Kom Huistoe

KOM HUISTOE-NUUSBRIEF

Nommer 52 - Julie 2008

Liewe Lesers

Welkom by die 52ste weergawe van die Kom Huistoe-Nuusbrief!

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ...  Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

NUUS OOR AFRIKAANS


Wellington, 24 Mei 2008

ʼn Historiese oomblik vir Afrikaans het op 24 Mei 2008 waar geword met die stigting van die Afrikaanse Taalraad (ATR) op Wellington in die historiese Goodnowsaal.  Na ʼn lang proses wat op 13 September 2003 begin het, het die breë Afrikaanse taalgemeenskap die voorgestelde Grondwet eenparig aanvaar.  Die stigting is met groot toejuiging begroet!  Die byeenkoms is deur meer as 40 organisasies bygewoon – die grotes, die kleineres, van die Noorde tot die Suide.  Die organisasies is verteenwoordig deur ongeveer 100 beraadgangers wat meer as 500 000 mense verteenwoordig.

Hierdie liggaam het ten doel om ʼn koördinerende en netwerkskeppende liggaam vir Afrikaans te wees.  Die ATR beplan nie om die werk van ander organisasies oor te neem nie, maar om deur hierdie rol, die krag en doelstellings van alle lede-organisasies los te maak en te benut.

Die eerste Bestuur van die ATR bestaan uit prof. Wannie Carstens (NWU en lid van die NTLA) as voorsitter; dr. Michael le Cordeur (Voorsitter Wes-Kaapse Taalkomitee) as ondervoorsitter; prof. Jacques van der Elst (SA Akademie) wat die sekretariaat gaan behartig; dr. Danny Titus (Uitvoerende Hoof: ATKV) as fondsbestuurder; en lede: mej. Alana Bailey (AfriForum); mnr. Hennie de Wet (Solidariteit en Erfenisstigting); prof. Francois Bredenkamp (FAK); dr. Gerrit Brand (i-MAG); dr. Louise Combrink (Vriende van Afrikaans, Erfenisstigting); me Ria Olivier (NTLA); dr. Karel Prinsloo (outeur van die taaloudit; Gryskrag); drs. Hendrick Theys (Trustee, SBA); dr. Piérre Theron (Afrikanerbond); en mnr. Christo van der Rheede (SBA).

-----

Ons herinner ook weer vir lesers dat Vriende van Afrikaans graag van Afrikaanssprekendes in die buiteland wil hoor.  Vriende van Afrikaans se lede beywer hulle daarvoor om Afrikaans in woon- en werkplekke tot sy reg te laat kom, en die geleidelike afskaling van die gebruik van Afrikaans in die openbare en korporatiewe wêreld aktief teen te werk.  Die Vriende is ʼn onverbonde groep mense: nie-polities, nie-seksisties, nie-rassisties en nie-godsdiensvoorskriftelik.  Hulle is nie teen enige taal nie, maar pront, onbeskaamd en onverskonend pro-Afrikaans.  Hulle voer hierdie aksie sonder enige vergoeding.  Lees meer oor hulle werksaamhede by www.vriende.za.net of stuur julle name en kontakbesonderhede aan hulle by vvafr@sun.ac.za.

 

KAKKERLAK – SPESIALE AANBOD AAN LESERS

Hiermee ʼn lekker aanbod van die tydskrif Kakkerlak.  Al is julle ver, ken julle dalk iemand wat sal belangstel ... versprei gerus so wyd as moontlik.  Kakkerlak is ook ʼn lekker geskenk.


Verkoop Kakkerlak en wen 2 nagte vir 6 mense op die
Fleur de Lys-landgoed!

Die vorige uitgawes van Kakkerlak (1 tot 8) is nog teen ’n spesiale prys van R160 per pakkie (posgeld uitgesluit – vir inligting kontak kakkerlak@mweb.co.za) beskikbaar.  Maak asseblief van die ingeslote bestelvorm gebruik indien u belangstel om vriende en familie met hierdie waardevolle geskenk te verras.  Help ons om op hierdie wyse Kakkerlak te bemark en sy verspreiding in u vriendekring en by u kerke en skole uit te brei.  Die persoon wat teen die einde van Julie 2008 die meeste pakkies verkoop het, kan TWEE nagte vir SES persone wen op die pragtige Fleur de Lys-landgoed in die Hoedspruit-omgewing - webtuiste: www.fleurdelys.co.zaDaar is ook ’n geskenkpak van 3 bottels wyn elk te wen vir die twee naaswenners.  Die wyn, afgerond met ʼn spesiale Kakkerlak-plakker, met die gesig van generaal De la Rey daarop, is afkomstig van die De Compagnie-wynplaas in Wellington, waarvan skrywer Riana Scheepers mede-eienaar is.  Meer besonderhede en visuele materiaal sal binnekort op Kakkerlak se webwerf, www.kakkerlak.co.za, verskyn!

