![]() |
|
Liewe Lesers Hoop julle het die rugby geniet!! Al wat ons sê, is BOKKE!!
|
Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ... Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer. Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za. Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse. Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom. Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie. Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering. |
KERSFEESSTORIES Ons versoek in die vorige nuusbrief het nog nie veel opgelewer nie – komaan mense, laat ons asseblief weet wat julle vir Kersfees 2007 beplan – iets eie aan die plek waar julle is, of iets wat julle aan Suid-Afrika herinner? Of is daar interessante gewoontes rondom Kersfees in die land waar julle woon? Ons hoor graag van julle! 'n Spesiale verrassing sal beland by die persoon of gesin met die oorspronklikste idees. Foto’s is natuurlik ook baie welkom!
TERUG UIT DIE VK? Mavrin is pas terug uit die VK en haar Britse eggenoot het saamgekom. Hulle wil graag gesels met ander SA/VK-egpare wat ook onlangs uit die VK na Suid-Afrika verhuis het. Stuur asseblief jou naam en epos adres aan ons by alana@afriforum.co.za as julle met hulle wil kontak maak. POS BESKIKBAAR Henk laat weet: My pos raak vakant. Ek moet die opvolger opspoor en aan die direksie voorlê. Koste vir Maatskappy tipies R400.000-00 + bonus. Pakket kan enige manier gestruktureer word. Help my om ten minste 2 geskikte kandidate te kry wat die industrie wil help bou. Kontak my gerus met vrae. Soek persoon kundig in die ingenieursveld - vervaardiging. Moontlik tans op Hoofbestuurdersvlak. Geen probleem as persoon tussen 45 en 60 jaar oud is nie. Verwag dit sal begin met 3-jaar kontrak. Ideale vooraftrede periode vir Senior Bestuurder waar bestuurder waarde toevoeg in mentor rol in die Kaap. Kontak Henk Snyman by henk@tasaweb.co.za. WENKE AAN OUERS Die Afrikaanse kindertydskrif Skatkis bied nie net lekker leesstof aan kinders nie, maar bevat ook handige wenke vir ouers. Veral na immigrasie verkeer gesinne onder baie druk en kan die wenke van groot waarde wees. Om op Skatkis in te teken, kan julle skryf aan industat@lantic.net. Hier volg die wenke vir ouers, geskryf deur Ansie Fouché, ’n spelterapeut: Ons as ouers moet onsself evalueer. Maak jy maklik vriende? Hoeveel vriende het jy op skool gehad, hoeveel vriende het jy tans, en hoe tree jy op teenoor hulle, hoe praat jy van en met hulle? Wat leer ons kinders ten opsigte van vriendskappe by ons? Watter indruk kry hulle ten opsigte van gesonde sosiale interaksie? Hoor die kind hoe jy skinder en negatief is ten opsigte van jou vriende of sien hulle lojaliteit en respek? Sien die kind miskien hoe jy en jou man mekaar slegsê, baklei en vir mekaar jok ? Vra 'n bietjie vir jou kind: “Wie is mamma se beste vriendin, wat doen ek vir my vriendinne wat mooi is, hoe is mamma met haar vriendinne”. Onthou die bester leermeerster ten opsigte van lewensvaardighede is die ouers! Kom ons gee leiding deur middel van ons eie voorbeeld.
