Kom Huistoe

KOM HUISTOE-NUUSBRIEF

Nommer 50 - Mei 2008

Liewe Lesers

Ons 50ste uitgawe!!  Wie kon dink die nuusbrief sou so 'n ver pad stap.  Baie dankie vir julle ondersteuning deur die jare.  Doen asseblief so voort en lekker lees aan hierdie uitgawe.

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ...  Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

 

IMFO

Ons brosjure met inligting oor Suid-Afrikaanse lewenskoste is pas weer deur kollega Annatjie opgedateer.  Bestel dit gratis deur 'n e-pos met die onderwerp “IMFO” te stuur aan alana@afriforum.co.za.  Dit word per e-pos in MS Word aangestuur en beslaan sowat 18 A4-bladsye.

 

KOSMOS 94.1 SAAI VAN LONDEN AF UIT

Die Namibiese radiostasie Kosmos 94.1 laat weet:

“Ons begin DV einde Mei 2008 met regstreekse radio-uitsendings in Afrikaans van Londen af.  Die uitsendings sal elke aand vanaf 20:00 tot 22:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasvind.  Ons gaan eie omroepers in Londen gebruik, wat ons daagliks vandaar af gaan vermaak oor wat Afrikaanssprekendes daar doen.  Adverteerders is ook welkom.  Die teikenmark is Suid-Afrika, Namibië en die ander buurlande.  Om Kosmos 94.1 te ervaar, kan julle gerus op die radioplatform van DSTV kanaal 176 in Suider-Afrika, of by www.kosmos.com.na na ons luister.  Vriendelike Kosmos 94.1 groete!

 

BLYNET

In April het ons inligting oor Solidariteit se Blynet-veldtog aangestuur, maar op versoek van talle lesers, heg ons die inligting weer aan.  Besoek gerus die Blynet-webwerf (www.blynet.co.za), of teken in op Blynet se gratis nuusbrief.

Opebrief aan almal wat ver is:  Word 'n HelpNetter vir die BlyNetters

Ons neem die vrymoedigheid om aan almal van julle wat vêr is, te skryf.  Al die duisende Suid-Afrikaners wat die afgelope tyd geëmigreer het.  Ons het almal familie, vriende of kennisse in die buiteland.  Ons mis hulle en wens hulle is eerder hier.

Ons besef julle hart lê in Suid-Afrika, maar julle is elders.  Julle is Afrikaans, maar is nie meer van Afrika nie.  Ons besef julle mis julle mense en verlang na hulle.  Julle mis waarskynlik die oop omgewing, die natuur en die klimaat.

Van die redes waarom julle vertrek het, is waarskynlik misdaad, regstellende aksie en twyfel oor die toekoms.  Die redes hoekom julle geëmigreer het, het egter nie saam met julle geëmigreer nie.  Ons beleef daardie redes steeds elke dag.

Sowat 85% van Afrikaners kan nie emigreer nie.  Emigrasie is 'n oplossing vir individue en nie vir 'n gemeenskap nie.  Daardie 80% het nie die finansiële vermoëns of die vaardighede om te emigreer nie.  Duisende is bejaard en moet hulle oudag hier in Suid-Afrika deurbring.  Sowat 430 000 Afrikaners is so arm dat hulle net in informele nedersettings kan bly.  Dan is daar ook talle van ons wat nie wil emigreer nie.  Ons wil graag bly.  Ons wat gaan bly het ’n netwerk van BlyNetters geskep wat sê ons gaan bly en stry.

Ons wil egter ons mense in die buiteland nie as “hulle” sien nie, maar eerder as deel van “ons”.  Ons oproep aan julle is om nie die naelstring met julle mense te knip nie.  Ons sien julle nie as rugdraaiers nie, maar as ’n internasionale netwerk wat ons wat hier bly kan help om 'n toekoms hier te skep.  Ons het 'n miljoen ambassadeurs dwarsoor die wêreld wat wag om gemobiliseer te word.

