aanvat soos ʼn aflosstokkie; die outjies wat ons tjokkers noem, en omdat dit VELLETJIES se kortbroek boetie (dalk langvlegsel sussie) is, noem ons hom TJOKKERVELLETJIES. Na ʼn proefoplaag, het ons reaksie van die omringende volwasse Afrikaanse kranse om ons gekry dat dit nogal opvoedkundige waarde kan besit. Daaraan sal ons met aandag moet werk, en verwelkom dus deskundiges om ons entoesiasme te help klee (`n vel omsit?). Kom slaan dus saam drom! Navrae kan aan Johann gerig word by 0027-12-3330330 of bentakom@absamail.co.za of 0027-84-2330330. |
NAVORSING OOR SUID-AFRIKAANSE EMIGRASIE Pieter de Lange laat weet dankie aan almal wat reeds sy vraelys voltooi het en so gehelp het met sy navorsingsprojek. Vir diegene wat nog nie het nie, meer inligting hieroor. Pieter sê: For some time now, there has been a marked exodus of skilled South Africans, to such an extent that it was estimated that in 2000 more than 20% of South Africans with a tertiary education were working abroad. This questionnaire aims to determine what caused South Africans to leave in the first place, how they see themselves living abroad, how they perceive the “new South Africa” and what their future intentions are. The objective is to publish a book, which will reflect this, so any individual contribution regarding personal experiences or particular viewpoints will be welcome. No ideological agenda or commercial gain is connected to this information. Pieter het die eerste keer in 1974 as tandarts in Londen gaan praktiseer. Hy woon ook tans in Engeland. Tot dusver het meer as 200 mense sy vraelys voltooi en hy verwelkom veral diegene wat sommer oor hulle ervarings skryf ook, en nie net by die vrae hou nie. Hy is tans besig met navorsing oor emigrasie by instellings soos byvoorbeeld die Vryemarkstigting, Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch, SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede en internasionaal bekende skrywers soos Hermann Giliomee en R.W. Johnson. As jy bereid is om die vraelys te beantwoord, stuur ‘n epos met die onderwerp VRAELYS aan de_langepieter@hotmail.com. EIENDOMSNUUS Lees meer oor eiendomsake by www.realty-1.co.za. “HELP MY PAK!” Agente wat julle (in Engels asseblief) om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:
WERKSGELEENTHEID Irma Hurn Visser van Engineering Drawing Office laat weet: Tans soek ek na ʼn ingenieurstekenaar. Die belangrikste is, die persoon moet bekend wees met Auto Cad en as hy Solid Edge ondervinding het, dan is dit ʼn bonus. Verdere opleiding sal verskaf word soos SAP en Algemene Rekenaar ondervinding. Dit sal ʼn permanente pos wees, wat behuising insluit. Enige tekenaars of mense in verwante ingenieursberoepe is welkom om hulle CV’s aan Irma te stuur by IHurn@Angloplat.com of 0027-83-2278063. OORDENKING Vandeesmaand se oordenking is ʼn uitgawe van “Gedagte” van ds. Gawie Cloete van Mariental, Namibië. Hy kan gekontak word by 0026-4-63-242143 of gawie@mweb.com.na. Dit is nie altyd maklik om gefokus te wees nie. Dink maar net terug aan die studentejare (skool of na skool). Hoeveel keer het ons gedagtes nie gedwaal as ons moes konsentreer nie. Daar was oneindig baie dinge wat ʼn mens se aandag kon aflei. En ons onthou mos wat die gevolge daarvan was: Jy moes of oor begin met dit waarmee jy besig was, of jy het in die eksamen agtergekom dat jy nie so goed gaan doen soos jy gedink het nie. In die lewe van ʼn kind van God wat die lewe moet lei wat ander na die Here toe trek, is dit nie makliker nie. Ook hier sukkel ons baie keer om gefokus te bly op dit waarvoor Hy ons roep. Of soos Paulus dit aan die gemeente in Filippi stel: om ʼn fyn aanvoeling te ontwikkel sodat ons die dinge kan onderskei waarop dit regtig aankom (Filippense 1:9 & 10). Gelukkig het Jesus ons nie geroep om Hom te volg en ons toe aan ons eie lot oorgelaat nie. Nee, Hy gee aan ons ʼn Gids – die Heilige Gees. Wanneer die baie dinge in die wêreld ons aandag aflei, ek praat nou van die versoekings en beproewings, is die Gees daar om ons te vertroos en gerus te stel. Wanneer ons moet verstaan waar ons is en waarheen ons oppad is, onderrig die Gees ons met wysheid en insig. Wanneer ons dinge wat in ons verkeerd is moet regstel, oortuig die Gees ons van sonde en lei ons in die waarheid. Ja, hoor vandag dat jy nie alleen of hulpeloos is nie. Hy wat jou lei, gee ook aan jou die krag vir die reis. Ons kan enduit volhou, want Hy is by ons. Wil jy nie nou, sommer daar waar jy sit, saam met my bid dat die Gees jou ook vandag sal lei nie? “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ʼn ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid ... Hy sal in julle wees.” (Johannes 14:16-18). |
Dit is amper lente in Suid-Afrika – mooi Augustus vir julle! |