KOM HUISTOE-NUUSBRIEF

Nommer 45 - November 2007

 

Liewe Lesers

Die jaar is amper verby en hiermee ons voorlaaste nuusbrief van 2007.

 

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ...  Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

 

KERSFEESSTORIES

Ons versoek in die vorige nuusbrief het nog nie veel opgelewer nie – komaan mense, laat ons asseblief weet wat julle vir Kersfees 2007 beplan – iets eie aan die plek waar julle is, of iets wat julle aan Suid-Afrika herinner?  Of is daar interessante gewoontes rondom Kersfees in die land waar julle woon?  Ons hoor graag van julle!  ʼn Spesiale verrassing sal beland by die persoon of gesin met die oorspronklikste idees.  Foto’s is natuurlik ook baie welkom!

DIE SA-BELASTINGVORM

Fanus Jonck, ons medewerkende belastingkenner, stuur die volgende inligting:

ʼn Aansienlike hoeveelheid Suid-Afrikaners wat in die buiteland werksaam is, het hulle Suid-Afrikaanse 2007-belastingopgawes verkeerd ingevul en sal nou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet kontak om die nodige regstellings te versoek as hulle nie onnodig wil belasting betaal nie.  Voorheen het die belastingopgawe gevra hoeveel die belastingbetaler se buitelandse inkomste beloop het en hoeveel dae in die buiteland spandeer is.  Die 2007-opgawe vra veel minder inligting.  Dit vra byvoorbeeld slegs hoeveel die belastingbetaler se belasbare buitelandse inkomste beloop het.  Belasbare buitelandse inkomste is slegs inkomste in buiteland verdien waar die belastingbetaler minder as 183 dae in buiteland spandeer het in enige periode van 365 dae periode (en vir minstens een aaneenlopende periode van 61 dae in buiteland spandeer het).  As ʼn persoon byvoorbeeld in Januarie in Londen begin werk het en in Oktober die opgawe ingevul het, moes hy nie sy Londense inkomste getoon het as hy aan die 183 dae en 61 dae vereistes voldoen het nie!  As ʼn persoon geweet het dat hy eers in Desember aan die vereistes gaan voldoen, moet hy tot Desember wag om sy opgawe in te dien.  As ʼn persoon verkeerdelik nie-belasbare inkomste getoon het, moet die nodige regstelling versoek word by ontvangs van die aanslag.

Suid-Afrikaners wat in buiteland werksaam is, kan gerus ook onthou dat hulle nie hulle SA-rente hoef te toon op hulle Suid-Afrikaanse opgawes as hulle gedurende enige 365-dae periode minstens 183 dae in buiteland gespandeer het nie, want die rente is dan nie in Suid-Afrika belasbaar nie!

Almal is welkom om Fanus Jonck (tax@jonck.net) te kontak indien enige belastingadvies benodig word.

SUID-AFRIKANERS IN DIE BUITELAND MET EIENDOM IN SA

Binne die volgende week word NOG ‘n styging in rentekoerse verwag – slegte nuus vir almal wat lenings afbetaal.  In aansluiting hierby en by Fanus sa advies, is hierdie vraag van Michelle van die VK:  I’m not sure whether you can advise us – we still have a property in SA which financially is killing us here, with having to send money home as the interest rates are rocketing all the time.  Our tenants’ rent does not cover the bond repayments.  Is there any form of tax relief here in the UK we can claim?  Many thanks for your attention in this regard.

Fanus antwoord:  Dear Michele, you will be allowed to deduct your South African rental loss from any other non-UK income.  Unfortunately you are not allowed to deduct this loss from UK income.  Once you start making a South African rental profit, you will be able to deduct the previous rental losses from your rental profit.  If you are submitting tax returns in South Africa, then you will also be able to deduct the rental loss from any capital gain that you might have on selling the property.  Please do not hesitate to contact me should you have any further tax queries.  Regards!

