![]() |
KOM HUISTOE-NUUSBRIEF Nommer 46 - Desember 2007 & Januarie 2008 |
Liewe Lesers Hiermee ons mooiste wense vir die Kerstyd.
|
Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ... Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer. Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za. Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse. Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom. Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie. Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering. |
KERSINKOPIES: KAKKERLAK Het jy nog nie besluit wat om vir jou spesiale vriend, ma, pa of ouma te koop vir Kersfees nie? Ideale oplossing: koop ’n stel Kakkerlakke spotgoedkoop! Agt pragtige uitgawes van hierdie volkleurtydskrif het reeds die afgelope drie jaar verskyn. Kry vandag nog jou volledige stel van uitgawes 1 tot 8 @ slegs R160! Let wel: beperkte voorraad van uitgawe 1 wat byna uitverkoop is! Fantastiese Kersgeskenk in Afrikaans! Al wat jy moet doen, is om hierdie vorm in te vul en saam met jou betaalbewys te faks na 0027-86-6892054, of te e-pos aan kakkerlak@mweb.co.za of te pos aan Bus 5033, Horison, 1730. Bankbesonderhede: Kakkerlak uitgewers, ABSA tjekrekening, Horison-tak, takkode: 630-841, rekeningnommer: 406 592 9451. BESTELVORM: Ek__________________________________ (naam en van) Pos dit aan: __________________________________ __________________________________ __________________________________ Meld asseblief ‘n telefoonnommer __________________________________ BAIE BELANGRIK! Meld asseblief die naam van die persoon aan wie die pakkie gepos moet word indien dit nie vir uself is nie.
HERNUWING VAN BESTUURDERSLISENSIES VIR MENSE BUITE SA (Inligting ontvang van Arrive Alive webwerf op 11 Desember 2007) Many visitors to the Arrive Alive Road Safety Website have raised this topic – and we thought it would be best to share the facts!: Applicants should note that a Driving Licence Card cannot be renewed without the applicant applying in person as new fingerprints, photographs, your signature and an eye test need to be submitted. Applicants planning to visit the country are permitted to renew their licences, however, should they not be in the country at the time of delivery, are entitled to nominate a relative or other person to collect the licence on their behalf. Such applicants must follow the procedure and ensure that the Driving Licence Testing Centre (DLTC) is to be notified by the applicant when he/she goes to renew the card, that a person whom they have nominated will collect the licence. It takes approximately six weeks for the Driving Licence Card to be delivered to the DLTC. Applicants can therefore apply for a Temporary Driving Licence and submit this together with their application for a renewal, to enable them to drive, until the card is delivered. Applicants outside the borders of the RSA whose Driving Licence Cards have expired or were lost/stolen and who are not in a position to return to the RSA to have the licence renewed: The RTMC is in a position to issue a confirmation letter should such applicant have a valid licence, this will be established on the National Traffic Information System. The letter will serve as proof that the applicant has a valid licence and this will enable them to convert to a foreign driving licence in the country of current residence. Please note that the confirmation letter cannot be interpreted as a driving licence when produced to a law enforcement official. APPLICANTS REQUIRING CONFIRMATION LETTERS ARE REQUESTED TO INCLUDE THEIR RSA IDENTITY NUMBER AND POSTAL ADDRESS, THE PROVIDED ADDRESS IS WHERE THE CONFIRMATION LETTER WILL BE POSTED, UPON APPLYING FOR A CONFIRMATION LETTER. Information supplied by the ROAD TRAFFIC MANAGEMENT CORPORATION (RTMC), 110 Witch-Hazel Avenue, Highveld Technopark, Centurion.
OORWEEG U `N BEROEP AS `N FINANSIëLE ADVISEUR? Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies is op soek na persone om opgelei te word as finansiële adviseurs. Die suksesvolle kandidaat is:
Vergoeding bedra R6 000 + kommissie per maand. Indien u belangstel, kan u u CV aan Jannie Heymans stuur. WERK BESKIKBAAR Fanie Coetzee verteenwoordig een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika. Hulle is DRINGEND op soek na terreinagente, siviele ingenieurs en ander konstruksiewerkers vir projekte in Gauteng en elders in Suid-Afrika. As jy beskikbaar is, kontak Fanie by 0027-84-2333112 of fanie@oneworldhc.com. VERHUISINGSDIENSTE Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:
Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.
