Kom Huistoe

KOM HUISTOE-NUUSBRIEF

Nommer 53 - Augustus 2008

Liewe Lesers

Welkom by die 53ste weergawe van die Kom Huistoe-Nuusbrief!

Soos gebruiklik, begin ons met die noodsaaklike herhalings ...  Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos “KOM HUISTOE INTEKEN”, “KOM HUISTOE UITTEKEN” of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.

IMFO

IMFO, ons Engelse brosjure met nuus oor lewenskoste in Suid-Afrika, is pas weer deur Annatjie opdateer.  Vir ʼn gratis kopie in MS Word, stuur net ʼn epos met die onderwerp IMFO aan ons by alana@afriforum.co.za.

VERSOEK AAN ALMAL IN ABU DHABI EN OMSTREKE

Johan Hattingh wil graag gesels met mense in Abu Dhabi en omstreke.  Hy verhuis binnekort self daarheen.  Kontak hom gerus by Posbus 15171, Secunda, 2302, of stuur e-pos aan hom by johanhattingh50@yahoo.com.

OORPLASINGS VAN GELD

Ons weet uit ondervinding dat die oorplaas van geld van een land na ʼn ander dikwels vrae en probleme skep – van julle maak gereelde betalings in Suid-Afrika vanuit die buiteland, ander stuur donasies aan familie hierheen, ander wil geld in- of uitneem saam met verhuising.  Lawrence Jooste van Global Treasury Solutions (Pty) Ltd bied ʼn uitstekende eenstop diens vir sulke valuta transaksies teen uiters mededingende koerse aan.  Kontak hom vir ʼn kwotasie of met julle vrae in die verband en bespaar ʼn stewige bedrag op die transaksies.  Anders as kommersiële banke, hou Lawrence ook deurentyd tred met die vordering van transaksies, dus sal julle presies weet wat gebeur en wat die wagtyd verbonde aan die transaksie sal wees.  Sy kontakbesonderhede is:

Lawrence Jooste
Global Treasury Solutions (Pty) Ltd
Tel:       0027-12-6580515
Sel:      0027-83-6315350
lawrence@globalts.co.za
www.globalts.co.za

Lawrence sal ook voortaan elke maand ʼn kort verslaggie aan ons stuur met inligting in die verband.  Dankie Lawrence!  Hiermee vandeesmaand se bydrae:

“During July 2008 the rand recovered from lows seen earlier in the year.  The local unit strengthened from 7.80/$ to current levels of 7.25/$.  It rallied versus most major currencies and gained almost one rand versus the euro and over one rand fifty against the pound.  The rand still gets support from its high yielding status and the latest trade figures surprised market players after the deficit shrunk to 180 million rand versus 1,66 billion rand.  The rand was also influenced by the MTN merger talk, however it was not successful, and talks that Vodafone will increase their share holding in Vodacom by another 12.5 percent, could see an inflow of $2.5 billion dollars.  Our next MPC meeting will be this month most economists still expect another 50 basis point hike in local interest rates.

CPIX     June     11.6 percent      (10.9 percent previous)
PPI       June     16.8 percent      (16.4 percent previous)
USD/ZAR 7.2500
EUR/ZAR 11.3000
GBP/ZAR 14.2800
AUD/ZAR 6.7600”

BESOEK DIE WOES-WEBBLAD

Die Woes-webblad (www.woes.co.za) wat in Februarie 2006 op die been gebring is om as platform vir voornemende skrywers te dien, toon tans verbasende groei.  Die webblad is spesifiek in die lewe geroep om as vertoonvenster te dien vir voornemende Afrikaanse skrywers.

