![]() |
||||||||||||||||||||||||||
|
KOM HUISTOE-NUUSBRIEF Nommer 51 - Junie 2008 |
||||||||||||||||||||||||||
Liewe Lesers Groete uit 'n koel Pretoria! Dankie vir al die positiewe reaksie op ons vorige nuusbrief. |
||||||||||||||||||||||||||
|
Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ... Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer. Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za. Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse. Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom. Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie. Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering. |
||||||||||||||||||||||||||
|
TERUGVOER OP VERSOEKE Baie dankie aan almal wat terugvoer gee op versoeke wat ons van tyd tot tyd stuur. Net een versoek asseblief – as julle antwoord op 'n versoek, maak seker waarheen julle die antwoord stuur asseblief? Soms “reply” almal sommer net en dan gaan die korrespondensie oor sake wat niks met ons te make het nie. Onthou, ons stuur ook soms versoeke namens ander mense en organisasies – hierdie afgelope maand byvoorbeeld namens Solidariteit se Helpende Hand Fonds en Tommy du Plessis – en as julle vinnig terugvoer wil gee of kry, is die beste plan van aksie om direk met hulle kontak te maak asseblief.
WÊRELD SE KLEINSTE TAALMUSEUM IN PYPLYN Die wêreld se kleinste Taalmuseum word by die Huis vir Afrikaanse Poësie (hAp) in Capital Park, Pretoria beplan. hAp bestaan reeds sedert 2002 en het sy ontstaan gehad uit poësie voorlesings wat maandeliks in die voortuin plaasgevind het, maar dié baba het heelwat groter geword. In 2005 is die Boekerij geopen wat 'n Letterkundige naslaanafdeling vir Afrikaans en Nederlands bevat, sowel as 'n afdeling waar boeke gekoop kan word. Op die Poësieroete in die bostuin kan jy weer van ons groot digters ontmoet. Die hAp kunsgalery bied altyd iets vir die kunsliefhebber. Woordkunstenaars ontmoet reeds die afgelope 5 jaar elke Saterdag by hAp om aan hulle skryfwerk en gedigte te skaaf, deur woord en klank meegevoer te word en ander skrywers te ontmoet. hAp bied ook vanaf Mei twee kursusse oor die Afrikaanse Digkuns aan. Met die byvoeging van 'n Taalmuseum beloof hAp om voorwaar 'n uitsonderlike taalhawe vir ieder en elk te wees. 'n Ware Afrikataal wat wag om ontdek te word. Met 'n mengelmoes van invloede deur Hollands, Maleis, Khoi, Frans, Portugees en ander inheemse tale het Afrikaans ontwikkel en gegroei tot die hartsuitdrukking van miljoene mense – elkeen so uiteenlopend soos hierdie unieke wêreldtaal, maar almal gebind deur 'n gemeenskaplike klank. Die Taalmuseum Pretoria sal besoekers op 'n reis neem na die ontspring van Afrikaans, padlangs verby Namakwa-Afrikaans, Bo-Kaap Afrikaans, Oranjerivier-Afrikaans en haar vele ander tonge. En dan kronkel die taal met 'n diaspora oor die groot blou water na Aussie-Afrikaans. Maar haar klanke keer telkemale terug na Afrikabodem – 'n plek wat haar altyd met trots sal ken oor stofpaadjies, berg en seelangs – haar grondgebied en hartland. Die beplande Taalmuseum by hAp sal nie net die wêreld se kleinste en enigste privaat Taalmuseum wees nie, maar ook die wêreld se tweede Taalmuseum. Die Afrikaanse Taalmuseum in Paarl is natuurlik die enigste ander Taalmuseum in die wêreld. Welgedaan Afrikaans!!! Persone of instansies wat graag items van belang in die Afrikaanse geskiedenis vir die hAp Taalmuseum wil skenk of betrokke wil raak by die vestiging van die museum kan Charl Pretorius by 076 842 9212 kontak of besoek hulle webblad by www.hap.co.za. hAp is by Venterstraat 116, Capital Park, Pretoria. Pak jou woordtas en kom reis saam met Afrikaans!