POS BESKIKBAAR VIR ARGIVARIS

ʼn Vakature bestaan tans vir 'n argivaris van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika te Potchefstroom, aangesien die huidige argivaris op 31 Desember 2007 aftree.  Persone met 'n B-graad of toepaslike diploma en ervaring van argiewe, biblioteekkunde en museumkunde kan aansoek doen.  Vorige argiefblootstelling vir minstens 3 jaar is 'n vereiste.  Die applikant moet goed geskool wees in die kerklike werkswyse van die GKSA.  Ervaring van museumkunde sal ʼn sterk aanbeveling wees.  Goeie rekenaarvaardigheid ten opsigte van MS Office-programme en Internet Explorer, is 'n vereiste. Vergoeding sal onderhandelbaar wees.  Keerdatum vir aansoeke: 26 Januarie 2008 en diensaanvaarding: So spoedig moontlik.  Rig aansoeke aan dr. At Kruger, Administratiewe Buro GKSA, Posbus 20004, Noordbrug Potchefstroom 2522 of e-pos aan atkruger@gksa.co.za.  Aansoeke moet vergesel wees van 'n volledige C.V., verwysings van vorige werkservaring, getuigskrifte, 'n afskrif van die eerste bladsy van u identiteits-dokument en jongste bewys van u huidige vergoedingspakket. Indien u nie binne een maand na die keerdatum terugvoering ontvang het nie, kan u aanneem dat die aansoek onsuksesvol was.

OP SOEK NA PASTOOR BAILEY

Meneer Billy Bands (tel:  0027-78-2498084) is dringend op soek is na pastoor Douw Bailey wat na die VSA verhuis het.  Die pastoor was glo aan ʼn Pinksterkerk verbonde – is daar dalk iemand wat iets van hom weet, asseblief?

NUWE PUBLIKASIE: UITDAGING EN ANTWOORD. ‘N VARS PERSPEKTIEF OP DIE EVOLUSIE VAN DIE AFRIKANERS

‘n Boek getiteld Uitdaging en antwoord. ʼn Vars perspektief op die evolusie van die Afrikaners deur doktor Jackie Grobler het pas verskyn.  Ons meen dit sal veral boeiende en nuttige leesstof vir Afrikaners en hulle kinders in die buiteland wees.  Hy vertel self die volgende oor sy boek:

Waarom ʼn nuwe boek oor die geskiedenis van die Afrikaners?  Is dit werklik nodig, veral gesien in die lig van die bestaan van die historikus Hermann Giliomee se briljante studie, Die Afrikaners. Biografie van ʼn volk? Hierop is die antwoord ʼn ongekwalifiseerde ja, en wel om twee redes. 

Aan die einde van Januarie 2007 het daar in Pretoria ʼn beraad oor die miskenning van Afrikanergeskiedenis in amptelik-goedgekeurde Suid-Afrikaanse skoolgeskiedenis-handboeke plaasgevind.  Dit is deur die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gereël. Verskeie vooraanstaande Afrikaanstalige historici, asook enkele skoolhoofde, geskiedenisonderwysers en belangstellende lede van die publiek het die beraad bygewoon.  Die beraadgangers was dit eens dat die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap in Suid-Afrikaanse skole afgeskeep en geminimaliseer word.  Meer nog – die Afrikanergeskiedenis word doelbewus deur die owerheid gedemoniseer en gekriminaliseer.  Die beraadgangers het die mening uitgespreek dat Afrikaanstalige historici die uitdaging sal moet aanvaar om as ʼn saak van dringendheid leesmateriaal aan Afrikaanse skoolleerlinge beskikbaar te stel waarin aan die Afrikanergemeenskap sy regmatige erkenning in die geskiedenis van Suid-Afrika toegeken word.  Hierdie boek is gedeeltelik deur die besprekings op daardie beraad geïnspireer.

Die tweede, veel meer onrusbarende verskynsel wat my gedryf het om die boek te skryf, het te doen met inligtingverspreiding.  As lid van die Voortrekker-jeugbeweging kry ek gereeld met Afrikaanse kinders van oor die hele Suid-Afrika en ook Namibië te doene.  My taak bestaan telkens spesifiek daaruit om met hulle oor Afrikanergeskiedenis te praat.  Dit is in die afgelope jare skokkend om waar te neem hoe hierdie jong Afrikaners se kennis van die geskiedenis van die Afrikaners eenvoudig verdwyn het.  Hulle eie verklaring daarvoor is dat hulle nêrens oor hierdie geskiedenis onderrig word nie.  En in gesprekke met onderwysers, skoolhoofde, Voortrekkerjeugleiers en Voortrekkeroffisiere is ek  onder die indruk gebring dat daar ʼn ernstige behoefte bestaan aan ʼn kort geskiedenis van die Afrikanergemeenskap wat as hulpmiddel gebruik kan word om Afrikanergeskiedenis te laat herleef.