Ons vra ons ambassadeurs om ons saak dwarsoor die wêreld te stel.  Ons vra julle om in julle lande te vertel van ons stryd teen onbillike vorme van regstellende aksie, die vlakke van misdaad waaronder ons gebuk gaan en die ontkenning van die regte van ons as minderhede.  Vertel ook vir die mense van die talle voorvalle waar transformasie 'n hoër gesag gekry het as die Suid-Afrikaanse grondwet.  Herinner die regerings waar julle bly dat hulle almal druk geplaas het om die huidige demokrasie in Suid-Afrika te vestig.  Hulle het nou ook 'n plig om demokratiese regte in Suid-Afrika in stand te help hou.  Skryf briewe aan koerante in die duisende lande en stede en dorpe waar julle woon. Word vir ons 'n netwerk van ambassadeurs dwarsoor die wêreld.

Help ons om 'n veldtog te voer teen misdaad, help ons om nuwe Afrikaanse armoede te beveg, help ons om jongmense op te lei, help ons om politieke inmenging in sport te beveg, help ons om onbillike regstellende aksie hok te slaan.  Word deel van 'n internasionale HelpNet-netwerk om ons wat hier bly te ondersteun.

Ons wil soveel as moontlik van julle by 'n internasionale netwerk inskakel.  Ons noem die netwerk HelpNet.  Ons sal julle gereeld inlig van hulp wat ons benodig en sal julle voortdurend van belangrike nuus voorsien.  Ons sal ook voertuie skep waardeur julle kan help.

Al is jy vêr, wil ons jou vra om deel van die “ons” te bly en nie 'n “hulle” te word nie.  Ons het jou hulp nodig.  Ons wil deur HelpNet die derduisende Afrikaners in die buiteland mobiliseer sodat emigrasie nie die grootste ramp vir Afrikaners hoef te wees nie, maar 'n internasionale geleentheid.

Besoek ons wat hier gaan bly se webbladsy by www.blynet.co.za en sluit daar by die HelpNet-netwerk aan.

Ons sien daarna uit dat jy deel van ons familie gaan bly!

Die BlyNetters
www.blynet.co.za

GEMEENTE IN DUBAI

Die Dubai Afrikaanse Gemeente hou eredienste by vier bedieningspunte – Jebel Ali, Sharjah, Abu Dhabi en Al Ain.  Lees meer oor hulle werksaamhede by www.dubaigemeente.com.

VERSOEK AAN ALLE CHRISTENE IN DIE BUITELAND

Is jy 'n Christen in die buiteland wat deel is van 'n Afrikaanse kerk, geloofsgroep of op soek is na sodanige kontak?  Laat ons asseblief weet, ons hoor graag van jou!  Ons kontakadres is soos gebruiklik: alana@afriforum.co.za.

 

VRIENDE VAN AFRIKAANS

Vriende van Afrikaans beywer hulle daarvoor om Afrikaans in woon- en werkplekke tot sy reg te laat kom, en die geleidelike afskaling van die gebruik daarvan in die openbare en korporatiewe wêreld aktief teen te werk.  Die Vriende is 'n onverbonde groep mense: nie-polities, nie-seksisties, nie-rassisties en nie-godsdiensvoorskriftelik.  Hulle is nie teen enige taal nie, maar pront, onbeskaamd en onverskonend pro-Afrikaans.  Hulle voer hierdie aksie sonder enige vergoeding.  Lees meer oor hulle werksaamhede by www.vriende.za.net.

Hulle word dikwels deur Afrikaanssprekendes wat tans in die buiteland woon, genader met versoeke om byvoorbeeld hulp met leermateriaal vir kinders.  Die Vriende het besluit om nou inligting op 'n georganiseerde wyse aan die mense te probeer gee en sommer ook alle belangstellendes buite Suid-Afrika by hulle werksaamhede te betrek.  Ons sal graag in ons nuusbriewe op 'n gereelde grondslag inligting oor die Vriende insluit, maar as julle self kontak wil maak, stuur asseblief julle name en kontakbesonderhede aan hulle by vvafr@sun.ac.za.

 

POS BESKIKBAAR

Die volgende pos word aangebied deur Everson Ingenieurshuis (IP Computer Training Centrum, Nijmegen, Nederland):

  • IT spesialis op die gebied van 'n produksie-omgewing. Meer as 'n jaar ervaring met relasionele en historiese databasisse, webtoepassings, SCADA toepassings en MES-stelsels word vereis.  Naas tersiêre tegniese opleiding (byvoorbeeld 'n B Tech-graad) moet jy 'n passie vir industriële outomatisering hê.
  • Werk in Suid-Afrika vir 'n Nederlands opdraggewer.
  • Reise na Nederland moontlik.

