Liewe Lesers

Groete uit nat Pretoria!  Dit reën lekker - die plante word lowergroen om ons kantoor (foto) en die jakarandas blom in die stad!

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ...  Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

BURGERSKAP

Baie mense het vandeesmaand weer navraag gedoen oor hulle Suid-Afrikaanse burgerskap.  Dit is moontlik dat 'n mens jou burgerskap onwetend kan verloor.  In die geval van mense wat in Suid-Afrika gebore is, gebeur dit gewoonlik wanneer dié mense om burgerskap van 'n ander land aansoek doen, sonder om EERS om die behoud van hulle Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen.  Die burgerskap van mense wat buite Suid-Afrika gebore is en later hier genaturaliseer het, word ook beïnvloed deur faktore soos die aantal jare wat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is en wanneer hulle Suid-Afrika verlaat het.  Kontak ons vir meer inligting as julle oor julle status wonder.

Aansluitend hierby, herhaal ons graag weer die inligting oor tydelike verblyfpermitte.

UITERS BELANGRIKE NUUS OOR TYDELIKE VERBLYFPERMIT-AANSOEKE

Baie van julle sal weet dat Suid-Afrikaanse konsulate dikwels aanbeveel dat ʼn mens as toeris na Suid-Afrika gaan en wanneer jy eers in Suid-Afrika is, die besoekersvisum na ʼn werk/studie/wat ook al permit omskakel.  MOET DIT EERDER NIE OORWEEG NIE - DIT MAG NIE LANGER MOONTLIK WEES NIE!  Inligting het hieroor by ons uitgekom toe drie Noorweërs lat weet het dat hulle die advies gevolg het en gestrand in Suid-Afrika sit.  Navrae by Binnelandse Sake het niks opgelewer nie, maar die flink diens van Handel & Nywerheid en prokureur en immigrasiespesialis Julian Pokroy het die volgende inligting opgelewer.  Julian skryf:

Just a short note to follow through that it is indeed correct that the Department of Home Affairs issued a Police Directive [Immigration Directive 22 of 2007] which does restrict changes of status being done discriminately in South Africa.

This specifically applies in situations where an individual comes into South Africa on a visitors permit and does not declare his or her actual intentions for the visit such as application for a work permit.

Whilst changes of status are not prohibited in terms of the Act [reference Section 10 (6), the Directive suggests that good cause would have to be shown as to why they should be considering a change of status from inside the country.

Navrae is welkom hieroor.  Wees asseblief baie versigtig as julle nie op ʼn Suid-Afrikaanse paspoort reis nie om nie onwettig in Suid-Afrika te beland nie.

NUWE WEBWERF

Richard Crouch is ʼn Suid-Afrikaner wat in die VSA gewoon het en tans die taak aanpak om terug te verhuis.  Sy webwerf http://anewsouthafrica.com bevat heelwat inligting oor hom en sy gesin, Suid-Afrika, ensovoorts.  Sy inset van 5 Oktober 2007 oor sy persoonlike ervaring en opinies met die terugkeerproses is besonder interessant:

All the red tape and regulations makes returning home for expatriates an enormous ordeal. The public overtures by President Mbeki’s government to entice skilled South African’s back home are nothing but a farce.  For South African’s living abroad for the past 10 or 20 years returning home is a huge undertaking, selling a house, moving personal belongings immigration for spouse and children. None of this is made any easier by the current government.  South African’s living in the United States for example have the additional problem of their vehicles. The regulations set forth by the SABS (South African Bureau of Standards) are pretty narrow, they are as follows:

  • Left hand drive vehicles must have been manufactured before 1 January 2000;
  • The vehicle must have been registered to the importer (you) before 1 January 2000;
  • If the vehicle is manufactured before 1 January 2000 but after 1 January 1997, you must get a letter from the manufacturer stating that the vehicle complies with EU standards. (That eliminates every US made vehicle in that category because none comply with those standards).

