Kom Huistoe Nuusbrief

KOM HUISTOE-NUUSBRIEF

Nommer 56 - November 2008

Liewe Lesers

Welkom by die 56ste weergawe van die Kom Huistoe-Nuusbrief!

VERKIESING 2009

AfriForum het pas 'n veldtog geloods om te beding vir die reg van Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland om in die algemene verkiesing van 2009 te mag stem.  As deel van die veldtog is 'n dringende versoek aan dr. Brigalia Bam, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gestuur dat hierdie reg gerespekteer en gehandhaaf moet word.  Verder word 'n petisie ook onder Suid-Afrikaners in die buiteland gesirkuleer waardeur almal hulle stemme saam met AfriForum ten gunste van stemreg kan laat hoor.

Tans maak die Kieswet (Wet 73 van 1998 en amendemente) voorsiening vir Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland is vir staatsake, wat aan internasionale tersiêre inrigtings studeer, op 'n sakereis is of aan 'n internasionale sportbyeenkoms deelneem, om wel te stem, maar in terme van Artikel 19(3) van die Suid-Afrikaanse Konstitusie, het "Elke volwasse burger ... die reg om (a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is".  Geen voorwaardes word aan hierdie reg gekoppel nie, dus is die vereistes van die Kieswet ongrondwetlik.  Die reg om te stem in die land waarvan 'n mens 'n burger is, is 'n internasionaal-erkende reg.  As sulks word dit ook in die grondwet ingesluit.  Die reg kan nie bloot misken word omdat dit administratief gesproke meer gerieflik of goedkoper is om dit te ignoreer nie.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland is, kan die stemreg-petisie teken op die webwerf van AfriForum, www.afriforum.co.za, of op www.komhuistoe.co.za.  Alle ondertekenaars sal deur middel van die nuusbrief op hoogte van die vordering met die veldtog gehou word.

Ondersteun asseblief ons veldtog en stuur die inligting
aan almal wat u in die buiteland ken!

Teken die petisie by www.afriforum.co.zaof www.komhuistoe.co.za.

AFRIFORUM SE PRETORIA 153-MUSIEKFEES

Sowat twintigduisend mense het op 15 November 2008 by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam en dié stad se straatname met 'n besondere kultuurhistoriese waarde te wys.  Dié skare het 'n Afrikaanse musiekfees by die Voortrekkermonument bygewoon wat deur AfriForum ter viering van Pretoria se 153ste verjaardag en ter behoud van dié stad se naam en straatname gereël is.  Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Lianie May, Dozi, Gerrie Pretorius, Elizma Theron en 9 ander bekende Afrikaanse sangers het by AfriForum se musiekfees opgetree.  Die ander sangers is: Guillaume, Irene, Beeskraal, Mel Botes, Albert de Wet, Adam Tas, Gerald Clark en Piet Paraat.  Sean Else het as seremoniemeester opgetree.  Dit is die tweede jaar wat AfriForum die musiekfees aanbied.  Verlede jaar se fees ter viering van Pretoria se 152ste verjaarsdag is deur sowat 10 000 mense bygewoon.

Lees ook die berig hieroor by The South African.

PADVEILIGHEID VIR DIE FEESGETY - WENKE VAN www.arrivealive.co.za

Jonckie Jonck stuur die volgende boodskap aan mense wat Suid-Afrika hierdie Kersseisoen gaan besoek:

"Duisende gelukkige lesers sal hierdie feesgety tyd saam met familie en vriende in Suid Afrika deurbring.  Elke Desember verneem ons ongelukkig in die media van ongelukke en lewensverlies op ons paaie.  Die Arrive Alive-veldtog wil hierdie feesgety die fokus skuif van die klem op padsterftes na 'n meer positiewe boodskap.  Dit is 'n boodskap van 'n verandering in padgedrag en die positiewe boodskap van duisende Suid Afrikaners wat die paaie veilig met mekaar deel en ongedeerd by hulle bestemmings aankom!  Die Arrive Alive-webwerf het besluit om padveiligheidswenke te bied aan padgebruikers en hulle aan te spoor tot verantwoordelike optrede op ons paaie!