NUUS OOR DIE INVOER VAN LINKERHANSTUUR-VOERTUIE
Na aanleiding van die bydrae in die vorige nuusbrief, laat Rick Crouch weet: I have an update for your subscribers in USA returning home. The SABS now tells me that you can no longer bring any left hand drive cars into SA. Dankie Rick! Besoek gerus Rick se webwerf by anewsouthafrica.com. VERSOEK AAN SUID-AFRIKANERS IN DIE VK Susan Viljoen vra die hulp van Suid-Afrikaners in die VK asseblief: I want to provide a service to all South Africans in the UK. I need some information from South Africans who are familiar with the circumstances in the UK. Please send me the details of your most favourite and most popular pub and venue places for performing artists, singers, operas and all music and comedy artists where South Africans perform and entertain South Africans in the UK. Please send your info to the following address: SUBJECT: Attention Susan Thank you and God bless you MEDIESE FONDSTE Onthou dat Ronell Kruger van Solidariteit Gesondheidsorg (SGS) graag alle navrae oor mediese fondse beantwoord. Stuur julle vrae aan en ons sal seker maak dat sy dit ontvang. Jonathan vra onlangs: Is dit nodig om aan 'n fonds te behoort? Is die Staatshospitale dan so erg? Die antwoord is nee, van die hospitale is skitterend, maar daar is ook baie swak hospitale onder hulle en soos oral in die wêreld moet jy bereid wees om te wag as jy 'n staatspasiënt is. Ek moes onlangs een van die instansies besoek vir toetse wat slegs daar gedoen kan word. Hoewel hulle eers om 09:00 begin om pasiënte te spreek, was die meeste mense al daar van 05:00 af. Ons het gewag en gewag en toe die personeel om 08:00 opdaag, moes ons eers vorms invul en IDs wys, en en en ... Ek was eers klaar teen 11:00 en teen 11:10 was die toetse klaar gedoen en kon ek huis toe gaan. Gevolg? Toetse wat elders meer as R2 000 sou kos, het my R181-00 gekos, maar ek moes meer as 6 ure wag vir 10 minute se aandag. By uitsondering is dit nie 'n probleem nie, maar wat gebeur as dit al mediese sorg is waartoe jy toegang het, veral as jy nie maklik verlof by die werk kan neem nie? Een van ons lede wat nie 'n fonds het nie, wag tans vir 'n breinoperasie. Hoe langer sy wag, hoe meer sig verloor sy permanent in haar een oog. Die kans is daar dat sy heeltemal blind mag raak voor die operasie kan plaasvind, maar die Staat weier om enige pasiënt hoër op die waglys te skuif as dit nie 'n lewensbedreigende situasie is nie en dus moet sy wag. Ons advies is gevolglik, as jy enigsins kan, word lid van 'n fonds, al is dit net vir noodgevalle en hospitalisasie! Inligting oor van die bekendste fondse is beskikbaar op hulle webwerwe by: DiscoveryWorld WENKE VAN ONS BELASTINGADVISEUR Fanus Jonck (tax@jonck.net) stuur sommer algemene wenke oor die terugkeer na Suid-Afrika. Kontak hom gerus vir meer inligting. Let me warn you that it can be an infuriating process to organise your affairs in SA. When you walk into a government office (Home Affairs, Customs Clearance, Driver’s Licence) expect to wait a long time. SA banking charges are exorbitant compared to Europe. Understand your account charges structure. The banks will rip you off. Speak to your bank relationship manager and just find out everything you can about the best way to draw, transfer and deposit money. You will battle to open any account apart from a savings account without local salary slips. Do not expect to be welcomed with a credit card unless you bring a sizeable amount of money with you. WERK BESKIKBAAR Fanie Coetzee verteenwoordig een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika. Hulle is DRINGEND op soek na terreinagente, siviele ingenieurs en ander konstruksiewerkers vir projekte in Gauteng en elders in Suid-Afrika. As jy beskikbaar is, kontak Fanie by 0027-84-2333112 of fanie@oneworldhc.com. VERHUISINGSDIENSTE Agente wat julle (in Engels asseblief) om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:
OORDENKING Vandeesmaand se oordenking kom uit die geselsbrief van Danie, waarop gratis ingeteken kan word by www.egafrikaans.co.za. Besoek gerus die webwerf vir wonderlike wenke, oordenkings, 'n geselskans en nog vele meer. Veral omdat alles in Afrikaans is, is dit 'n lekker manier om in die vreemde kontak met taal en haard te hou!! Louis Nel van die NG Kerk Noordkus het hierdie oordenking geskryf en ek hoop dit beteken soveel vir julle, as vir ons. Is daar nog hoop? Daar is 'n ou Griekse mite wat die verhaal vertel van Pandora, die eerste vrou wat gemaak is. Sy het 'n kissie ontvang, en daarmee saam 'n opdrag: om dit onder geen omstandighede oop te maak nie. Maar soos dit enige goeie vrou betaam(?!), het haar nuuskierigheid gemaak dat sy naderhand nie anders kon as om te loer wat in daardie geheimsinnige kissie is nie. Toe sy die deksel lig, vlieg die aller-liederlikste dinge daar uit: rampe, siektes, ouderdom, misdaad, swaarkry en al wat 'n ellende is. Sy probeer wal gooi, maar dis verniet, en so borrel al wat sleg is by haar kissie uit. Uiteindelik hou sy kop en klap die deksel toe, net voor die heel laaste ding uitvlieg. Wat in die kissie oorgebly het? Hoop - so lui die legende, want sonder hoop sal die mensdom nooit al die onheile wat Pandora laat ontsnap het kan hanteer nie. Inderdaad is dit maar net 'n storie - 'n legende, maar die feit is dat sonder hoop baie mense nooit sal kan oorleef nie. Victor Frankl het in sy boek, Man’s Search for Meaning geskryf oor sy ervaringe in 'n Nazi-konsentrasiekamp. Hy vertel van die haglike omstandighede waarin mense geleef het, en dat die enigstes wat oorleef het, dié was wat nog hoop gehad het - hoop het hulle letterlik aan die lewe gehou. Ek gesels nou die dag met iemand van Zimbabwe af: hy het alles wat hy deur die jare opgebou het daar verloor. Maar hy leef steeds in die hoop dat dinge gaan regkom, en daarom is hy terug na Zimbabwe, die land waar hy grootgeword het. Die skrywer van die Hebreërbrief wil vir sy lesers ook hoop gee. Hulle het baie vervolging ervaar, en die verskriklike lewensomstandighede het hulle dikwels wanhopig gehad. Baie mense het moed verloor - wat is daar vir hulle oor in die lewe? Daar is hoop! So bemoedig hy die verslae mense - God hou sy beloftes! Abraham was 'n baie goeie voorbeeld van iemand wat op hoop geleef het. As hy kinderloos sou sterf, sou dit die einde van 'n geslagslyn beteken - 'n groot ramp. God het egter aan Abraham 'n belofte gemaak van 'n ontelbare nageslag, en Abraham het vasgeklou aan daardie belofte, al het dit naderhand totaal onmoontlik gelyk dat God so 'n belofte kon vervul. Die groot honderd het al aan Abraham se deur geklop, toe is daar nog steeds geen kinderlaggies in sy tent nie. Abraham het egter steeds op God vertrou, want God het dit met 'n eed bevestig - Abraham het nooit sy hoop verloor nie. En toe kom die vreugdevolle dag toe klein Isak gebore word - Mammie Sara was toe al oud genoeg om 'n Oumagrootjie te wees. Maar dit was nie die einde van die Hoop-pad vir Abraham nie, want net 'n paar jaar later kry hy die skokkende opdrag om vir klein Isak te gaan offer. Hoe moes Abraham nie met hierdie opdrag geworstel het nie - het God dan sy belofte verbreek? Abraham se hoop was egter steeds gevestig op God se beloftes, en natuurlik het God voorsien. Vandag leef ons ook in bitter onseker tye. O ja, daar is baie mense in ons mooi land wat stinkryk is, en op die oog af nie 'n bekommernis in die wêreld het nie. Maar miljoene mense leef in die grootste onsekerheid: wat gaan die dag van môre vir ons bring? Gaan my motor dalk gekaap word? Gaan ek beroof word? Moordenaars, verkragters en rowers skuil om elke hoek en draai. Dan is daar die ekonomie - gaan ons land oorleef? Gaan al die korrupsie en witboordjiemisdaad nie uiteindelik die totale ondergang van ons land beteken nie? En wat van aardverwarming? Dag na dag sien ons hoe omstandighede versleg - hoe ons mooi aarde besig is om weg te kwyn. Die pole is klaar besig om te smelt, en ongekende droogtes en vloede teister die ganse aarde. Ons is besig om die wêreld te vernietig, en dit lyk asof niemand iets daaromtrent wil of kan doen nie. Is daar nog hoop?
Ja, selfs as die heel ergste gebeur, is daar steeds hoop. Wat vir ons dalk na die einde lyk, is slegs die begin. Agter die “voorhangsel” lê die begin van 'n onbeskryflike splinternuwe lewe waarvan ons nou maar net kan droom. In Openbaring word die gordyn so op 'n skrefie oopgetrek, en dit slaan jou asem skoon weg. Het jy hoop? Ek hoop van harte so! Bid asseblief saam met my: “Here, ek kan U nie genoeg loof en dank en aanbid vir die wonderlike anker van hoop wat U vir my gegee het nie. Dankie vir die wonderlike vooruitsig van die lewe hierna waarop ons hoop. Amen.” |
| Groete tot ons weer ontmoet! Alana & kollegas AfriForum [www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za] |