So, basically what you are left with is a vehicle that is manufactured before 1 January 1997. Well, two of my four vehicles were manufactured in 1996 and comply with all of the above requirements. When I submitted my application to SABS I get an email back that simply states “Left hand drive vehicles are not allowed in South Africa”. Now that statement is blatantly inaccurate. Yes left hand drive vehicles are not allowed in South Africa EXCEPT for the exceptions listed above.  They obviously did not know their own law, did not read the entire application or want to make it as hard as possible for returning South Africans.  It is an unnecessary burden to impose on these returning citizens to expect them to sell, at a loss, their vehicles that are already paid for and have to purchase new vehicles at four times the price on their arrival in South Africa, in addition to purchasing a new house and the other moving related expenses.  Another problem that returning South Africans encounter is the fact that you cannot open a bank account unless you are physically in South Africa. How are you supposed to bring millions of Rand with you if you do not have an account to electronically  transfer it to, are you supposed to pack you pockets and bags with cash? It should be as simple as going to the SA Consulate in the country you are currently living in, proving your identity and then opening the bank account through the SA Consulate. Maybe that is too simple for the government types.  If the government really wanted to entice skilled South African’s back home they would cut some of the red tape and make some exceptions for the returning citizens. Or maybe they see the returning citizens as a threat to them as most of them are white and they feel that they would more than likely vote for a party other than the ANC.

Kommentaar op Richard se brief is welkom!

VERSOEK AAN SUID-AFRIKANERS IN DIE VK

Susan Viljoen vra die hulp van Suid-Afrikaners in die VK asseblief:

I want to provide a service to all South Africans in the UK.  I need some information from South Africans who are familiar with the circumstances in the UK.  Please send me the details of your most favourite and most popular pub and venue places for performing artists, singers, operas and all music and comedy artists where South Africans perform and entertain South Africans in the UK.  Please send your info to the following address:

SUBJECT:        Attention Susan

EMAIL:             hesterva@absamail.co.za

Thank you and God bless you

Susan Viljoen

WERK BESKIKBAAR

Fanie Coetzee verteenwoordig een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika.  Hulle is DRINGEND op soek na terreinagente, siviele ingenieurs en ander konstruksiewerkers vir projekte in Gauteng en elders in Suid-Afrika.  As jy beskikbaar is, kontak Fanie by 0027-84-2333112 of fanie@oneworldhc.com.

 

SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEBELASTING

Die sluitingsdatum vir die indiening van die 2006/2007 inkomstebelastingopgawes is die einde van Oktober 2007.  Vir meer inligting oor belastingsake, kan julle Fanus Jonck by tax@jonck.net kontak.  Hy sal eenvoudige vrae gratis beantwoord, of anders ’n kwotasie gee as dit blyk dat die vraag meer ingewikkeld is.

KERSFEESSTORIES

Baie dankie aan almal wat op ons spesiale versoek reageer het en hulle Kersfeesstories aan joernalis Carla van der Spuy gestuur het.  Ons kan dalk ʼn opvolg doen hieroor – laat ons asseblief weet wat julle vir Kersfees 2007 beplan – iets eie aan die plek waar julle is, of iets wat julle aan Suid-Afrika herinner?  Ons hoor graag van julle!  ʼn Spesiale verrassing sal beland by die persoon of gesin met die oorspronklikste idees.  Foto’s is natuurlik ook baie welkom!

EIENDOMSNUUS

Lees meer oor eiendomsake by www.realty-1.co.za.

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle (in Engels asseblief) om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

SKATKIS HELP ANDERSTALIGES OM AFRIKAANS TE LEER!

Die Afrikaanse kindertydskrif Skatkis se jongste nuusbrief bevat die volgende interessante berig:

www.afrikaans.us is ’n webtuiste wat anderstaliges leer om Afrikaans te praat.  Hulle het Skatkis genader vir eenvoudige leesstof wat gebruik kan word op die webtuiste. Skatkis het besluit dat die Ietsie-verhaaltjies ideaal sal wees, en alhoewel dit eintlik vir kinders geskryf is, is daar ook ’n boodskap vir elke volwassene. ’n Klankbaan is bygevoeg sodat die mense kan hoor hoe die woorde uitgespreek moet word.  Gaan luister gerus na die verhaaltjies.  Kyk by www.afrikaans.us:

Main Menu        →         Contextuary

Submenu          →         Stories

Submenu          →         Niksie word ʼn Ietsie

OORDENKING

Die oordenking is weer ʼn “Gedagte vir die week” van ds. Gawie Cloete.  Kontak hom gerus by gawie@mweb.com.na.