BESTELVORM
Ek, ___________________ (naam en van)
bestel graag ________________________(getal) Kakkerlak-pakkie(s) @ R160 per pakkie (posgeld uitgesluit – vir inligting kontak kakkerlak@mweb.co.za)


OF ________________ los uitgawe(s) van nr(s).______________ @ R20 per eksemplaar.
My telefoonnommer(s) is: ____________________

Bedrae sluit posgeld in.
Inbetalings: Kakkerlak uitgewers, ABSA, Horison-tak, takkode 630-841, tjekrekening: 406 592 9451.

Faks hierdie bestelvorm saam met u betaalbewys na 086 689 2054 of stuur dit per e-pos na kakkerlak@mweb.co.za of pos dit aan Kakkerlak-bestelling, Posbus 5033, Horison, 1730.

Pos dié pakkies asseblief na die volgende adres:
*_________________________________________________________________________
(naam en posadres van persoon aan wie dit gepos moet word)
__________________________________________________________________________
* Indien hierdie bestelling NIE vir uself is nie, meld asseblief die naam van die persoon aan wie dit gepos moet word in die gegewe spasie by die *

Dankie vir u ondersteuning! Geniet Kakkerlak!

 

VERSOEK AAN ALLE CHRISTENE IN DIE BUITELAND

Is jy ʼn Christen in die buiteland wat deel is van ʼn Afrikaanse kerk, geloofsgroep of op soek is na sodanige kontak?  Laat ons asseblief weet, ons hoor graag van jou!  Ons kontakadres is soos gebruiklik: alana@afriforum.co.za.

Ds. Oppies Opperman het in Junie 2007 in Kaboel, Afganistan begin werk waar hy onder meer Vrydae (die heilige dag in Moslemlande) eredienste aanbied.  Tans versprei hy ook e-pos dagstukkies aan 117 mense in Afganistan, Nigerië, Italië en elders.  Sy adres is 32oppies@gmail.com.

 

POSTE BESKIKBAAR

  • Daar is talle poste by Express Personnel Services beskikbaar vir myners; passers; takelaars; elektrisiëns; ketelmakers; siviele ingenieurs; en instrumentasie tegnici.  Alle werksoekers kan hulle CV's faks na 0027-86-6588482.
  • Fanie Coetzee wat een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika verteenwoordig, is steeds op soek na senior mense in die konstruksie- en ingenieursbedrywe.  Hy sê verder:  “Enigiemand wat werk soek, kan my kontak.  Ek ken ʼn paar mense in die werwingsomgewing en kan altyd probeer om ander mense te help om werk te kry.  Dit is tog waaroor alles gaan.  Dus, indien daar ander mense buite die konstruksie-omgewing is wat ook werk soek, kan hulle my kontak.  Ek sal hulle CV's aan ander werwingsmaatskappye gee en probeer help.”  Fanie se e-posadres is fanie@oneworldhc.com.
  • Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies is op soek na persone om opgelei te word as finansiële adviseurs.  Indien u belangstel, kan u ʼn CV aan Jannie Heymans besorg by jheymans@oldmutual.com.
  • Vir inligting oor onderwysposte, kontak Alison Papenfus by Placements in Education eap@tiscali.co.za.

 

BELASTINGADVIES

Belastingadviseur Fanus Jonck skryf vandeesmaand aan ons oor die vraag of dit lonend is om ʼn CC te ontbind en eiendom in jou eie naam te koop:

“As a tax consultant I am often asked ‘Is it worth dissolving a company (a property that is registered in a company) and buying the property in one’s own name?’  To enable one to answer this question one needs to take the following factors into account:

How long does the client intend keeping the property?
It is not advisable to do the transfer if the intention is to keep the property for less than 2 years.  The cost of transfer outweighs the tax benefit of paying less capital gains tax and less accounting fees.

