Liewe Lesers

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ... Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer. Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za. Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.

Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom. Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie. Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

Baie welkom by die 42ste Kom Huistoe-Nuusbrief ... en ja – dit is EINDELIK lente in Suid-Afrika!!

Ons nuusbrief word sedert Julie deur Henk en Kobus van Ecomwise vir ons geset en versprei. Baie dankie aan hulle! Ons hoop dit gaan die aflewering daarvan bespoedig.

LEKKER LEESSTOF

Kom ons begin op ‘n ligter noot – weet jy wat in die wêreld gebeur terwyl ek hier skryf en jy hier lees? Besoek www.chippynews.com/worldclock.htm om uit te vind!

UITERS BELANGRIKE NUUS OOR TYDELIKE VERBLYFPERMIT-AANSOEKE

Baie van julle sal weet dat Suid-Afrikaanse konsulate dikwels aanbeveel dat ʼn buitelandse burger as toeris na Suid-Afrika gaan en wanneer jy eers in Suid-Afrika is, die besoekersvisum na ʼn werk/studie/wat ook al permit omskakel.  MOET DIT EERDER NIE OORWEEG NIE - DIT MAG DALK NIE LANGER MOONTLIK WEES NIE!  Ons het inligting hieroor gekry toe drie Noorweërs laat weet het dat hulle die advies gevolg het en nou in Suid-Afrika gestrand is.  Navrae by Binnelandse Sake het niks opgelewer nie, maar die flink diens van die Departement van Handel & Nywerheid, en veral prokureur en immigrasie-spesialis Julian Pokroy, het die volgende inligting opgelewer.  Julian skryf:

Just a short note to follow through that it is indeed correct that the Department of Home Affairs issued a Police Directive [Immigration Directive 22 of 2007] which does restrict changes of status being done discriminately in South Africa.

This specifically applies in situations where an individual comes into South Africa on a visitors permit and does not declare his or her actual intentions for the visit such as application for a work permit.

Whilst changes of status are not prohibited in terms of the Act [reference Section 10 (6), the Directive suggests that good cause would have to be shown as to why they should be considering a change of status from inside the country.

Navrae is welkom hieroor.  Wees asseblief baie versigtig as julle nie met ‘n Suid-Afrikaanse paspoort reis nie om nie onwettig in Suid-Afrika te beland nie.

ONWETTIGE IMMIGRANTE

Dit bring ons by nog ‘n sensitiewe kwessie.  So twee-drie keer ‘n jaar skakel iemand die Kom Huistoe-Veldtog oor ‘n familielid wat iewers in die buiteland gestrand sit sonder ‘n wettige permit vir daardie land of selfs ‘n paspoort om na Suid-Afrika terug te keer.  Ons kan ongelukkig nie help nie omdat enige hulp in die verband ‘n grondige kennis van die land waar die persoon hom/haar bevind, se wetgewing en baie fondse vereis.  Die beste raad is om regsadvies in te win en te spaar vir ‘n stewige boete.  Onthou dat alle lande die reg het om onwettige immigrante te arresteer en dikwels selfs onbeperk aan te hou.  Geen land het ‘n verpligting jeens onwettige immigrante nie en dus is die antwoord om by die voorwaardes van jou immigrasie-permit te hou.

As jy ‘n Suid-Afrikaanse burger is, moet jou paspoort ook ten alle tye geldig gehou word, en dit moet altyd gebruik word om Suid-Afrika binne te kom of Suid-Afrika te verlaat.  As die paspoort verval het sonder dat jy dit hernu het, of jy gou met ‘n ander paspoort reis, is jy die wetsoortreder en kan jy nie verwag om gasvrye voorkeurbehandeling te kry nie.  En onthou, Binnelandse Sake is pynlik stadig met dienslewering en dit is altyd beter om nie tot die laaste oomblik te wag om om ‘n hernuwing aansoek te doen nie.  Laat gerus weet as ons die aansoekvorms kan aanstuur.

WERK BESKIKBAAR

André van Wyk van Relay System Technology CC (tel: 0027-42-2803027, sel: 0027-82-5536123, e-pos: relay@netactive.co.za) laat weet van die volgende vakante betrekkings:

  1. Ingenieurstegnici met Elektriese Swaarstoomdiploma te Port Elizabeth-kantoor.  Generatorbeheer en hoogspanning beveiliging ondervinding.
  2. Sekretaresse/Administratiewe beampte te Tsitsikamma by hoofkantoor op plaas.  Ideaal vir enkellopende dame wat afstandstudie via internet doen.  Rekenaarvaardig in MS Excell en Outlook.  Afrikaans en Engels magtig.  Verblyf aangebied.

Alle navrae moet asseblief direk aan André gaan.

TOPVLAK-POS BESKIKBAAR – DRINGEND!

Arlene Chazen van Landelahni Business Leaders laat weet:

Our client is currently undertaking the largest infrastructure project in South Africa which will have massive socio economic impact and is key to the Government’s growth targets over the next few years.  They are seeking to appoint a suitably qualified person (preferably an ex South African) who has a minimum of 15 years senior management experience, having been responsible for the complete lifecycle of complex and multiple infrastructure projects of a capital spend of multi-billion US$ projects.  For further information, please contact Arlene Chazen at Landelahni Business Leaders on 0027-11-8537600.

EMIGRANTE ONDERWEG NA DIE VSA

Scott Calvert van die Baltimore Sun se kantoor in Johannesburg is steeds op soek na ʼn gesin met tieners wat binnekort na die VSA verhuis.  As julle kan help, kontak hom by scottmcalvert@gmail.com.