Ons het nou al almal gehoor van Robbie Wessels se Leeuloop –  dit is ou nuus!  Kom ek vertel julle vandag van Petrus se “waterloop” en dan kyk ons wat ons daaruit kan leer:

Op ʼn dag bevind die dissipels hulle in ʼn stormsterk wind, en dit nogal op die oop see – dis die een plek waar ek nie wil wees as die wind sterk waai nie (ons lees hiervan in Matteus 14 vanaf vers 22).  Wanneer Jesus met dagbreek op die water na hulle toe aangestap kom, is hulle uitgeput en doodbang. Jesus stel hulle egter gerus deur te sê:  “Wees gerus, dit is Ek.  Moenie bang wees nie” (:27).  Dis dan, net hierna, wat Petrus sê:  “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”   Oor hoekom Petrus dit doen weet ons nie.  Dis interessant dat nie Markus of Johannes, wat ook van hierdie gebeure getuig, van Petrus se waterloop vertel nie.  Hulle vertelling eindig waar Jesus, nadat die dissipels hom gesien het in die skuit klim en die wind gaan lê.  Maar Matteus vertel van Petrus. Op Petrus se versoek sê Jesus:  “Kom.”  Wat ʼn waagstuk, maar Petrus klim uit en hy loop na Jesus … so op die water, asof dit nie water is nie, maar grond …  Dit klink vir my of hy ook heel goed gevorder het, want hy het tot “naby Jesus gekom.”  Ja, Petrus vaar heel goed …  Maar dan begin sy oë te dwaal!  Vers 30 lees: “Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink …”  Jy moet dit mooi raaksien:  Dis nie die water wat Petrus bang maak nie – nee, hy is ʼn windsurfer … en hy doen dit kaalvoet - hy is heel tuis op die water.  Dis die wind wat maak dat hy begin twyfel.  Solank Petrus sy oë op Jesus hou, loop hy op die water, maar die oomblik as hy na die sterk wind kyk, sy konsentrasie van Jesus afvat, sink hy.

Liewe waterloper, of toekomstige waterloper … moenie dat jou oë begin dwaal nie.  Moenie verby Jesus kyk na dit wat die omstandighede wil hê jy moet glo of dit wat ander mense jou vertel nie.  Daar is altyd mense wat vir jou wil ontmoedig.  Hulle sê:

… dit sal nie werk nie …
Dat jy nie so kan aangaan nie …
Ek het al probeer, jy mors jou tyd …

Hulle is mense wat jou aandag van Jesus aftrek.  Dit is heel dikwels mense na aan jou, familie en vriende!  Hulle doen dit nie altyd doelbewus nie.  Hulle kry jou jammer en dink hulle help jou, maar eintlik trek hulle jou af … en so algaande sink jy.  Onthou altyd: Die ouens wat reeds gesink het, gebruik baie keer hulle orige krag en energie om ander saam met hulle af te trek.  Moenie toelaat dat omstandighede of vriende jou oë van Jesus aftrek nie!  Hierdie mense neem jou fokus weg van die oplossing (Jesus in Petrus se geval) en maak dat jy op die probleme fokus (die sterk wind).  En voor jy jou kom kry is jy bang en sink jy.  Gelukkig is Jesus getrou.  Selfs al sink ons, kan ons alles regmaak met 3 woordjies.  Petrus het die woorde geken: “Here, red my!”

Kom ons bid saam:

Here, ek wil so graag ʼn waterloper wees, maar ek is bang.
Ek wil ʼn waterloper wees, maar ek twyfel so maklik.
Ek wil so graag ʼn waterloper wees, maar ek is vertel dat dit onmoontlik is.
Here, daar is so baie dinge wat my aandag aftrek.
Help my om net vir U raak te sien.  U wat my die moed gee vir elke dag!
Laat U wind, my optel en ver bo my bekommernisse uitlig.

Amen

“Keep the Son in your eyes”

Groete tot die einde van die maand!

Alana & kollegas
AfriForum
[www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za]