What is the market value of the property?
If a R700 000 property is transferred to an individual, the transfer fee is about R18 644.  If the property is transferred into a trust or a company, the transfer fee will be about R64 664.

What are the accounting fees per annum of the entity?
If you are paying R5 000 per year for financials and submitting of tax returns, then one should compare these costs to the transfer fees.  If a property is kept for 10 years or longer in the entity’s name, you will pay a minimum R50 000 in accounting fees.  You should compare this cost with the tax saving and the legal transfer fees!  If the R700 000 property is in a Close Corporation (CC) or in a company and you intend to hold the property for more than 5 years, it is advisable to transfer to an individual.  The transfer cost will be much less than the 5 years accounting fees.  If you are thinking of transferring to a trust, then the intention to hold should be a bit longer.  You should also check the beneficiaries’ individual tax rates before making this decision!

How much is your personal marginal tax rate?
If you pay 40% on any additional income, you have to compare that with the Company’s tax rate of 28%.  The only way to distribute it to the members is to declare a dividend, but this will trigger another tax called Secondary Taxation on Companies (STC) (which is currently in the process of being replaced by a dividend withholding tax), that is levied at 10% on any distributions made to members.

Are you using the property as your primary residence?
If you are, it is much easier to answer this question because the tax saving could be much more if the property is in your own name.  Transfer is however still not advisable if you are going to sell after a short period of time because transfer costs have to be paid on the property that you are transferring into your private name.  If you transfer from a company or CC into your private name, you have to pay transfer duty again.

In making the decision one also needs to take estate duty into account.  Each person’s circumstances are different and that is why property investors should discuss their personal scenario with a tax consultant.  You are welcome to contact Fanus Jonck (tax@jonck.net, or 0027-21-9134164) with your property tax queries.”

Dankie, Fanus!

 

MEDIESE FONDS NAVRAAG

Graham vra:

“I am preparing for a four month visit to Cape Town and want to purchase medical insurance here which I will need to cover the possibility of medical emergencies such as cardiac failure whilst in South Africa.  In order to purchase adequate cover could you please give me an estimate of what emergency medical services cost for, for example, cardiac related problems in a private hospital in the Cape?  Your advice, as always, would be much appreciated.”

Ronell Kruger, portfoliobestuurder van Solidariteit Gesondheidsorg antwoord: 

“Dear Graham, it is not possible to give you an exact estimate of what treatment will cost for cardiac failure, for example, the reason being that most private hospitals in South Africa, because they are private hospitals, have their own tariffs.  Also, the treatment might differ with each patient which will also have an impact on the cost of such treatment.  I would suggest for you to take out the best possible medical insurance available in order for you to have the assurance of the best treatment if something might be needed.  Not all hospitals accept unknown or foreign medical schemes coverage, and you should arrange the above with your travel agent who, I am sure, will know what will be acceptable.  Please accept my apologies for not being able to give you clear answers to this question.”

 

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.

 

MUSIEKTOER NA NEDERLAND EN BELGIË

Jannie du Toit stuur die lekker inligting oor ʼn toer wat hy, Christa Steyn en drie jong Afrikaanse kunstenaars na Nederland en België beplan.  As daar nie ʼn opvoering naby jou is nie, kan jy ook een reël!  Daar is nog plek op die program - Jannie hoor graag van jou by agterplaas@icon.co.za.

Hartsnaar

Datum Plek

Maandag
6 Oktober 2008

HARTSNAAR land op Zaventem, buite Brussel.