HULP MET VERHUISING

As iemand binnekort goedere van die omgewing van Toronto, Kanada, na Durban se hawe moet verskeep, kan julle dalk ʼn houer met Jannie en Judy Langeveld deel.  Kontak hulle vir meer inligting by info@gloryofafrica.com.

KERKNUUS

  • SA Gemeente is 'n inter-denominale, Christen gemeente van hoofsaaklik Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat tans in die VK bly.  Tans bedien dit meer as 5000 Christene in die gemeente!  Daar is verskeie bedieningspunte regoor die VK wat bestuur word uit vier wyksgemeentes - Londen, Suidwyk, Noordwyk en Middellande wyk.  As jy huidiglik in die VK bly, of beplan om daar te bly, moet jy verseker 'n draai by hulle maak!  Vind uit waar jou naaste gemeente is deur die SA Gemeente se webblad te besoek by www.sagemeente.com.
  • Die Perth Afrikaans Reformed Church (PARC) in Australië se visie word soos volg saamgevat: “Om God se stem en hande vir Afrikaanssprekendes in Perth te wees”.  Die PARC-gemeente is die geestelike tuiste vir Afrikaanssprekendes wat `n behoefte aan `n gereformeerde aanbiddingsstyl het – soortgelyk aan dié van die susterkerke in Suid-Afrika.  Besoek die kerk by www.parc.org.au.

MEDIESE FONDSTE

Indien julle algemene inligting oor mediese fondse soek, besoek gerus die volgende webwerwe:

www.discoveryworld.co.za
www.medihelp.co.za
www.sizwe.co.za
www.ingwehealth.co.za
www.fedhealth.co.za
www.pharos.co.za
www.momentumhealth.co.za
www.telemed.co.za
www.oxygen.co.za

Meer spesifieke navrae is ook altyd welkom – stuur dit aan Ronell Kruger van Solidariteit Gesondheidsorg (SGS) deur ons by alana@afriforum.co.za.

PROBLEME MET SUID-AFRIKAANSE BESTUURDERSLISENSIES

Die amptelike kenner oor wetgewing op dié gebied is Rhoda Pia van die Departement van Vervoer.  Kontak haar by 0027-12-6656000.  Inligting oor aansoeke in Gauteng kan ook gerig word aan Caesar of Matilda by 0027-12-3030835.

EIENDOMSNUUS

Lees meer oor eiendomsake by www.realty-1.co.za.

“HELP MY PAK!”

Agente wat julle (in Engels asseblief) om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

BELASTINGNAVRAE

Rig alle navrae oor belastingsake aan Fanus Jonck by tax@jonck.net.

Baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, het steeds eiendomme in Suid-Afrika wat hulle as beleggings hou en onderhou.  Is julle seker daar is GEEN gevaar dat julle in Suid-Afrika of oorsee dubbel belas sal word op inkomste wat deur die eiendomme gegenereer word nie?  Of dat julle behoorlik eis vir uitgawes wat die eiendomme meebring?  Maak doodseker by Fanus of ʼn ander belastingspesialis wat kundig oor oorgrens-belastingsake is.

LEESSTOF VIR AFRIKAANSE LESERTJIES

http://www.skatkis.com

NAVORSING OOR SUID-AFRIKAANSE EMIGRASIE

Pieter de Lange is steeds besig met sy navorsingsprojek oor Suid-Afrikaanse emigrasie.  Hy skryf:

For some time now, there has been a marked exodus of skilled South Africans, to such an extent that it was estimated that in 2000 more than 20% of South Africans with a tertiary education were working abroad.  This questionnaire aims to determine what caused South Africans to leave in the first place, how they see themselves living abroad, how they perceive the “new South Africa” and what their futue intentions are.  The objective is to publish a book, which will reflect this, so any individual contribution regarding personal experiences or particular viewpoints will be welcome.  No ideological agenda or commercial gain is connected to this inforation.

As jy bereid is om die vraelys te beantwoord, stuur ʼn epos met die onderwerp VRAELYS aan de_langepieter@hotmail.com.

OP REIS IN DIE BUITELAND ...

Ons het onlangs van Expat Explore (www.expatexplore.com) verneem:

If you’re a South African living in the UK and have considered going on a European tour, you have most probably heard of the Expat Group.  This company, offering European tour and visa packages, tailored especially for South Africans was founded by Carel Cronjé and long-time friend Jakes Maritz almost by accident in 2003.  Over the past two years the Expat Group has grown into two divisions.  Expat Explore offers tours of Britain Switzerland, Turkey and Egypt.  They will also embark on their first ever two week long European tour, covering six countries, later this year.  Expat Ltd. assists clients with visa and immigration applications.  Their website even offers help with World Cup Rugby bookings!

OORDENKING

Vandeesmaand se oordenking kom uit ‘n Dieper Geloof van Charles R. Swindoll (Christian Art-uitgewers, Singapoer, 1997).  Dikwels gaan ons lewens ook deur seisoene en al word dit dalk herfs waar jy nou is, kan dit steeds lente word in jou hart:

God is my Redder; ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my Redder.
[Jesaja 12:2]

Is dit op die oomblik lente in jou lewe?  Dalk is jy besig om te ontwaak uit ‘n geestelike winterslaap, kruip jy stadig uit ‘n donker grot van ontnugtering en moedeloosheid.  Moenie bang wees om weer te probeer nie.  Jy word genooi om opnuut te glo!

Dit is amper lente in Suid-Afrika – mooi Augustus vir julle!

Alana & kollegas
AfriForum
[www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za]