NOODBEROEP VIR HULP MET NUWE WIT ARMOEDE IN SUID-AFRIKA
Die tweede manier waarop jy betrokke kan raak, is om as 'n Solidariteit Helpende Hand-skakelpersoon in jou dorp of stad op te tree. Jy kan ons help om mense te werf om betrokke te wees. As jy 'n skakelpersoon wil wees, stuur 'n e-pos aan helpendehand@solidariteit.co.za. Die derde manier waarop jy kan help is om hierdie boodskap na elke Suid-Afrikaner in die buiteland wat op jou adreslys is, te stuur. Nogmaals dankie, ons het jou hulp nou meer as ooit tevore nodig. Groete NOODHULP Weet jy wat “CPR” is en hoe om dit toe te pas? Jy mag dalk net die kennis benodig om ‘n lewe te red. Inligting hieroor is nou beskikbaar op die Arrive Alive-webwerf; ook per selfoon beskikbaar by ArriveAlive.mobi. TERUGBRING VAN ELEKTRIESE APPARAAT UIT DIE VSA NA SA Ons ontvang dikwels vrae oor watter huishoudelike apparaat wat in die VSA gemaak of gekoop is, na Suid-Afrika gebring kan word. Een van ons baie getroue medewerkers wat self onlangs uit die VSA na Suid-Afrika gekom het en boonop 'n kenner op die gebied van elektrisiteit, is Ken Cram. Hy skryf: General information: The most basic thing to recognize is that the US runs on 110 volts and SA runs on 220 volts. Unless your US item SPECIFICALLY states that it is capable of running on 220 volts, IT WILL NOT WORK in SA. It is extremely dangerous to plug something meant to run on 110 volts into 220 volts. At the very least the item will self-destruct in less than one second and be a total loss. At worst, there can be a fire, explosion and/or you can die from the resulting short circuits and overloads. You CANNOT just use an adaptor plug to make the 110 volts US plug fit into a 220 volts SA plug. To repeat, this is extremely dangerous unless the item specifically says it can run on 220 volts and the vast majority of things sold in the US cannot run on 220 volts. Be very careful with this. OK, end of the general warning. Small appliances: This category is deceptive because most people would put an item like a hair dryer into this category. Most hair dryers are anywhere from 800 to 1 500 watts. This is generally beyond the capabilities of the typical Radio Shack type converter one buys for $15 to $20 in the US. I apologize if this gets a bit technical but you MUST know how many watts the particular small appliance will draw and whatever converter you buy, such as the Radio Shack type units mentioned above, must have sufficient watts handling capability for that device. This is a workable, but in the long run very inconvenient way to do it. We have a couple of small appliances left from the US (a set of hair clippers and a small coffee grinder) and it is rather a hassle to have to find the power converter every time we want to use them. In addition, this type of adaptor generally uses the SA 2 pin type plug and don’t fit the “new” style 2 pin SA plugs very well. All in all, this can be done but not a very convenient solution. Electronics, TVs, PCs, Hi-Fi equipment: Again, first thing to check is if it can run on 220 volts. If so, then all you need is an adaptor to get it to fit the SA 220v plugs. If not, then you will need something other than the Radio Shack type converter. Electronics are much more sensitive to the “quality” of the electricity coming in than small appliances or motors. You can damage or destroy the sensitive electronic components in a TV, PC or Hi-Fi even if you have a 220 volts converter. The recent load shedding in SA has damaged and/or burnt out many TVs, PCs, and other electronic equipment due to the surges and discontinuities. This will be exacerbated if one is trying to convert 220 volts to 110 volts through one of these cheap devices. The only safe way to do it is to buy a 220 volts to 110 volts transformer once you arrive in SA. You will need to find a specialty electronics place that will make one up for you. We paid about R1 000 for a 1 000w transformer with 2 x 110 volts outputs. We use it exclusively for our big screen TV we brought from the US and we always unplug the TV from the transformer (not just turn it off, but physically remove the plug) whenever we turn the TV off. I cannot emphasize strongly enough that electronic equipment is very sensitive and can easily be damaged or even destroyed, even if converted to 110 volts. Again, it can be done (we are doing it) but the risk of