VERLANGHOEKIE Stuur gerus aan ons daardie een foto wat jou hart met ʼn punt na Suid-Afrika laat verlang. Hierdie maand die branders van Mosselbaai
KERSVERHAAL (Baie dankie aan Johann de Jager vir hierdie Kersverhaal!) GOUD, WIEROOK EN `N POLOOD Een Kersfees het Kobus net `n potlood by sy mamma gekry. Hy wou eers begin huil en vra of dit dan al presentjie is wat hy gaan kry, maar toe sien hy sy mamma se oë huil al klaar stilletjies, en hy soen haar en sê dankie. Maar in sy hart was hy steeds ongelukkig. Hy wou `n vliegtuig hê wat op die vloer rondhardloop met liggies wat aan- en afgaan, en wat geraas maak soos masjiengeweervuur. Maar vandat hulle twee alleen bly … Kobus het `n vlieënier geword toe hy groot was. Op `n dag stuur die owerheid hom saam met `n klomp ander vegvlieëniers Korea toe om rêrige oorlog te gaan maak met rêrige masjiengewere en bomme. Maar eendag tref `n lugafweerkoeël sy vliegtuig. Hy spring met `n valskerm uit en land in `n digte woud. `n Geluid agter `n omgevalle boom maak hom skrik, en hy trek sy masjienpistool uit en kruip nader. Toe hoor hy duideliker. Dit is `n kind wat droewig huil. Hy kom nog nader en kry `n baie bang ma wat bo-op haar kind gaan lê toe sy die pistool in Kobus se hand sien. Die kind was duidelik ook baie siek. Kobus het die pistool gebêre en sy laaste bietjie water vir hulle aangebied. Toe die vrou se vrees verdwyn, en sy opstaan, sien Kobus dat sy `n kruisie aan `n kettingkie om haar nek dra. Hy het met sy vinger daarna gewys en gevra: ”Christen – jy?” Sy het net onbegrypend na hom bly kyk. Toe probeer hy weer, en terwyl hy nogeens na die kruisie wys, vra hy ”Jesus – en jy?” Opeens klap sy haar hande en roep bly uit: ”Jesus, ha, Jesus,” terwyl sy aanhou kop knik, met haar vinger na hom wys en haar wenkbroue vraend lig. Daarop kon hy instemmend ja knik, en gerusstellend glimlag. Toe sê sy: ”Kries-mas.” Kobus het skielik onthou dat dit die volgende dag Kersfees is. Die siek kind het met groot donker ogies na hom lê en kyk. Opeens het hy die begeerte gevoel om vir die kind ietsie te gee. Hy het sy sakke begin omdop maar daar was niks – net `n papnat notaboekie en `n stukkie potlood. Skielik het hy aan sy moeder se geskenk jare tevore gedink. Stadig het hy vorentoe gebuk en die stompie potlood in die kind se hand gedruk, terwyl hy prewel: ”Kries-mas vir jou.” Skielik knal daar skote naby. “Hulle soek na my”, dink Kobus; “ek moet hier wegkom.” Hy kyk vinnig na die twee voor hom, trek sy skouers op en hou sy twee leë hande na die kind toe uit. Die dogtertjie se groot oë word sag; sy glimlag opeens, en die vrou neem die stukkie potlood en druk dit aan haar boesem, teen die kruisie vas wat daar hang. Meer kon Kobus nie sien nie, hy moes dadelik vlug – maar dit was nie al rede waarom hy niks meer kon sien nie. Sy oë was, soos sy moeder s’n jare terug, stilletjies aan die huil oor iets meer as net `n potlood.
|
Met warm Kersgroete! |