Tans is daar reeds meer as 21 000 gedigte op die webblad en hierdie kategorie groei met 300 nuwe gedigte per week.  Daar is verskeie kategorieë op die webblad wat wissel van gedigte tot kortverhale, nuusbrokkies en vermaak.  Die blad bied gratis blootstelling aan enige voornemende skrywer, met die voordeel dat enige persoon wat 'n stuk lees, kommentaar daarop kan lewer.  Sodoende kan skrywers uit ander se kommentaar leer en poog om te verbeter.  Indien ʼn mens byvoorbeeld ʼn lang, hartseer gedig soek, is daar ook 'n uitstekende soek-fasiliteit.  Meer as 1 000 kommentare word weekliks op werk ontvang.  Daar is tans meer as 2 200 skrywers op die blad geregistreer, en party van hulle se werk is reeds meer as 100 000 keer gelees.

Die Woes-webblad is ook verantwoordelik vir die langste gedig nog ooit in Afrikaans geskryf, naamlik 8 828 woorde.  Dié projek is in 2007 van stapel gestuur en na 15 weke voltooi.

Belangstellendes kan gerus die webblad besoek by www.woes.co.za.  Navrae kan gerig word aan Willem Gous by 0027-82-3220600.

VIR ALMAL WAT IN DIE GESKIEDENIS BELANGSTEL

Prof. Fransjohan Pretorius en H. van der Merwe se DVD oor Generaal De la Rey is nou beskikbaar.  Tydsduur:  45 minute.  Koste:  R120 + posgeld.  Kontakbesonderhede:  fpretori@postino.up.ac.za of 0027-82-7756911  of  0027-12-4202667.

DOKTER(S) GESOEK OM ‘N PRAKTYK TE KOOP

Wilmien Wiid skryf namens dokters Siebert Wiid en Anton Grobler:  “Ons behoefte is 'n dokter wat sou belangstel om in te koop in 'n 3-man praktyk op Kuruman.  Ons het 'n redelike soektog aan die gang, want soos julle seker maar te goed weet, is dit deesdae 'n skaars spesie.  Kontak ons gerus by tokkelos@telkomsa.net.  Baie dankie by voorbaat!”

AMERIKAANSE DOKUMENTÊRE PROGRAM OOR AFRIKANERS

Henri le Riche skryf:  “ʼn Vriend van my is ʼn Amerikaner en Republikein wat graag ʼn dokumentêre program wil maak en via DVD versprei om die Afrikaner te “bemark” en simpatie te wek tot voordeel van ons.  Hy wil graag die menslike kant van ons uitbeeld en vrese wat ons as ʼn minderheid in Suid-Afrika ervaar, uitwys.  Kan u help?  Hy sal in Suid-Afrika wees oor 6 tot 8 weke van nou af en wil graag met Afrikaners ontmoet om die “menslike sy” van ons mense oor te dra aan die Amerikaanse publiek.  Hy wil graag met mense wat deur misdaad geraak is in aanraking kom, asook armes en leiers in verskeie gemeenskappe.  Hy sal ook met Afrikaners in die res van die wêreld wil kontak maak.

Please contact 'BOB' in America as he'll be happy to hear from Afrikaners in ways to help our plight.  You can contact Bob at: stilsonphoto@gmail.com.”

POSTE BESKIKBAAR IN DIE MUSEUMWESE

Etlike poste is beskikbaar by die Nasionale Museum in Bloemfontein, onder meer vir:

  • Adjunk-Direkteur,– kontak Rick Nuttall of Adrian Clementz by 0027-51-4479609;
  • Menslike Hulpbronbestuurder – kontak Adrian Clementz by 0027-51-4479609;
  • Assistent-Navorser in Soogdierkunde – kontak dr. Nico Avenant by 0027-51-4479609;
  • Herbarium assistent – kontak dr. Ziets Zietsman by 0027-51-4479609;
  • Terreinbestuurder, Florisbad – kontak dr. James Brink by 0027-51-4479609);
  • en meer.

Vir meer inligting, besoek www.nasmus.co.za, of skryf aan direk@nasmus.co.za.