damaging or destroying the equipment is high. TV signal: A US TV WILL NOT RECEIVE the signal in SA. The US uses a TV signal called NTSC and SA uses one called PAL. They are NOT compatible. The only way to get a US (NTSC) TV to work in SA (PAL) is to buy an NTSC to PAL converter. Some higher end DVD players will have a PAL/NTSC converter built in. If so, you may be able to run the incoming signal from your antenna or DSTV box through the DVD player to get the conversion. If not, you will need to buy a separate PAL to NTSC converter (there are numerous online shops that sell these converters). We do not have broadcast TV, DSTV or MWeb, so this is not a problem for us. We only use our TV to watch DVDs. Same issue as above on both the DVD player and a converter with respect to the 220 volts versus 110 volts power supply issues. It can get a bit confusing to remember what is powered by what if you start mixing 220 volts components with 110 volts components. The other issue with DVDs is that there are 5 different “regions” of DVDs in the world. The US is in Region 1 and SA is in Region 2. Just as with the NTSC/PAL issue, a Region 1 DVD will not play on a Region 2 player and vice versa. Now, many DVD players are made for world wide sale and have all the necessary software built in to play DVDs of all regions, but the manufacturers “lock out” all but the region in which the player is sold. For many of these players you can find the code to “crack” the software on the internet and unlock them so they will play all regions. Note this is not true for all DVD players so any given DVD player in the US may or may not be able to be “cracked” to work in SA. If all this sounds confusing, it is …. It would be nice if it were easy and the whole world worked on the same electricity and everything worked everywhere and there was only one DVD region and, and, and …, but unfortunately it doesn’t work that way and it can be a bit daunting to get something from the US to work properly in SA. I don’t profess to be an electronics expert, but from trial and error and burning out a few expensive electronic components when we moved here, I have gained a bit of practical knowledge. Hope this helps – Ken. Dankie Ken!
VERHUISINGSDIENSTE Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:
Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.
MUSIEKTOER NA NEDERLAND EN BELGIË Jannie du Toit stuur die lekker inligting oor 'n toer wat hy, Christa Steyn en drie jong Afrikaanse kunstenaars na Nederland en België beplan. As daar nie 'n opvoering naby jou is nie, kan jy ook een reël! Daar is nog plek op die program - Jannie hoor graag van jou by agterplaas@icon.co.za.
NAVORSING DEUR DR ATTIE SNYMAN Dr. Attie Snyman doen navorsing oor emigrasie met die oog op die publikasie van 'n boek of maak van 'n dokumentêre film. Hy vra: Ek wil graag soveel moontlik en in detail van ons mense se persoonlike ervarings en belewenisse (goed en sleg) in die vreemde hoor. Dit is veral belangrik dat hulle vir my moet skryf oor hulle aanpassings-ervaring in die vreemde: behuising, skole, kerk, werksomstandighede, aanvaarding ensovoorts. Ek wil graag weet hoe en op watter manier hulle aangepas het (op 'n praktiese manier), maar ook t.o.v. die emosionele en sielkundige aspekte rondom aanpassing. Wat moet 'n mens spesifiek doen om aan te pas? Dan wil ek ook graag hoor van diegene wat dit moeilik vind om aan te pas. Waarom? Dit gaan seker nie alleen oor die verlange terug SA toe, of die reuk van Afrika, braaivleis, of familie nie. Dan moet hulle sommer goeie raad gee vir diegene wat dit moeilik vind om aan te pas. Verder wil ek van diegene hoor wat teruggekeer het SA toe en weer gelukkig is hier. Ek glo aanpassing in verskillende lande verskil van mekaar omdat die omgewing en mense verskillend is. My ondervinding is dat die mense in Amerika van mekaar verskil. Die New Yorkers is totaal anders as die mense in Texas, veral op die platteland. Die "Texans" is baie soos ons. Ek sal ook graag by ons mense in die buiteland wil weet waarom hulle wou emigreer. 'n Mens hoor gewoonlik (en volgens opnames) dat die redes hoofsaaklik misdaad, beter werksgeleenthede, werkloosheid, transformasie en regstellende aksie is. Ek glo daar bestaan ook ander onderliggende redes. Alle korrespondensie moet asseblief gaan aan dr. Attie Snyman, assnyman@absamail.co.za of 0027-82-4509347.