Navrae kan gaan aan Ludwig Everson by 0031-24-358-6434 of everson@lycos.nl.

 

DIE AANKOOP VAN 'n HUIS IN SUID-AFRIKA

Fanus Jonck het weer vir ons advies oor die aankoop van eiendom in Suid-Afrika gestuur.  Terloops, tans is die mark baie stil, dus is dit dalk juis die tyd om so 'n kopie te oorweeg:

Numerous property buyers have asked me the question “In which entity should I buy a house, flat or holiday home”?   Each person’s circumstances differ and it is not a straightforward answer.  What is preferable from a legal perspective, may not necessarily yield the best result from a tax perspective.

If it is a person’s primary residence, then it is nearly always better to buy the property in a person’s own name.  The reason is that the primary capital gains tax exclusion is R1,5 million.  This is only applicable to individuals and for South African tax residents.  (Remember a non-resident becomes a SA tax resident as soon as his intention is to make South Africa his primary home, or if he spends a certain amount of time in SA).  For non-residents my advice is usually if a couple buys, to put it in the names of both, especially if they do not earn any South African sourced income.  The benefit is here that both will have the advantage of the annual capital gains tax exclusion of R15 000 and not be taxed for income tax purposes on the first R43 000.  Example: If a couple with no other South African income makes a capital gain of R374 000, they will not have to pay tax at all.  Each receives a capital gain of R187 000 (50%), the first R15 000 is exempt and only 25% of the balance (R172 000) is taxable.  A total of 25% of R172 000 is R43 000, and fortunately the income tax exemption is R43 000.  The exemption (R69 000) is more for people that are 65 years and older.

If a person is buying a second property, then it might be the best to buy it in a trust, especially if the purpose is to buy it with a long-term objective.  This could have various benefits, for example security against creditors, spreading the rental income and capital gains to various beneficiaries, pegging the value for estate duty purposes, etc.

Non-residents buying property in South Africa should remember that it is advisable to have a separate will in South Africa for their South African assets.

Property buyers should preferably not buy a house or a flat in a company’s name, except if they want to do property development.  Numerous people have made the wrong choice to buy their house by buying the shares in a company or close corporation that owns a house.  The administrative costs each year could be substantial.  If you did buy your house in such an entity, then you must try and sell your shares, rather than the entity selling the house.  This way you could save a substantial amount in capital gains tax (the capital gains tax rate for companies is higher than for individuals)!

It is important for taxpayers contemplating property transactions to obtain proper tax advice to ensure that their obligations are met and their overall tax burden is minimized.  You are welcome to contact Fanus Jonck (tax@jonck.net) regarding your tax queries at 0027-21-9134164.

Fanus Jonck (B.Compt Hons, B.Proc, H Dip Tax) is 'n belastingadviseur wat tans in Kaapstad woon.

 

WERK!

Fanie Coetzee wat een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika verteenwoordig, is steeds op soek na senior mense in die konstruksie- en ingenieursbedrywe.  Hy sê verder:  “Enigiemand wat werk soek, kan my kontak.  Ek ken 'n paar mense in die werwingsomgewing en kan altyd probeer om ander mense te help om werk te kry.  Dit is tog waaroor alles gaan.  Dus, indien daar ander mense buite die konstruksie-omgewing is wat ook werk soek, kan hulle my kontak.  Ek sal hulle CV's aan ander werwingsmaatskappye gee en probeer help.”  Fanie se e-posadres is fanie@oneworldhc.com.

 

OORWEEG 'N BEROEP AS FINANSIËLE ADVISEUR

Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies is op soek na persone om opgelei te word as finansiële adviseurs.  Die suksesvolle kandidaat is:

  • 'n Hoogs energieke persoon;
  • 23 jaar en ouer;
  • Besit Graad 12 of 'n hoër kwalifikasie;
  • Beskik oor eie vervoer en woon in Pretoria omgewing;
  • Is rekenaarvaardig en kan onafhanklik werk.

Vergoeding bedra R6 000 + kommissie per maand.