  1. Gehoorsaam die padreëls en hou jou bestuurslisensie by jou.
  2. Beplan die roete na jou bestemming en laat genoeg tyd om jou bestemming te bereik.
  3. Maak seker dat jou voertuig padwaardig is voor jou vertrek.  Let veral op die ligte, windskerm, remme, stuurmeganisme, bande en uitlaatstelsel.
  4. Moenie die voertuig oorlaai nie.
  5. Probeer om bestuur in die donker te vermy.
  6. Maak seker dat jy uitgerus is voordat jy vertrek.
  7. Maak voorsiening vir 'n ruskansie langs die pad na elke 2 ure of 200 km.
  8. Moenie drink en bestuur nie.
  9. Wees bedag op potensieel gevaarlike bestuurders sowel as voetgangers langs die pad.
  10. Wees sigbaar vir ander – bestuur met die hoofligte aangeskakel.
  11. Hoofligte moet gedomp wees ten einde nie die aankomende verkeer te verblind nie.
  12. Maak seker dat almal in die voertuig hulle veiligheidsgordels gebruik.
  13. Bestuur versigtig.
  14. Bestuur binne die spoedgrens.
  15. Gaan slegs verby ander voertuie wanneer dit veilig is.
  16. Probeer om 'n 2-sekonde volgafstand te handhaaf – hierdie afstand moet verleng word in die nag, mistige weer of tydens reën wanneer die padoppervlak nat is.
  17. Wees bedag daarop dat ander padverbruikers dalk nie die padreëls gaan gehoorsaam nie.
  18. Wees bedagsaam teenoor ander padverbruikers – moenie jou humeur verloor of die reg in eie hande neem nie.

Deel hierdie voorstelle met familie en vriende – mag jy en jou familie 'n geseënde en veilige feesgety ervaar!"

OORPLASINGS VAN GELD

Lawrence Jooste van Global Treasury Solutions (Pty) Ltd bied 'n uitstekende diens vir valuta transaksies teen uiters mededingende koerse aan.  Kontak hom vir 'n kwotasie of met julle vrae in die verband en bespaar 'n stewige bedrag op die transaksies.  Anders as kommersiële banke, hou Lawrence ook deurentyd tred met die vordering van transaksies, dus sal julle presies weet wat gebeur en wat die wagtyd verbonde aan die transaksie sal wees.  Julle kan ook inteken op sy daaglikse finansiële verslag.  Sy kontakbesonderhede is:

Lawrence Jooste
Global Treasury Solutions (Pty) Ltd
Tel: 0027-12-6580515 / 0027-83-6315350, lawrence@globalts.co.za, www.globalts.co.za.

BELASTINGADVIES

Dankie aan Fanus Jonck wat weer eens handige inligting aanstuur.  Vandeesmaand skryf hy oor die vraag waarom jy 'n "nie-inwoner konsultant" (non resident consultant) behoort te raadpleeg wanneer jy eiendom in Suid-Afrika wil koop.  Hy sê:

"Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het streng valutabeheerregulasies in plek betreffende die aankoop van eiendom in Suid-Afrika deur nie-inwoners (non residents).  'n Nie-inwoner konsultant kan die internasionale koper help om die finansiële proses glad te laat verloop wanneer die koop plaasvind en ook, waarskynlik meer belangrik, wanneer die persoon weer die eiendom wil verkoop.

Ons het ondervind dat baie internasionale kliënte wat eiendom in Suid-Afrika in die 1990’s en selfs vroeër aangekoop het, probleme ondervind om hulle fondse te repatrieer wanneer die eiendom uiteindelik verkoop word.  Dit was hoofsaaklik daaraan te wyte dat daar nie ten volle voldoen is aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se valutabeheer regulasies ten tye van die aankoop nie.

Ten einde swaar finansiële verliese te voorkom, is dit absoluut noodsaaklik dat daar ten tye van die inbring van die kapitaal en weer met die repatriasie daarvan, aan die Reserwebank se reëls voldoen word.

Dit is juis in hierdie opsig wat die nie-inwoner konsultant kan help.  Ons voorsien die jongste inligting oor die Reserwebank se huidige vereistes wanneer die fondse ingebring word, asook wanneer dit (en enige profyt) weer uitgeneem word.  Ons help die koper met advies oor die regulasies rondom verbandlenings, die oordrag van titelakte, huurprosedures en nie-inwoner bankrekeninge.  Ons werk nou saam met belastingkonsultante wat kundig is oor sake soos kapitaalwinsbelasting, die terughou van belasting en inkomstebelastingaangeleenthede.  Ons kan ook op versoek help met die oorplaas van valuta teen mededingende koerse wanneer fondse vir aankope in die land ingebring word.