NAVORSING OOR SUID-AFRIKAANSE EMIGRASIE

Pieter de Lange laat weet dankie aan almal wat reeds sy vraelys voltooi het en so gehelp het met sy navorsingsprojek.  Vir diegene wat nog nie het nie, meer inligting oor die aksie waarmee hy steeds besig is.  Pieter sê:

“For some time now, there has been a marked exodus of skilled South Africans, to such an extent that it was estimated that in 2000 more than 20% of South Africans with a tertiary education were working abroad.  This questionnaire aims to determine what caused South Africans to leave in the first place, how they see themselves living abroad, how they perceive the “new South Africa” and what their future intentions are.  The objective is to publish a book, which will reflect this, so any individual contribution regarding personal experiences or particular viewpoints will be welcome.  No ideological agenda or commercial gain is connected to this information.”

Pieter het die eerste keer in 1974 as tandarts in Londen gaan praktiseer.  Hy woon ook tans in Engeland.  Tot dusver het meer as 300 mense sy vraelys voltooi en hy verwelkom veral diegene wat sommer oor hulle ervarings skryf ook, en nie net by die vrae hou nie.  Hy is tans besig met navorsing oor emigrasie by instellings soos byvoorbeeld die Vryemarkstigting, Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch, SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede en internasionaal bekende skrywers soos Hermann Giliomee en R.W. Johnson.  As jy bereid is om die vraelys te beantwoord, stuur ʼn epos met die onderwerp VRAELYS aan de_langepieter@hotmail.com.

NUWE WEBWERF OOR PADVEILIGHEID EN –TOESTANDE IN SUID-AFRIKA!

Johan Jonck van Arrive Alive laat weet:  “I am proud to announce the launch of the newly designed Arrive Alive Road Safety Website.  For the past 5 years the old site has achieved much by way of creating awareness of road safety and interaction with the public – but so much has changed in the world of the internet and social media that we were in need of a better vehicle for our efforts to create awareness.  I would like to extend a word of appreciation to Charl and Pierre from Chillies who worked many hours over many months to create the new website – as well as different IT specialists who provided advice and led the way with their own designs and skills.  It is our wish that the new Arrive Alive Road Safety Website will assist in creating awareness of road safety and saving lives on our roads.  May this compliment and support the efforts of road safety officials from the Department of Transport, the Road Traffic Management Corporation and the many NGO’s focused on road safety!  Kind regards - Johan Jonck [www.arrivealive.co.za]”

Hierdie webwerf is ʼn goeie besoekpunt as jy voor ʼn reis roetes in Suid-Afrika wil beplan, om algemene wenke te kry en selfs raad oor die omskakeling van jou bestuurderslisensie.

POSTE – VERAL IN DIE KONSTRUKSIEBEDRYF

Fanie Coetzee wat een van die grootste konstruksiemaatskappye in Suider-Afrika verteenwoordig, is steeds op soek na senior mense in die konstruksie- en ingenieursbedrywe.  Hy sê verder:  “Enigiemand wat werk soek, kan my kontak.  Ek ken ʼn paar mense in die werwingsomgewing en kan altyd probeer om ander mense te help om werk te kry.  Dit is tog waaroor alles gaan.  Dus, indien daar ander mense buite die konstruksie-omgewing is wat ook werk soek, kan hulle my kontak.  Ek sal hulle CV's aan ander werwingsmaatskappye gee en probeer help.”  Fanie se e-posadres is fanie@oneworldhc.com.

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.

SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP

Sommer weer net ʼn handige wenk:  dit is sowaar moontlik dat ʼn mens jou Suid-Afrikaanse burgerskap onwetend kan verloor.  In die geval van mense wat in Suid-Afrika gebore is, gebeur dit gewoonlik wanneer dié mense om burgerskap van ʼn ander land aansoek doen, sonder om EERS om die behoud van hulle Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen.  Die burgerskap van mense wat buite Suid-Afrika gebore is en later hier genaturaliseer het, word ook beïnvloed deur faktore soos die aantal jare wat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is en wanneer hulle Suid-Afrika verlaat het.  Kontak ons gerus om meer inligting by alana@afriforum.co.za.