Vrydag 10 Oktober 2008 Provinciehuis, Antwerpen
In verband met die optrede kontak mnr Koen Pauli by kpauli@provant.be
Saterdag 11 Oktober 2008 Rotselaar in die omgewing van Leuven
Kontak Johan Lembrechts: johan.lambrechts@skynet.be
Sondag 12 Oktober 2008 HARTSNAAR tree om 11h30 tydens die Mis in die Sint Andrieskerk, Antwerpen, op.
Meer inligting oor die kerk:
hier en hier.
Woensdag 15 Oktober 2008 Oostende
Vrydag 17 Oktober 2008 Cultureelcentrum t'Gasthuis in Wijnegem, Antwerpen
Besprekings: hedwig@vigoureux.be of skakel vir Hedwig Vigoureux by 0032 497 50 70 35
Sondag 19 Oktober 2008 Cultuurcentrum DE STROMING, Evergem
Kontak Ronald en Gerda Snauwaert - pietlol@hotmail.com Die optrede staan onder beskerming en vind plaas met die vriendelike samewerking van die VZACS - Vlaams Zuidafrikaanse Cultuurstichting en die dansgroep Sneyssens.
Dinsdag 21 Oktober 2008 Huldigingsaand vir die gestorwe Nederlandse sanger en komponis Jules de Corte in Helmond
Kontak Thea de Corte - luisterplaats@julesdecorte.nl
Saterdag 25 Oktober 2008 Baarle-Hertog/Nassau, op die grens
tussen Nederland en Belgie. Die grens loop deur die dorpie waarin die optrede plaasvind
Kontak : Mnr Roger Bryssinck by roger.bryssinck@skynet.be of +32-3 239 44 41
Maandag 27 Oktober 2008 Het Koningstheater, s'Hertogenbosch
Kontak info@koningstheater.nl of sien www.koningstheater.nl
Sondag 2 November 2008 Optrede tydens 'n oggend erediens in Velp
Vir inligting kontak ivodejong@krik.nl
Sondag 2 November 2008 Aand optrede in Velp
Vir inligting kontak ivodejong@krik.nl

 

NAVORSING DEUR DR. ATTIE SNYMAN

Dr. Attie Snyman doen steeds navorsing oor emigrasie met die oog op die publikasie van ʼn boek of maak van ʼn dokumentêre film.  As jy jou ervarings oor emigrasie en aanpassing, of selfs die terugkeer na Suid-Afrika wil deel, kontak hom asseblief by assnyman@absamail.co.za of 0027-82-4509347.

 

VERLANGHOEKIE

Hierdie maand deel Ronell Kruger die pers Karoohuisie met ons.  Wie sê nou nog die Karoo is vaal!

 

VREEMDE HORISONNE

Jaco en Amber het die Visrivierstaproete gedoen.  Hulle doen sendingwerk in Zambië – laat weet ons as julle by hulle aksie betrokke wil raak.

 

OORDENKING

Vandeesmaand se oordenking kom van die webwerf www.egafrikaans.co.za.  Lees elke dag ʼn nuwe oordenking daar en kyk ook sommer watter ander interessanthede daar beskikbaar is!

BLYDSKAP
(Risa)

LEES: 1 Petrus 4:12-19 en 5:5-11: "Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by Sy wederkoms in heerlikheid."

As ʼn mens so na die wêreld kyk, sien jy baie mense wat besig is om op een of ander manier te ly.  Sommige ly omdat hulle siek is.  Ander omdat hulle nie kos het nie.  Ander omdat daar oorlog in hulle land is.  Ander omdat hulle nie werk het nie.  Nog ander omdat hulle Jesus erken as Here in hulle lewens en vervolg word daaroor.  Soveel verskillende maniere waarop mense kan ly en swaarkry.  In hierdie gedeelte uit die brief van Petrus aan die vervolgde gelowiges in die noordelike streke van Klein-Asië, leer Petrus hoe belangrik dit is om ten spyte van jou omstandighede, steeds bly te wees.

Hoe kry ʼn mens dit reg om bly te wees as alles in jou lewe ʼn gemors is en lyk asof dit nooit weer gaan regkom nie?  Jy doen dit deur nie jou vertroue te stel en jou geluk te bou op dit wat jy het en die omstandighede waarin jy jou bevind nie, maar om jou vreugde in Jesus te vind.  1 Petrus 1:8-9 sê: "... Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie.  Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.  En dit vervul julle met ʼn onuitspreeklike en heerlike blydskap."  Die blydskap wat ons as gelowiges moet hê, is dus ʼn blydskap wat kom vanuit ons verhouding met ons Verlosser, Jesus Christus.

GEBED: Here Jesus, dankie dat ek my vreugde in U kan vind!

 

Alles wat mooi is!

Alana & kollegas
AfriForum

[www.komhuistoe.co.za / alana@afriforum.co.za]