Ons doelstelling is om u aankope so maklik en moeitevry as moontlik te laat verloop, sodat u 'n geruste gemoed kan hê, kan ontspan en u belegging in sonnige Suid-Afrika kan geniet."

Fanus Jonck (tax@jonck.net) is 'n belastingkonsultant en Jo Williams (jodtwilliams@mweb.co.za) is 'n nie-inwoner konsultant.  Hulle werk nou saam met eiendomsagente en aktebesorgers om te verseker dat kliënte se plaaslike aankope glad verloop.

DIE KOM HUISTOE-VELDTOG EN WERKSOEKERS

Ons verwelkom altyd CV’s en probeer ons bes om vir mense werk te soek.  Stuur gerus jou CV aan ons by alana@afriforum.co.za.

Wanneer agente soos jobs@ossy en Fanie (sien beide se advertensies onder) ons egter nader, kan julle gerus direk met hulle kontak maak, al het julle reeds julle CV’s aan ons gestuur.  Ons weet nie altyd of julle belang sal stel in hulle dienste en of julle nog werk soek nie, dus plaas ons die inligting in die nuusbrief vir elke persoon om self te besluit en te reageer.

WERK BESKIKBAAR

Recruitment Service Providers
Recruitment Consultants and Advisers

Contact Details - Tel: 0027-11-8454952
                           Fax: 0027-86-6958269
                           E-mail:  jobs@ossy.co.za

We are a multi-disciplined recruiting organisation of professional career consultants and advisers skilled at placing people in the right job, with the right package, for long-term benefits to both the employer and the employee.

We are situated on the East Rand of Gauteng Province, right in the prosperous hub of industry and commerce, experienced at placements at all levels in a business organisation.

Feel free to submit your Curriculum Vitae combined with a brief letter of motivation as to the position you are qualified for, the package you want and the specific Industry you wish to be placed in.

We offer no guarantees, we offer opportunities!
We strive for exceptional results – with you!

NOG WERK

Fanie Coetzee laat weet:

"Ons soek tans dringend na elektriese ingenieurs en elektrisiëns.  Verkieslik ouens wat by Olifantsfontein gekwalifiseer het (trade certificate) en wat geregistreer is by die GCC.  Mynbou georiënteerde ouens sal ook welkom wees.  Dis vir my 'n groot plesier en voorreg om mense te help om werk te kry, veral die wat wil terugkom na ons land."

Fanie se e-posadres is fanie@oneworldhc.com.

ONDERWYSPOSTE

Alison Papenfus van PLACEMENTS IN EDUCATION (eap@icon.co.za) kan onderwysers help om poste in Suid-Afrika te vind.  Alle korrespondensie moet asseblief in Engels wees.  As julle 'n CV aan haar stuur, heg asseblief 'n dekbrief aan waarin julle noem:

  • waar jy sal / wil / verkies om te woon in Suid-Afrika;
  • waar jy wil / verkies om te werk (byvoorbeeld laerskool, hoërskool, privaat of staat);
  • watter grade en leergebiede jy kan hanteer;
  • wanneer en waar jy vir onderhoude beskikbaar sal wees;
  • wat jou salarisverwagtinge is.

FINANSIËLE ADVIES BESKIKBAAR VIR SUID-AFRIKANERS IN LONDEN

PSG Consult spesialiseer in die voorsiening van finansiële advies aan professionele Suid-Afrikaanse beroepslui wat in die Verenigde Koningkryk woon.  Hulle is reeds die afgelope agt jaar besig om advies te gee oor verbande, beleggings, pensioene, versekering en geld-oorplasings en het al baie kliënte gehelp om die beste uit hulle verblyf in die VK te put.  Hulle skryf:

"Mortgages for first time buyers, home movers or investors are our speciality and the fact that we are impartial, independent and have access to the whole of the market means we should be able to find you the best mortgage for your circumstances.  You can compare all mortgage rates or try the rate beater on our website or just page around for some more information on the process to shore up your knowledge!