KERKE IN DIE BUITELAND Dankie aan Gina Hendricks wat aan ons meer inligting gestuur het oor die Afrikaanse Kerk in Nieu-Seeland! Asseblief, mense van ander kerke en gemeentes en selgroepe op enige plek op aarde, laat weet ons van julle aktiwiteite? Gina skryf: Ek dink julle weet reeds van die Afrikaanse Kerk in New Zealand, maar ek het tog gedink om maar die inligting te laat weet ter wille van die volledigheid van julle inligting. Die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand bestaan reeds uit 7 gemeentes oor die hele land, naamlik: Auckland Al die kontakbesonderhede verskyn op die webblaaie. Ek hoop dit sal van waarde wees, want ons ervaring is dat die Afrikaanse Kerk vir immigrante 'n stukkie bekendheid gee en ook die geestelike anker kan versterk wanneer mense baie ontwrig is en hul fondamente geskud is. Vriendelike groete - Gina Hendricks Dankie, Gina!
BELASTINGINLIGTING Kontak gerus vir:
POSTE BESKIKBAAR
VERLANGHOEKIE Wie kan raai in watter landstreek hierdie foto geneem is? Die persoon wat reg raai (of die naaste aan reg is), ontvang 'n skryfbehoeftepakkie uit Suid-Afrika!
VREEMDE HORISONNE Hiermee 'n foto uit Mongolië van Andy.
OORDENKING Vandeesmaand se Oordenking is weer afkomstig van dominee Naas Ferreira. Om in te teken op sy oordenkings, kan julle besoek aflê by www.ouderling.blogspot.com. Baie dankie dominee Naas! Waar is jou God nou? In die lig van al die drama en krisisse van ons leefwêreld is daar baie mense wat vra: Waar is God? Hoe kan daar 'n God wees as al hierdie dinge (blaai maar net 'n bietjie deur vandag se koerant) in die wêreld gebeur? 'n God van liefde sal dit mos nie toelaat nie? Het u 'n antwoord op hierdie vraag? Natuurlik moet dit 'n antwoord wees waarin jy self van harte glo - ook as jy by die sterfbed van 'n tweejarige kankerpasiënt staan; of daar waar iemand amper beskuldiging 'n koerantberig in jou gesig druk van die grumoord van 'n familielid. Toe sê my: waar is die God waarin jy glo? Die gebrokenheid in hierdie wêreld is nie God se skuld nie. Dit wat stukkend en grusaam en hartseer is, is die direkte gevolg van die mens se sondes. Dieselfde sonde van die Paradys wat vandag nog steeds in hierdie wêreld 'n menslike keuse en 'n hartverskeurende werklikheid is. Mens, moenie kla nie, want ek en jy is self verantwoordelik vir die gebrokenheid van hierdie wêreld. En God dan? Waar is Hy? Kan Hy nie iets hieraan doen nie? Is daar ooit 'n God? Ja, daar is 'n God ... en Hy het reeds iets gedoen. Weet jy waar sien 'n mens die God van liefde die duidelikste raak? Daar by die kruis van Golgota waar Hy Sy eie "hart" aan die kruis oopgeskeur het (lees gerus Johannes 3: 16). Daar by die kruis het Sy eie Seun Jesus Christus die skuld vir my sondes gedra. Die kruis vertel ons van God wat nie wegkyk nie, maar Homself met die sondaarmens en sy nood identifiseer. Soos in die Paradys roep God vandag nog steeds - Waar is jy? Watter verandering het die kruisdood van Jesus Christus dan gebring? Die wêreld is dan steeds dieselfde. Ja, alles lyk nog dieselfde, maar daar het 'n baie belangrike verandering gekom. God laat nie 'n klomp sondaars toe om weer in die Paradys in te gaan nie - Hy het juis die eerste mense na die sondeval daar uitgestuur en die ingang bewaak (Genesis 3: 24). Hy is egter reeds besig om nuwe mense te maak. Waar gebeur dit? Binne-in hierdie stukkende wêreld maak Hy nuwe mense vir wie Jesus (wat opgevaar het na die hemel) besig is om 'n plek gereed te maak. Die doodsmoment (loslating van hierdie wêreld) mag dalk grusaam en hartseer wees (van hierdie kant gesien), maar die tuiskoms by die Here (van die ander kant gesien) is heerlik en kosbaar. Sy nuwe mense word deur die dood heen na Hom geneem. Hierdie perspektief vra natuurlik GELOOF. Glo jy dat God steeds werksaam is ... selfs in die midde van 'n grusame en hartseer werklikheid?
|
||||||||||||||||||||||||||
|
Seënwense tot volgende keer! Alana & kollegas |