MUSIEKTOER NA NEDERLAND EN BELGIË

Jannie du Toit stuur hierdie inligting oor ʼn toer wat hy, Christa Steyn en drie jong Afrikaanse kunstenaars na Nederland en België beplan.  Hulle sal daar wees van 6 Oktober tot 2 November 2008.  As daar nie ʼn opvoering naby jou is nie, kan jy ook een reël!  Daar is nog plek op die program.  Vir meer besonderhede oor die program, of nog opvoerings, kontak Jannie by agterplaas@icon.co.za

BELASTINGNUUS

Belastingadviseur Fanus Jonck skryf vandeesmaand vir ons oor erflatings:

“With regard to inheritances (i.e. legacies and distributions from estates in South Africa) accruing to each non-resident or emigrant beneficiary –

  • The first amount of R500 000 will be freely remittable;
  • The balance will be remittable only on application to the Reserve Bank.

If the beneficiary is an emigrant, the aforementioned inheritances will only be able to be remitted if the date of death of the deceased is after the date of emigration of the beneficiary.  Where the inheritance (i.e. date of death) precedes emigration, the funds will be considered to be blocked.

For this reason, it is essential that those who leave South Africa with the possibility of subsequently receiving an inheritance out of South African assets should formalise their emigration with the Reserve Bank even if they have no assets of their own at date of emigration.  Children who leave South Africa without their parents from whom they could subsequently inherit, are prime examples of this issue.  Where a beneficiary claims to be an emigrant from South Africa, it is incumbent on authorised dealers (i.e. the banks) to call for proof that the beneficiary has been placed on record as an emigrant with the Exchange Control Authorities.  Where no such records can be established, the inheritance may not be released without prior exchange control approval.

People who might be influenced, should carefully consider their positions in this regard.  You are welcome to contact Fanus Jonck (tax@jonck.net, or 0027-21-9134164) with your queries.”

Dankie, Fanus!

VERLANGHOEKIE

Hierdie pragtige venster in die Metodistekerk in Grahamstad (wat ek in Julie 2008 afgeneem het) bring hulde aan die 1820 Setlaars, maar dit laat ʼn mens ook sommer dink aan almal wat emigreer en elders met groot opoffering ʼn nuwe lewe begin:

VREEMDE HORISONNE

Arnold du Toit deel ʼn stukkie van die Nieu-Seelandse winter met ons:

OORDENKING

Eerstens, Danie van die webwerf www.egafrikaans.co.za het ʼn week gelede die wonderlikste preek oor die “emigreer of bly”-kwessie deur dr. Stefan Joubert uitgesaai.  Na etlike versoeke kan daar nou ook vanaf die webwerf na die preek geluister of dit kan daarvandaan afgelaai word. Kry dit nou.  Luister gerus!

En nou ons oordenking:

Mattheus 6: 25-30:

Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie.  Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?  Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle.  Is julle nie baie meer werd as hulle nie?  Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?  En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.  Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.  As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

Dikwels spandeer ons soveel energie aan onnodige kommer, terwyl al wat nodig is, is dat ons net op die Here moet vertrou.  Soms kom daar teenspoed oor ons pad, maar selfs dan het dit ʼn doel.  Paulo Coelho skryf in sy Manual of the Warrior of Light:

“... God gebruik alleenheid om ons te leer om saam met ander mense te kan leef.  Hy gebruik woede om ons op die oneindige waarde van vrede te wys.  Hy gebruik verveling om die waarde van spontaniteit en avontuur aan ons te leer.  God gebruik stilte om ons te herinner om woorde op ʼn verantwoordelike wyse te gebruik.  Hy gebruik moegheid sodat ons die waarde daarvan kan verstaan om wakker te word.  Hy gebruik siekte om die seën van goeie gesondheid te beklemtoon.  God gebruik vuur om ons van water te leer.  Hy gebruik grond sodat ons die waarde van lug kan leer verstaan.  Hy gebruik die dood om ons te leer hoe belangrik die lewe is.”

Mag die Here julle seën en bewaar!

Alles wat mooi is!

Alana & kollegas
AfriForum

[www.komhuistoe.co.za - alana@afriforum.co.za]