ISA's provide the perfect vehicle for regular savings and one of our FSA qualified advisors will gladly advise you on how to achieve your savings goals. For larger investment amounts our specialised platforms allow us access to a wide range of investment funds and opportunities.

Whether you need life insurance, travel insurance or buildings and contents insurance, we can provide you with a quote from a range of insurers.  You will benefit from the advice of an experienced advisor that will steer you clear of any unwanted outcomes.

Saving for retirement is something that all of us will have to start at some time.  Preferably sooner rather than later!  There are several factors that influence the way you should approach this feat.  For guidance in setting up your personal pension, please contact us.  Our advisors can also do a complete financial review that will simulate your financial future, we can then take the necessary action to ensure that you will achieve your goals.  Who would not want to retire early?

Our money transfer service has been exceptionally popular.  Do you need to send money anywhere in the world?  We guarantee you great personalised service, no transfer fees if the amount that you send is more that £10 000 and an exchange rate better than your bank – guaranteed!

Please contact us at 0044-208-7855646, or visit our website: www.psgconsult.co.uk.

INTERESSANTE ARTIKEL OOR SUID-AFRIKAANSE EMIGRASIE VAN MEDICI

Jasson Urbach het pas 'n artikel met die titel Making sense of the health care ‘brain drain’ deur The Free Market Foundation gepubliseer.  Ons plaas 'n kort uittreksel, maar die volledige artikel is hier beskikbaar

"South Africa’s chronic shortage of skilled health care professionals continues unabated and the situation worsens by the day.  It is therefore unfortunate and inappropriate that the Department of Health continues to restrict the supply of doctors by limiting the number of foreign health professionals entering SA and the number of positions available at the government-run medical schools across the country.

The number of places available to train doctors at SA’s eight medical schools is determined by the Health Professions Council of South Africa and is limited to a maximum of 1 226 positions each year.  This situation has remained unchanged since the 1970’s despite the fact that the demand for these positions increases every year.  In 2006, it was estimated that 15 794 prospective students applied for these coveted positions.

The immediate response to alleviate the chronic shortages of medical personnel would be to let skilled foreign health professionals practise in SA.  However, the SA government has set itself the ill-conceived target of a maximum of 5 per cent of SA’s medical workforce to consist of foreign doctors.  It is estimated that currently 15 per cent of the workforce is foreign. Compare this to the United States where it is estimated that 25 per cent of practising doctors are trained abroad.  The majority of foreign doctors in SA work in rural areas – without them it is likely that the rural system would collapse.  Although there is not a specific estimate of what it costs the government to put an individual through medical school, the general consensus is that it costs in the region of R2 million per doctor.  In contrast, it costs approximately R100 000 to recruit a foreign doctor.

[Lees verder]

SPRINGBOKRADIO HERLEEF!

Die internet radiodiens van Springbokradio saai 24 uur per dag, 7 dae 'n week uit.  Dit word moontlik gemaak deur die vergunning van die Springbokradio Bewaringsvereniging van Suid-Afrika, die SABC en Hantamradio.  Die Springbokradio Bewaringsvereniging van Suid-Afrika is 'n organisasie wat hom beywer vir die bewaring van die klankargiewe van Springbokradio, die eerste kommersiële radiostasie in Suid-Afrika wat op 31 Desember 1985 na 35 jaar van aangename luistergenot gesluit is.  As jy die goeie ou programme soos Squad Cars en So maak Mens wil herleef, besoek www.springbokradio.co.za.

NUWE WEBWERF

LekkerAfrikaans.com

Die volgende uitnodiging is van Lekkerafrikaans.com ontvang:

"Geagte mede-liefhebber van Afrikaans, ontvang hiermee ons spesiale uitnodiging om deel te word van 'n splinternuwe webportaal geheel en al in Afrikaans.  Lekkerafrikaans.com is geskep vir almal wat passievol is oor Afrikaans praat, lees, skryf en kuier en dit sommer net geniet omdat dit so 'n beskrywende taal is.  Lekkerafrikaans.com gaan oor alle grense heen, dit is vir alle kulture, vir plattelanders, stedelinge, binnelanders, buitelanders, swerwers – en al is dit ook nie jou eerste taal nie – maak nie saak nie.  Lekkerafrikaans.com is nie net nog 'n Afrikaanse webtuiste nie en poog om 'n spesiale rol te speel om veral Afrikaans op die internet te bevorder.  Lekkerafrikaans.com bied juis nou die geleentheid aan jou om jou talente te gebruik en saam te skryf – kom raak dus betrokke en ontwikkel die joernalis in jou – 'n volwaardige sosiale joernalis!  Met Lekkerafrikaans.com bied ons aan jou die platform om te skryf, deel te neem en sommer net saam te kuier – al is dit nou oor jou laaste besoek aan Namakwaland, julle doen en late in Perth, Afrikaanse herinneringe uit Londen, wat ook al – bou saam met ons hierdie webtuiste uit.  Lidmaatskap van Lekkerafrikaans.com is gratis en beteken dat jy in alle opsigte kan deelneem aan die huidige sowel as toekomstige aktiwiteite gebied deur die webtuiste.  Behalwe die feit dat jy kan deelneem aan die gesprekke, kommentaar kan lewer, resepte kan plaas, Afrikaanse produkte kan koop en artikels kan skryf, kan jy ook jou eie sosiale netwerk skep en kommunikeer met Afrikaanssprekendes van oraloor.  Nuwe funksionaliteite sal voortdurend bygevoeg word – veral op aanvraag en na gelang van die behoeftes van die deelnemers (lede) van die webtuiste.  Ons sien uit na jou betrokkenheid en versoek dan ook hiermee dat jy ons help om die nuus te versprei deur hierdie inligting aan te stuur na alle vriende, familie en kennisse.

By voorbaat dank en vriendelike groete van die redaksie van Lekkerafrikaans.com, e-pos: redaksie@lekkerafrikaans.com en web: www.lekkerafrikaans.com.

VERHUISINGSDIENSTE

Agente wat julle om kwotasies vir die verhuisingsproses kan nader, is:

Alle korrespondensie moet in Engels geskied, asseblief.

VERLANGHOEKIE

Ons sluit af met 'n paar foto’s geneem deur Jaco Marais van gewilde Suid-Afrikaanse sangers wat by AfriForum se Pretoria 153-Musiekfees opgetree het:


V.l.n.r.: Sean Else, Lianie May, Steve Hofmeyr, Gerrie Pretorius en Elizma Theron.

VREEMDE HORISONNE

Vertel ons asseblief meer oor waar jy woon?  Vandeesmaand skryf Ken Taylor vir ons oor Nieu-Seeland:

"I have been requested to write a few articles on New Zealand, as it appears there is not a great deal of written text on the subject in South Africa, apart from the sporting contacts we share and love.  I live in the wine and fruit producing region of Hawke’s Bay, which is found on the east coast of the North Island.  It is an area which is rich in volcanic and alluvial soils and is protected from wet westerly winds by mountain ranges, hence the excellent sunny and dry conditions for vineyards and orchards.  In addition to the above, there are sheep, dairy and beef cattle and deer farmers, not to mention the odd alpaca, goat and ostrich farmers, forestry and fishing.

The accompanying picture shows the Tuki Tuki River flowing out to the South Pacific, taken from Te Mata Peak, which is part of the Craggie Range at Havelock North.

Having married an Afrikaner, and travelled through a lot of South Africa, I have seen similarities to New Zealand while driving from Port Elizabeth through the Garden Route and the Stellenbosch on the way to Cape Town.

Our typical daytime temperatures here in the Hastings, Napier and Havelock North regions range from as low as 8° through to 18° in the winter, to 38° in the summer and have been known to hit 40° on the odd occasion, however we do experience overnight frosts in spring and late autumn, which I am told is essential for killing off the bugs and aiding in the success of the crops.  Frosts never remain beyond 10 am.

Owing to New Zealand’s geographic position, its topography, its length (2 200 kilometres) its proximity to the Antarctic, Australia and being surrounded by water, temperatures and weather patterns can differ greatly. For instance … on any one day, we can see a split in temperatures from minus 4o and snow in the southern high country to a sunny and balmy 30o in Hawke’s Bay or Gisborne.