Hierdie boek is nie bedoel om as alternatief te dien vir Giliomee se meesterwerk nie.  Daardie boek is en bly die standaardwerk en ek het swaar daarop gesteun vir feitelike inligting asook insigte oor veral die afgelope veertig jaar se Afrikanergeskiedenis, maar Giliomee se boek is eenvoudig te monumentaal vir die meeste lesers om deur te werk.  Wat hier aangebied word is ʼn wydreikende, alhoewel bondige oorsig oor die geheel van die geskiedenis van die Afrikanervolk, geskryf in ʼn eenvoudige Afrikaans met as teikenmark die Afrikanerjeug.  Dit is nie ʼn romantisering van die Afrikanergeskiedenis nie, maar ʼn beskrywing en verklaring van die belangrikste gebeure en verskynsels van die Afrikanergemeenskap en sy bestaanswêreld.  Dit is nóg apologeties, nóg veroordelend, maar wel met empatie teenoor die Afrikaners van die verlede en van die hede geskryf.  My finale gevolgtrekking is dat die moderne Afrikaners van die eerste dekade van die 21ste eeu, ten spyte van vanselfsprekende verskille wat met tyd en ruimte saamloop, heelwat met hulle voorouers in gemeen het. Hulle voel soms bedreig, hulle is soms bekommerd oor hulle toekoms in Suid-Afrika, hulle soek na gemoedsrus en veiligheid en hulle wantrou soms die owerhede. Tog is hulle lojaal aan die land en trots op sy prestasies. Nogtans is hulle nie bereid om in ‘n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse identiteit verswelg te raak nie. Daarvoor is hulle verknogtheid aan hulle eie geskiedenis en hulle eie taal te sterk. Hulle voorgeslagte in Suid-Afrika het telkens voor skynbaar onoorkomelike uitdagings wat gedreig het om hulle onder te ploeg te staan gekom, maar elke keer daarin geslaag om hulleself te handhaaf. Soortgelyke uitdagings staar die 21ste eeuse Afrikaners in die gesig. Die geskiedenis dui daarop dat elke geslag Afrikaners met hulle eie antwoorde vorendag sal kom.

Ek gee die boek privaat uit om die prys laag te hou. Ek verkoop dit teen R70 per eksemplaar. Vir bestellings van 20 boeke of meer is die prys R50 plus versendingskoste per boek – ook vir boekhandelaars. Vir inligting oor die boek e-pos elizegrobler@telkomsa.net of skakel 0027-82-4133799.

VERSOEK VAN SHARON

In reaksie op die vorige nuusbrief, vra Sharon:  I read about Mavrin and her family’s return to SA, and that she is wanting to get in touch with people who have returned to SA, but for those of us that are still wanting to return but cannot right now, would it be possible for Mavrin to give us an update every now and again as to how they are getting on, we love to get as much feed back as possible from those who have returned.

Die versoek is nie net tot Marvin beperk nie – almal wat reeds terug is, is asseblief baie welkom om hulle ervarings met ons te deel.  Skryf gerus aan ons by alana@afriforum.co.za.

POS BESKIKBAAR

Junior prokureursboekhoudster dringend benodig.  Minimum drie jaar ondervinding benodig, prokureursboekhouding sal ʼn sterk aanbeveling wees.  Kan onmiddellik begin. E-pos u CV aan wbvd@law.co.za.

VAKANSIEPLANNE?

Ruth Mills van Beachcomber Cottages in Springerbaai, Boggomsbaai en omgewing kan dalk help met akkommodasie.

www.beachcombercottages.co.za
info@beachcombercottages.co.za

STEEK ‘N HELPENDE HAND UIT NA ‘N GRAAD EENTJIE!