Indien u belangstel, kan u 'n CV soos volg aan Jannie Heymans besorg:
Per hand: Jannie Heymans, Ou Mutual Hatfieldtak, Pencardia 1 Tweede vloer, Pretoriusstraat 509, Arcadia.
Per pos: JG Heymans, Ou Mutual Hatfieldtak, Posbus 5, Pretoria, 0001.
Per faks: Vir aandag : Jannie Heymans, 0866317344.
Per epos: jheymans@oldmutual.com.

 

PROFESSIONELE HULP MET AANPASSING NA EMIGRASIE

Adriaan du Plessis het verlede jaar hierdie wonderlike aanbod uit Australië gestuur:

I am a psychologist in Australia, previously from SA.  I wrote a little booklet on how to cope with immigration.  You can forward the booklet electronically to interested parties free of charge.  There might be some useful strategies in there to help them cope.

Almal wat die boekie elektronies wil ontvang, kan 'n e-pos aan ons stuur by alana@afriforum.co.za met die onderwerp BOEKIE.  Ons beklemtoon graag weer dat dit gratis is.  Adriaan sê hy is te besig om self met mense te skakel, maar die boekie behoort hulle te kan help.  Baie, baie dankie Adriaan!

 

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.

 

TROTS SUID-AFRIKAANS!

Daar is deesdae skynbaar 'n klomp slegte nuus oor Suid-Afrika.  Soms moet ons darem ook bietjie lag vir onsself en ons land!  Carla van der Spuy het spesiaal vir ons 50ste nuusbrief hierdie bydrae gestuur.  Dit is 'n aflewering van haar kolom “How about that” uit Gateway-tydskrif:

Proudly South-African!

The moment I arrived at Oliver Tambo Airport, after a visit overseas, I knew I was back in South Africa. I had been visiting my daughter in the Netherlands, who is working as an au pair for a year.
At first sight the modern airport is not really different from any other international airport in the world; that is until you try and do something perfectly normal, like collecting your luggage.  I waited 90 minutes.
With the prophetic remark of a Kulula pilot a few years ago after landing in Johannesburg from a flight from Cape Town, enthusiastically welcoming us in “Gangsters Paradise” still ringing in my ears, I started to wonder whether miracles still happen. Will my luggage appear? Will I be pleasantly surprised and actually be so privileged to pick up my own possessions? Will something as basic as getting my suitcase actually make my day?
I did everything possible to let my luggage “stand out.” Red ribbons around the suitcase handles and neon pink stickers on the red fabric. It looked a bit ridiculous – almost like a cheap Christmas tree, but what the heck, if you live and survive in South Africa you sometimes have to be creative and sacrifice your image.
In fact, when I arrived on Schiphol Airport my daughter told me she could identify the South African visitors by their piles of bubble wrapped luggage! Other citizens of the world are not that paranoid, she remarked.
Back home in the luggage entrance hall in Johannesburg however, the passengers waited and waited and waited.
It is not as if we are not used to Africa time, but having spent some time in Holland where the clock and competence reigns and where the Dutch are regarded to be more German than the Germans themselves, this immediately made me feel, well, … at home again.
Hot under the collar, a young man eventually approached an airport official for an explanation.
The formal excuse – something went wrong with some luggage support system – some technical problem - buzzword of the millennium.
The informal (and more cynical) excuse - being a week before Christmas our fellow countrymen were probably indulging in Christmas and/or affirmative shopping.
Eventually half of the luggage arrived unopened.
Yes, we were back in sunny South-Africa.
When we braved the way back to Harties and at least three taxis ignored the red robots, I once again knew I was home.
The conversation with Romano (my husband) describing various break-ins and robberies in a small area within 24 hours, let me realize that I was 10 000 kilometres away from a country where the worst possible thing that can happen, is that the train is a few minutes late and the occasional theft of a bicycle is front page news.
The next morning when I went to Spar to do grocery shopping, I suddenly noticed something that has always been there - all the South African men with their “boeppense.”
Besides complaining, eating has always been our national pastime.
I found the Dutch however, to be particularly slim. They walk and cycle for hours on end and are disciplined eaters to say the least. Grown men are perfectly happy with a breakfast consisting of a chocolate spread sandwich in stead of half a metre of boerewors, and piles of bacon and eggs for starters.
I really knew that I was back when on my first morning at home, before daylight I was woken with Romano’s cell phone ringing.
A loud and animated conversation followed, mostly about crime. I was still suffering from jet lag and sleep deprivation.
“Who was it?” I asked him.
“Koos van der Merwe”.
“Really?”
More than ever I knew I was back. Boots and all.
In Holland, visits to friends are sometimes organized months ahead of time.  Dropping by unannounced is just not done. At the homes of some relatives where we stayed, although showered with hospitality, we were even handed out strict military regime-like shower programmes, not to be changed under any circumstances.
When we organized a braai for four people a few days after my return, and within hours the number of guests had spontaneously escalated to 10 without anybody making a fuss about it, I realized that this could only be home sweet home.
Suddenly I felt proudly South African!