Hawke’s Bay is also known for having experienced the largest New Zealand earthquake of modern times, when on the 3rd of February 1931, an earthquake of 7.8 on the Richter Scale flattened large tracts of Napier and Hastings, killing over 250 people and lifting the sea bed, rolling the sea back and reclaiming vast areas of additional land.  The regional airport now operates from it.  Yes, New Zealand is an active volcanic country, but it is that which gives it its unique and stunning natural beauty.  Because of New Zealand’s extremely strict building code, the likelihood of serious loss of life and injury through structural failure is vastly diminished.  Earthquake engineers and scientists from New Zealand are at the cutting edge of building technology and have perfected many new designs which have been adopted by other earthquake prone countries.  Having been rebuilt during the 1930’s, Napier and Hastings celebrate "Art Deco Festival" on the first week of February each year which is visited by people from all over the world, including film makers wanting to recreate the 30’s look.

Further information can be gained by visiting www.hawkesbay.co.nz or www.newzealand.com."

OORDENKING

Vreemd
'n Gebed deur wyle ds. A.A.J. Swart
(met dank aan Konteks, Oktober 2008)

"Ek voel so vreemd, my Heer.  Hier in my nuwe omgewing waar al die bekende bakens my ontbreek.  Soos 'n verkeerdeveerhoendertjie in 'n onbekende hoenderhok.  Soos 'n siek pikkewyn, weggespoel van sy eiland van herkoms.

Ek dryf in 'n naamlose see van vreemdelinge, maar ek swem nie.  Ek hang aan my ou kontrei se reddingsgordel.  Soet herinneringe hou my bo water; ek troos my aan hulle wat my liefhet.  Hulle, daar in my ou bekende sirkeltjie aan wie ek met die jare so vasgegroei het.  Dis hulle, in wie se harte ek 'n vastrapplekkie gemaak het, wat my arms nog hoog hou.

Ek wil my oë sluit en my voete suutjies onder 'n ou bekende se kombuistafel inskuif.  Ek wil my mandjie moeilikhede voor haar uitpak en uit haar bekende koppie teedrink.  Saam wil ek lag oor onthou-jy-nog-insidente en my oor wil ek leen aan bekendklinkende nuus oor bekende mense.

Ek wil nie hier soos 'n andersoortige skulpdiertjie in 'n troebel poeletjie rondgemaal word nie.  Ek sien nie kans vir hierdie vreemde golwe wat my wil oorweldig nie; wat my soos 'n onsekere klein slakkie na 'n vassuigplekkie wil laat soek nie ...

Maar Heer, soos die wind gaan lê het en die golwe bedaar, bevind ek my tussen soveel ander soekende seediertjies.  En hulle, my nuwe vriende, hou ook maar, net soos ek, aan dieselfde Rots vas.  My Vader, ek besef nou, ons is nie werklik bestem om vreemd of onbekend of eensaam te wees nie.  Dit is net wanneer ons alleen ronddobber dat ons in betekenisloosheid verdwaal.  Soos ons nader aan mekaar beweeg, word ons skouer aan skouer deur mekaar se laste geskuur, geskawe en gevorm.

Ek dank U dat ons nie soekende skulpies hoef te wees nie.  Ek dank U dat U ons vir mekaar gegee het om lief te hê.  In u oë is daar nie ou vriende en nuwes nie.  U versamel al u kinders in liefde en dra ons uiteindelik met dieselfde brander land toe.  Dan is ons nie meer van oos en wes en noord en suid nie.  Ons is almal deel van die fyngemaalde gruisklippies op die strand van u genade.

Baie dankie aan al ons bydraers en lesers - alles wat mooi is vir julle tot Desember!

Alana & kollegas
AfriForum

www.komhuistoe.co.za - alana@afriforum.co.za

Hierdie is die gratis nuusbrief van die Kom Huistoe-Veldtog van AfriForum vir alle Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika wil terugkeer, reeds terug is of besig is om terug te keer.  Om op die nuusbrief in of uit te teken, kommentaar te lewer of 'n bydrae te stuur, kontak ons by alana@afriforum.co.za.  Merk die e-pos "KOM HUISTOE INTEKEN", "KOM HUISTOE UITTEKEN" of met die onderwerp van julle keuse.  Die nuusbrief verskyn maandeliks in beide Afrikaans en Engels en nuwe intekenaars is altyd welkom.  Onthou ook dat ons die medewerkers en adverteerders wel deeglik keur, maar geen waarborge vir hulle dienste kan voorsien nie en nie vir hulle aksies verantwoordelik gehou kan word nie.  Lewer asseblief ook kommentaar op hulle dienslewering.
[CONTENT]