Tien duisende graad eentjies gaan volgende jaar skool toe gewapen met ’n skooltassie, potlood, klei, vetkryte, skêr, skerpmaker en ander skryfbehoeftes.  Duisende Afrikaanse graad 1’s is egter so arm dat hulle nie eens ’n potlood kan bekostig nie.  Die vakbond Solidariteit se Helpende Hand Fonds het besluit om ’n reuse nasionale projek aan te pak om sorg te dra dat alle Afrikaanse kinders volgende jaar met ʼn skooltassie en die nodige skryfbehoeftes skool toe kan gaan.  Die Solidariteit Helpende Hand beplan om die Afrikaanse gemeenskap in die volgende maand en ’n half te mobiliseer om sowat R1,5 miljoen of 5000 skooltassies en skryfbehoefte pakkette vir behoeftige Afrikaanse kinders in te samel. Kerke, gemeenskapsorganisasies, maatskappye, maar veral individue gaan gevra word om die projek te ondersteun. Projek “skooltassie” gaan kinders van die Wes-Kaap tot Limpopo help.

Die Afrikaanse gemeenskap kan nie vir die staat wag om hulle kinders te help nie, hulle moet self verantwoordelikheid neem.  Ons gaan in die volgende maand en ’n half die Afrikaanse gemeenskap oproep om ’n helpende hand na hulle eie kinders uit te steek,” het Dirk Hermann, uitvoerende direkteur van die Solidariteit Helpende Hand Fonds gesê.  “Ons het die idee van die skoolhoof van Laerskool Nicolaas Smit in Pretoria, meneer Chris Sealie, gekry. Die Solidariteit Helpende Hand Fonds is by die skool en tientalle ander skole se voedingsprojekte betrokke. Daar was groot waardering vir ons hulp by voedingsprojekte, maar meneer Sealie het vir ons vertel van die agterstand wat ’n graad 1 leerling het indien hy/sy nie die nodige skryfbehoeftes het nie. Ons het besluit ons wil Laerskool Nicolaas Smit help, maar na gesprekke met verskeie Afrikaanse skole in Pretoria het ons besef dat die probleem die afgelope aantal jare ongelooflik gegroei het. Ons het verder navorsing gedoen en gesien dat die probleem nasionaal op ons neergedaal het. Afrikaanse mense onderskat die armoede in hulle eie gemeenskap.  ’n Kind uit ’n behoeftige agtergrond het genoeg struikelblokke om te oorkom, hy/sy moet nie nog verder benadeel word omdat sy/haar ouers nie eers ’n skooltassie of die basiese skryfbehoeftes kan bekostig nie. Die sprong na graad 1 toe is die grootste van alle grade en ons moet dit so maklik moontlik vir die kinders maak. Onderrig is die eerste stap om uit die kringloop van armoede te ontsnap en die Helpende Hand wil kinders help om hulleself te bekwaam om uit die armoede net te breek.”

’n Skooltassie en skryfbehoeftes kan ’n ouer maklik R300 – R400 uit die sak jaag. Die Solidariteit Helpende Hand se pakkie vir behoeftige Afrikaanse kinders gaan bestaan uit ’n skooltassie, ʼn 2ℓ roomysbak, 4 HB potlode, ʼn stel met 12 kleurpotlode, skerpmaker, 2 gomstiffies (50g), 3 pakkies uitdraai-vetkryte, 1 skêr, klei, ʼn boontjiesak, ʼn 35-stuk legkaart, ʼn middelslag plastiekbal en ʼn plastiek voorskoot.  Met die hulp van donateurs gaan dit slegs R160 kos om een kind te borg met ʼn volle pakket. Iemand wat ʼn kind wil borg, kan die Solidariteit Helpende Hand kontak by 0027-861-25-24-23, of ʼn e-pos kan gestuur word aan helpendehand@solidariteit.co.za.  Direkte inbetalings aan die Helpende Hand kan gemaak word by ABSA, Centurion Tak (632005) met rekeningnommer 09082262243.  Die woord “skooltassie” kan as verwysing verskaf word.

EKSTRA BAGASIE MET DIE TERUGKEER

Almal wat terugkom na SA, het nie noodwendig ʼn vraghouer vol goedere nie.  As jy slegs ‘n paar ekstra kilogram goedere het, wat dan gemaak?  Ons het verlede jaar verneem dat www.excess-baggage.com ʼn bekostigbare diens lewer in die verband.  Weet iemand dalk van nog, soortgelyke dienste asseblief?  Laat weet ons by alana@afriforum.co.za.