 

VERLANGHOEKIE

Groete van Oom Paul op Kerkplein, Pretoria!  Dankie aan Philip van Zyl vir die vroegoggend foto.

 

VREEMDE HORISONNE

In aansluiting by ons SA-verlanghoekie, het ons in die vorige nuusbrief gevra dat julle vertellinge en foto's van die besondere plekke waar julle op aarde is, moet aanstuur.  Lou Pistorius (tans in Nederland) het dadelik gereageer met hierdie foto van "'n Skattebol in Noorweë"!

 

OORDENKING

Vandeesmaand se Oordenking is afkomstig van dominee Naas Ferreira.  Om in te teken op sy oordenkings, kan julle besoek aflê by www.ouderling.blogspot.com.  Baie dankie dominee Naas!

God se werk en my gerief

[Bybelgedeelte: Jeremia 36 en 45]

Hy was heeltemal tevrede met sy lewe en het die rustigheid beleef om so van die kant af te sien wat die profeet Jeremia doen.  Wel betrokke by die saak van die Here, maar so op 'n afstand.  Ek praat nou van Baruk - die sekretaris van Jeremia (Jeremia 45).  Maar sy lewe het oornag heeltemal verander (vir die storie agter die storie moet jy Jeremia 36 gaan lees).

Baruk die sekretaris het Baruk die prediker geword.  En sy lewenskrisis het begin.  Sy lewe het ook nou (soos die lewe van die profeet Jeremia) vol ongemak en drama geword.  Ook hy moet nou vir sy lewe vlug.  En hy kla steen en been (sien vers 3).  Hoe kan die Here hom nou uit sy gemaklike bestaan losruk en hom ook nou in die spervuur van die bediening ingooi?  Hy (Baruk) sou verkies dat God dit nie doen nie.  Klink dit bekend?  Om 'n hoofpawiljoen-sitplek (losie?) in die koninkryk te hê en so op 'n afstand waar te neem wat God besig is om te doen.  Gemaklik ... naby.

Die Here stuur spesiaal vir Baruk 'n boodskap deur Jeremia.  Is Baruk regtig bewus waarmee God besig is?  God maak as't ware Sy hart oop vir Baruk.  Hy is besig om dit wat vir Hom die kosbaarste is (Sy uitverkore volk) op te offer.  God is besig om die hele wêreld vir Sy finale oordeel gereed te maak.  Kan jy insien hoe "ongerieflik" dit vir God is?  En Baruk kla oor homself?  Dit kan mos nie!  Hoe kan die gerief van my eie aardse lewe belangriker wees as God se werksaamheid in hierdie wêreld?  Hoe kan ek die Here vra om met Sy dinge aan te gaan en my maar net gerieflik - uit te los.  As die Here jou vanaf die pawiljoen roep om op die veld te verskyn - kan jy weier?  Wat is jou verskoning?

Is ons regtig bewus van die erns van die tyd waarin ons lewe?  Is ons regtig bewus van wat God besig is om te doen?  By die kruis van Golgota maak God Sy hart oop om vir ons te wys hoe ernstig Hy betrokke is in hierdie sondewêreld.  En wat nou van my?  In die koninkryk van God is daar nie pawiljoen-sitplekke vir Sy kinders nie - die kerk van Jesus Christus is ook nie 'n losie op die hoofpawiljoen nie.  God se kinders is op die veld.

Miskien lyk die telling op die telbord nie te waffers nie - en miskien is ons reputasie van die afgelope tyd maar effens flou (of moet ek sê blou).  Hou vas aan God se belofte (sien vers 5b) en meld op die veld aan.  Jy is een van God se impakspelers wat juis nou 'n verskil moet maak.

 

Seënwense tot volgende keer!

Alana & kollegas
AfriForum

[www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za]