NAVORSING OOR EMIGRASIE

Pieter de Lange is steeds besig met sy navorsingsprojek oor Suid-Afrikaanse emigrasie.  Hy skryf:

For some time now, there has been a marked exodus of skilled South Africans, to such an extent that it was estimated that in 2000 more than 20% of South Africans with a tertiary education were working abroad.  This questionnaire aims to determine what caused South Africans to leave in the first place, how they see themselves living abroad, how they perceive the “new South Africa” and what their futue intentions are.  The objective is to publish a book, which will reflect this, so any individual contribution regarding personal experiences or particular viewpoints will be welcome.  No ideological agenda or commercial gain is connected to this inforation.

As jy bereid is om die vraelys te beantwoord, stuur ʼn e-pos met die onderwerp VRAELYS aan de_langepieter@hotmail.com.

OORWEEG U `N BEROEP AS `N FINANSIëLE ADVISEUR?

Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies is op soek na persone om opgelei te word as finansiële adviseurs.  Die suksesvolle kandidaat is:

  • ‘n Hoogs energieke persoon
  • 23 jaar of ouer
  • Besit Graad 12 of ‘n hoër kwalifikasie
  • Beskik oor eie vervoer en woon in Pretoria-omgewing
  • Rekenaarvaardig en kan onafhanklik werk.

Vergoeding bedra R6 000 + kommissie per maand.  Indien u belangstel, kan u u CV aan Jannie Heymans stuur.

WERK BESKIKBAAR

Fanie Coetzee verteenwoordig een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika.  Hulle is DRINGEND op soek na terreinagente, siviele ingenieurs en ander konstruksiewerkers vir projekte in Gauteng en elders in Suid-Afrika.  As jy beskikbaar is, kontak Fanie by 0027-84-2333112 of fanie@oneworldhc.com.

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.

MEDIESE VERSEKERING

Eva vra: I am returning to South Africa.  I am at present 68 years old.  I need quotes for Medical Insurance please?

Ronell Kruger van Solidariteit Gesondheidsorg antwoord:  Eva, Your email was forwarded to Solidariteit Gesondheidsorg.  Medical Schemes in South Africa will not give you a quote as such. The best way to see how much your premium will be, would be to access the different scheme's webadresses:

www.discoveryhealth.co.za
www.fedhealth.co.za
www.sizwe.co.za
www.bonitas.co.za
www.pharos.co.za
www.telemed.co.za
www.momentum.co.za

Select the options pages and look at what the different options offer.  Then see if you can find the option with the benefits that you would prefer.  Also keep in mind that the medical schemes will give you a penalty in terms of your premium, and because of your age.  You can work that out by adding 100% to the premium indicated on the web page.  Also you will have 3 months waiting period and if you have serious conditions it may be excluded for a period of 12 months.  To confirm the above, I would suggest you contact the scheme of your choice when you arrive in SA, and request an application form. Send that in for implementation, they will then give you a written underwriting decision, which you can or cannot accept. This letter is then send back to the scheme and they will implement or cancell on your decision in the letter.  Hope the above will help you to make a decision.  Kind regards!

VERLANGHOEKIE

Saterdagaand na 11:00 sit ek en Ronell aan mekaar en epos oor Eva se vraag oor mediese versekering (ja, ons is nie vreeslik gesteld op werksure nie en ons naweke is nie altyd vreeslik opwindend nie).  Tot my verbasing vind ek in die middernagtelike ure uit Ronell is toe in Bethulie vir werk en ook dat sy ʼn kranige fotograaf is.  Sy stuur vir my foto’s van haar reis deur die Karoo en daar jeuk my voete sommer kwaai en my hart trek met ʼn punt na daardie oop ruimtes.  Ons twee wonder toe of julle nie dalk ook nou en dan ʼn verlang-foto met ons wil deel nie – wat is daai een foto wat jou hart met ʼn punt na Suid-Afrika laat verlang?  Daai een toneel wat so Suid-Afrikaans is soos biltong, boerewors en krummelpap?

Hier is ons eerste bydrae – van Ronell met baie groete uit die Karoo!

OORDENKING

Dis amper Kersfees.  Gedagtes aan inkopies, reisplanne, afsluitingsfunksies, al die werk wat nog afgehandel moet word, en en en ... oorweldig ons en ons vra “Waar is die tyd heen? Dit voel nog soos Januarie 2007 en hier is dit al amper weer Kersfees?”  Staan ‘n oomblik stil en onthou:

Johannes 3:16-17:

God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  God het nie Sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

 

Groete tot ons weer ontmoet!

Alana & kollegas
AfriForum
[www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za]